Talle SA’ners glo vet en oorgewig

Argieffoto.

Meer as die helfte van Suid-Afrikaanse huishoudings het nie gereelde toegang tot genoeg voedsel nie, terwyl daar ʼn skokkende hoeveelheid oorgewig mense in die land is.

Dié bevindinge is Dinsdag in die Nasionale Gesondheid en Voeding-verslag van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) bekend gemaak.

Die verslag dui daarop dat voedselversekering ʼn groot uitdaging vir die land is met meer as 50% van die land se huishoudings wat nie in staat is om genoeg kos aan hul families te kan verskaf nie.

Die verslag het ook bekend gemaak dat ʼn groot persentasie van die bevolking, veral vroue en kinders, oorgewig is. “Meer as 70% vroue het gevaarlike groot middellywe en ‘n groot hoeveelheid kinders van so jonk as vyf jaar oud, is oorgewig,” lui die verslag.

Die verslag sê voorts die land se bevolking se slegte eetgewoontes hou ʼn ernstige risiko in vir diabetes, hartaanvalle, beroertes en sekere kankers.

Vanessa Ascencao, ʼn dieetkundige, het Woensdag gesê Suid-Afrikaners eet hulself dood. “Mense eet die verkeerde kos, kos wat omtrent heeltemal van al sy voedingswaarde gestroop is. Boonop oefen hulle nie en dit kan ʼn dodelike kombinasie wees,” het Ascencao gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

As jy op die skaal klim, en daar spring ‘n kaartjie uit ‘SLEGS EEN OP ‘N SLAG” – dan is jy defnitief oorgewig.

Helene ·

Welkom by Maroela Trippie, ek het altyd julle kommentaar op beld gelees toe ons nog kon!

Trippie ·

Hallo Helene, baie dankie, bevoorreg is ek om so verwelkom te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.