“Toe die vliegtuig land, het ons dadelik geweet ons is nou by die huis.”
Só vertel een van die 204 Suid-Afrikaners wat Dinsdagaand in Johannesburg aangekom het nadat hulle vir amper twee maande in die buiteland gestrand was. Van dié mense sit al sedert begin Februarie oorsee vasgekeer.
Dié vlug van Qatar Airways het Dinsdag omstreeks 17:30 by die OR Tambo-lughawe van Doha in Katar geland. Dit was die tweede repatriasievlug van ses vlugte met Qatar Airways.
Op dié vlug was gestrande Suid-Afrikaners van regoor die wêreld uit lande soos Italië, Suid-Korea en Kambodja.
Toe die vliegtuig met dié groep Suid-Afrikaners in Johannesburg begin neerstryk, het almal saam die Suid-Afrikaanse volkslied uit volle bors begin sing.
Een van die vrywilligers van die HomeAwayFromHome-inisiatief (HAFH) wat die groep Suid-Afrikaners in Kambodja koördineer, sê altesaam 11 Suid-Afrikaners van Kambodja was onder dié groep wat teruggekom het.
Dié groep het die afgelope naweek van Kambodja tot in Suid-Korea gereis, waar hulle toe weer ʼn onvoorsiene oponthoud gehad het. Volgens die HAFH-vrywilliger kon sewe van die 11 Suid-Afrikaners nie ʼn vlug haal nie, omdat hul vlugte tot eerskomende Saterdag uitgestel is.
“Ons het almal moontlik probeer kontak om seker te maak dat hierdie sewe saam met ons op die vliegtuig klim. Daar was nie ’n manier dat ons hulle daar sou agterlaat nie,” vertel die HAFH-vrywilliger. Vier uur voor die vlug sou vertrek, is die probleem egter opgelos.
“Toe ons by die lughawe in Suid-Korea aankom, was daar een vrou van Singapoer wat al vir vyf dae op die lughawe gewag het vir ’n vlug. Sy het toe by ons vlug aangesluit,” vertel die HAFH-vrywilliger.
Die 11 Suid-Afrikaners van Kambodja saam met die vrou van Singapoer het toe Maandag van Suid-Korea na Doha vertrek, waar die res van die Suid-Afrikaners by hulle aangesluit het.
Volgens die HAFH-vrywilliger is daar tans nog 56 mense in Kambodja gestrand, omdat meeste van hulle nie dié vlug na Suid-Afrika kon bekostig nie. Die vliegkaartjie het die res wat wel kon reis R35 000 uit die sak gejaag.
Die 204 Suid-Afrikaners is tans in kwarantyn in die StayEasy Eastgate-hotel in Bruma en The Capital in Sandton. Hulle gaan glo binne ’n dag of twee vir Covid-19 getoets word.
Volgens lede van die groep bly hulle gerieflik in dié kwarantyngeriewe en kry hulle smaakvolle kos.
Die 18-jarige Licois Coetzee van Pretoria wat al sedert begin Februarie in Kambodja gestrand was, sê sy is baie verlig om terug te wees by die huis. Maroela Media het vroeër berig Coetzee is een van ’n paar onderwysers wat in Kambodja gestrand was.
“Die afgelope twee maande was ongelooflik stresvol. Nie net vir my nie, maar ook vir my ouers. Ons het heeltyd gestres oor hoe ons die blyplek en kos gaan bekostig. Maar ons het hoopvol gebly en my hart juig om nou terug te wees,” vertel Coetzee.
Die HAFH-vrywilliger sê dit sink nog nie by al die Suid-Afrikaners in dat hulle so lank in die vreemde lande gestrand gesit het nie. Sy sê ook meeste van die Suid-Afrikaners wat nou eindelik kon terugkeer, se finansies lyk beroerd.
Maroela Media het vroeër berig die heel eerste repatriasievlug met Qatar Airways het verlede week Woensdag ’n groep van omtrent 150 Suid-Afrikaners terugbesorg in die land. Dit nadat hulle vir meer as 24 uur op die Hamad Internasionale Lughawe in Doha moes wag toe hul vlug op die nippertjie gekanselleer is.
Die volgende vlug met Qatar Airways na Suid-Afrika is na verwagting op 16 Mei, gevolg deur nóg drie op die 20, 24 en 28 Mei.
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het in ’n plasing op sy Facebook-blad aangekondig dat meer as 130 Suid-Afrikaners van Djakarta en 230 van Bangkok verlede Donderdagaand met ’n repatriasievlug van SAL in Johannesburg geland het. “Die passasiers het almal breë glimlagte oor hul gesigte gehad en was verlig om terug te wees. SAL is weer eens trots om deel te kan wees van dié repatriasieproses,” lui die plasing.
Ruan en Soné Walkenshaw, albei 26, wat sedert middel-Maart in Bali gestrand was waar hulle hul wittebrood deurgebring het, was deel die groep Suid-Afrikaners wat Donderdagaand in Johannesburg met die vlug van Djakarta geland het. Soné sê hulle het omstreeks 20:30 in Johannesburg geland.
Die egpaar het vroeër aan Maroela Media gesê hul sakke is geruk omdat hulle nie beplan het om so lank in Bali te bly nie. Soné het ook vertel dat sy bekommerd was oor haar skoonpa wat siek is en gereeld hospitaal toe moet gaan vir chemo-behandeling.
Kry die regering nie skaam nie? R 35000.00 vir enkel kaartjie? Kom ons sê al 204 moes dit betaal dan is dit oor die R 5milj. Wat die die eerste lot betaal wat in luksheid gebly het met wêreld dekking? Dis siek man!!!! Wie kan dit bekostig? Baie van die kinders was daar uit nood want hulle kry nie werk hier nie! Nou wat nou?
By die huis ja. En terug by regstellende aksie en BEE, beurtkrag, swak of geen munisipale dienslewering, GEEN werk NET omdat die velkleur “verkeerd” is en en en. My lys kan LANK raak.
Weet dié mense wat op hulle wag? Weet hulle dat terugkeer na hierdie aaklige land amper ‘n selfopgelegde doodsvonnis is?
Lees hulle nie internet nuusblaaie nie? Bel of email hulle nooit hulle mense in SA nie?
Ja as ek n kans gehad het om uit hierdie helhool te kom sou ek enigiets en alles gedoen het om nooit terug te hoef te kom nie.
Om nie by jou geliefdes te kan uitkom nie moet baie erg wees
Moet die regering nie van die fondse gebruik en die kaartjies betaal sodat die 7 mense wat dit nie kon bekostig nie , kan terugkom ? Jaco ek dink hulle weet maar tuis is tog beter. nou vra ek julle. waterwese se 17 biljoen rand bedrogspul . hoe lank neem dit om soiets agter te kom –7 jaar? Dit wys net weer –jou pelle is jou pelle solank jou velkleur reg is . ons weet al lankal dat die riviere , rioolplase ens chaoties is maar kleur is blind en die wil om iets te doen bestaan nie Die DA moet ook verduidelik waar is die 1.7 biljoen –as ek reg is – wat nou ook wanbestee is in THSWANE. Iets sal ons moet doen . ek weet net nie wat nie .