Talle SANW-lede van seksuele aanranding verkla

(Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) ondersoek verskeie klagtes van seksuele aanranding deur lede van die weermag. Dít nadat ʼn vertroulike verslag vroeër die week aan die media gelek is.

Mail & Guardian berig vrouelede van die weermag het die afgelope 18 maande soveel as 41 klagte van seksuele aanranding teen hul manskollegas ingedien. Volgens ʼn interne verslag wat aan dié mediahuis gelek is, wissel dié klagte van verkragting tot aanranding en teistering. Meer as die helfte (26) van dié sake is afgehandel, met 13 skuldigbevindings en 11 van die verdagtes wat vrygespreek is. In baie van dié gevalle moet die slagoffers steeds met die oortreders saamwerk.

Die minister van verdediging en militêre veterane het vroeër die maand aangekondig dat sy besluit het om ondersoek in te stel na bewerings van seksuele uitbuiting en aanranding in die weermag.

In ʼn verklaring sê die weermag Vrydag dat hy kennis neem van hierdie berigte en ʼn taakspan saamgestel het om al hierdie sake te hersien. “Die minister van verdediging sal die publiek in kennis stel sodra die taakspan die sake hersien het. Dit is egter jammer dat ʼn vertroulike verslag wat vir die minister se aandag saamgestel is, aan die media gelek is,” het Siphiwe Dlamini, SANW se woordvoerder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Maans ·

Die anc is nie baie sterk op vroue en hulle regte so daar sal nie veel kom van die klagtes

Magda ·

Kan hulle aantrek maar nerens heen vat nie – skaam my dood!!! Dit is wat die ANC van Suid Afrika gemaak het.

Hanna Hoekom ·

Dis nou die einste SANW wat n paar jaar gelede “gevra” moes word (minister van verdediging) om asseblief tog nie seksuele verhoudings met die plaaslike bevolking in die lande waar hul ontplooi word aan te knoop nie. Die getal HIV positiewe soldate is blykbaar ook uitermate hoog… Ja, mens kan die bos ook nooit uit sekere mense haal nie!

Marius ·

Met die hiv “levels” in ons weermag het ons van die dodelikste weermagte ter wereld.

Bert ·

Ongelukkig oor die verslag uitgelek het.
Hoop maar dit word nie ‘n geval van : kill the messenger nie.

Army ·

Hulle is daai uniform nie werd nie. Vir hulle is dit net ‘n job met perks.

Neels ·

Wat n grap swak disipline. Kyk maar net betaaldag hoe lyk die manne en vroue in uniform met hulle verversings in die hand . Geen wonder die testoroon vlakke is hoog nie . Daar word geen oeffening of enige drll sessies ghou nie. Elkeen ry met n militere voertuig rond laai passasiers langs die pad op en as vergoeding moet daa nseksuele gunsie gedoen word , somme b die eerste koelteboom langs die pad . Jig en geen lid van die publiek mag iets se nie

ABC ·

Verkragting, aanranding en teistering? Hoe dan anders? Dis mos ons nasionale sport.
Gelukkig het die verslag uitgelek sodat ons weet wat in ons land aangaan. Die nuusmedia sal help toesmeer.

Erika ·

Daar is n verskil tussen n Hond en Mens Ne..-
N Die kan nie moreel vir homself dink nie- reageer op Instink….

marous ·

Meer gewoond aan trollie stoot as vuur en beweging . Dis sekerlik die rede vir die chroom sissie handrelings op die met trots geborgde eg britse bakkies . Wat ‘n verleentheid het die plek nie geword nie .

JohanR ·

Dis SA Weermag was eens op ‘n tyd ‘n mag om op trots te wees. Wat kry jy nou as die hoof van die vloot nog nooit eens in ‘n rooiboot was nie, en dan moet hy ‘n duikboot gaan bestuur!

Julie Jansen van Rensburg ·

My seun was van ’81 tot ’96 lid van die weermag as sa’majoor (hy het op skool ‘n oogbesering opgedoen ek kon derhalwe geen offisiersrang bekom nie) maar in ’96 besluit hy om handdoek in te gooi, want – soos hy dit gestel het: “Toe ek by die weermag aangesluit het, was dit nog ‘n eerbare instelling, maar nou het dit ontaard in ‘n ongedissiplineerde “MK” instelling, en ek kan NIE met sulke mense werk nie….”

Kobus ·

Ja nee dit nadat dasr onlangs vreeslik lawasi gemask was oor vroueregte en mishandeling van vroue en kinders gasn dit so in die Weermag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.