Talle selfoontorings afgeskakel weens diefstal, vandalisme

Sommige van die gesteelde batterye. (Foto: SA Polisie)

Die peperduur vervanging van gesteelde batterye in selfoontorings het MTN nou gedwing om 53 van sy Gautengse torings af te skakel.

Die maatskappy het gesê hy verloor miljoene rande weens vandalisme en diefstal van batterye in torings. Die 53 torings wat afgeskakel is, is heeltemal verwoes.

Ernest Paul, die algemene bestuurder van netwerkbedrywighede by MTN, het gesê die skade aan selfoontorings en infrastruktuur is nou op ʼn punt waar dit nie meer bekostigbaar is om die battery en toerusting te vervang nie.

Nóg ʼn enorme probleem is die moontlikheid dat honderde torings landwyd moontlik permanent afgeskakel sal moet word, weens die omvangryke skade daaraan. Dit gaan heelwat druk op die netwerk plaas en kan die gehalte van diens aan klante negatief raak.

Selfoonmaatskappye loop die afgelope ruk deur onder ʼn vlaag voorvalle van diefstal van toringbatterye wat boonop tot netwerkonderbrekings lei.

MTN het gesê hy het net in die afgelope week batterye ter waarde van R1 miljoen, danksy die hulp van wetstoepassingsowerhede en fluitjieblasers, teruggevind.

Paul het gesê tot 89 selfoontorings oor die land kan nie gebruik word nie, omdat dit wag vir nuwe batteryherstelwerk. Van die 53 wat afgeskakel word, is 39 in Pretoria en 15 in Johannesburg.

“Die situasie laat baie Suid-Afrikaners sonder netwerktoegang, óf weens die tyd wat nodig is om voortslepende instandhoudings- en herstelwerk te doen, óf, in die ergste gevalle, omdat die torings afgeskakel is aangesien gereelde diefstal en vandalisme die torings onvolhoubaar gemaak het.

“Dit het ʼn uitwerking op verbruikers se toegang tot byvoorbeeld die nooddienste, doeltreffende dienslewering van sakeondernemings, of om met geliefdes in verbinding te bly,” het Paul gesê.

“Dit is ʼn nasionale probleem en meer mense moet besef dat hulle in ʼn stadium géén dienste gaan kry as die situasie voortduur nie. Die verlies aan dienste en netwerkgehalte kan wissel tussen ʼn radius van 2 km tot 5 km, of tot 15 km op sommige plekke. Dit kan tussen 5 000 en 20 000 verbruikers op enige gegewe tyd raak.

Paul sê die koste om die torings te herstel tot waar dit weer aanlyn gebring kan word, kan tot R350 miljoen beloop. Hy het gesê MTN het reeds 100 persele teen ʼn enorme koste herstel.

“Selfoonmaatskappye kan dit nie alleen doen nie. ʼn Breër inisiatief is nodig en moet gedryf word deur gemeenskappe, die private sektor, die polisie en vervolgingsgesag.

“Ons het dus ʼn 360-grade-plan ingestel wat regdeur ons onderneming in werking gestel is en het agtergekom wanneer dit gekombineer word met groter bewusmaking en betrokkenheid in die gemeenskap, kan daar onmiddellik ʼn afname in misdadige bedrywighede opgemerk word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Joe Olivier ·

Ons bly dan in n terroriste staat. Ons kan niks anders verwag nie. Die polisie met hul afgekapte handjies moet maar monitor.

jennefer ·

Alles gaan terug in tyd, dalk stop dit voor ons in die Steentydperk is. Tog word ons aangemoedig om selfoon bankdienste te gebruik, sonder sein werk n mens se bankkaarte ook nie.

Pieter ·

Die SAPD/SAPS se naam het verander na SAMD/SAMS en staan vir SA Monitor Diens want daar is nie meer polisiemanne beskikbaar nie.

George in Bloem ·

Dan wonder mense hoekom ons lugtyd en data tariewe van die hoogste in die wereld is. Of hoef nie meer te wonder nie.

Gertryda ·

Dan moet hul vir ons nie laat betaal vir dienste nie gelewer nie.

Manie van Worcester ·

Kyk laat ons eerlik wees, hulle doen voorwaar hulle bes om als tot niet te kry. daar is hulle nie lui nie, voluit vorentoe na niks

Pieter ·

Een ding wat ‘n mens nooit kan sê nie is dat Satan nie ‘n lui mannetjie is nie.

Neels Marais ·

Ek is baie jammer, as hulle nie kan lewer nie, dan lewer ek ook nie my geld nie. Dit is hulle probleem en hulle moet maar n plan maak.sit krag op die goed dat dit hulle skop dat hulle nie weer aan iets kan vat nie. Ek het geen simpatie met hulle nie

James ·

Moet nie vervang reg maak nie. Hulle bewys hulle het dit nie nodig nie.

marous ·

Die toekoms vir kommunikasie is hardlopers met briewe in ‘n gesplete stok en tromme.

George in Bloem. ·

En dan wonder mense nog waarom ons lugtyd en data tariewe van die hoogste ter wereld is?

Willie Esterhuizen ·

Dit is tyd dat die diefstal gesien word vir wat dit is. Dis niks anders as sabotasie nie. Mense lewens word bedreig en in gevaar gestel hierdeur. Sabotasie moet strafbaar wees met die dood straf wat in hierdie land afgeskaf is om die wetteloses te pas.

Wim ·

Ek sê dit al lankal. Stem 100% met jou saam.
Soos dinge tans gaan sal die plunderaars/saboteurs nog verser begin plunder en afbrand as hy nie sein kry nie.

Kolle ·

Nou wat verwag hulle moet die leeg gesuigde verbruiker daaraan doen?

Chris Ws ·

Peet jys reg.Dis weer apartheid se skuld!MTN moet maar video kameratjies aan hul torings sit dan sal hulle kan sien of dit wit of gekleurde gesiggies is wat die vandaliste is.

Elna ·

Ek is seker daarvan dat hulle dit kan bekostig om sekuriteits wagte by die torings aan te stel want hulle maak miljoene biljoene n dag met al die peper duur data en lugtyd en dan is dit werk skepping ook nog. Hulle sal meer suksesvol wees as hulle BEE stelsel afskaf.

Hans ·

Wanneer gaan iemand besef, hulle tradisie en aanmoediging om alles te verwoes in die apartheidsjare, kan hulle nou nie meer stop nie al is dit tot nadeel van wit en swart!!!!
Gaan dit ooit regkom?

Christa ·

Ja die apartheid se skuld. Ontwerp n stelsel wat die ……. Uit die skelms goed ruk. Hulle Moet so buite weste geruk word dat hulle sumier hul lewe verander. Hulle Moet dan Sommer sonder n hand wees, die Bybel sê as iets jou PLA map dit AF.

Gert van Wierdapark ·

Beter kon jy dit nie verwoord het nie Elna! Hul maak Miljarde Rande en die Nigeriese boetes het ook skynbaar nie veel gepla nie! Hul moet net onthou om vir die Toringwagte darem selfone te gee om alarm te maak. Naskrif, :Skerpskutters sal saboteurs seker ook kan ontmoedig!?

aj ·

Die verwoesting van ‘n beskawing, dis wat ons nou beleef.

Dit het reeds talle kere voorheen gebeur dat primitiewe mense ‘n gevorderde beskawing vernietig …bv die Maja beskawing, Egiptiese beskawing, die Griekse, Romeinse ensovoorts.

Die ‘fabels’ en ‘verhale’ van kabouters, hekse wat vlieg op besemstokke en towenaars is alles grepe uit die ‘geheue -reste’ van primitiewe mense en gebaseer op hulle waarnemings van ‘gevorderde’ beskawings.

Afbrand, verwoes, stroop en uitmoor was telkens die oorlewingstegnieke van primitiewe groepe wat nie kon voordeel trek uit die gevorderde beskawings nie.

Die GROOT VERWOESTING het pas begin!

kolla ·

Klink na ‘n gebrekkige sekuriteitstelses. Word die torings dan nie deur sekuriteitspersoneel beman nie?

Piet Pompies ·

Oooh, geen afrika land het ‘n ware sukses gemaak van wat hul het nie. Dis altyd armoede en honger kinders en altyd iemand anders se skuld. Dis soos miere en springkane. Die miere het jare lank n land opgebou en kos gebere, die sprinkane kom in en vreet alles wat daar is sonder om te bere vir more, plunder, brand en en en. Nou is dit weer die mier se skuld.

JohanL ·

Alhoewel ek sekere kommentators se sentiment herhaal, gaan ek tog sodat die algemene gevoel oorgedra kan word.

MTN kry vir julle. Eerstens maak julle regtig miljoene per dag (kollega het al een keer ‘n skatting gemaak en dit is regtig miljoene). Tweedens is dit ‘n geval van “karma” na julle mos vir Steve wil boikot. Alhoewel Steve en die skade wat aangerig word, nie aanmekaar gekoppel is nie, het die lewe ‘n snaakse manier waardeur “karma” bewerkstellig word.

Maar ja………..nou gaan MTN net hul tariewe weer verhoog om die onkostes te verhaal sou hulle addisionele maatreels tref !

kolla ·

Steve kry alles wat hom toekom weens die twak wat hy kwytraak. Kan niemand anders daarvoor blameer nie.

koos1 ·

Het hulle al aan die moontlikheid gedink dat dit deur die kompetisie gedoen word?

Oom Frik ·

Mense gaan kyk bietjie op my broadband.co.za See how much money Vodacom and MTN make per second .
Dis biljoene rande en dan het hulle die vermetelheid om vir hulle kliente te se hulle kan nie byhou nie , Die selfoon torings se skade kan hulle met “n dag of “n uur se inkomste betaal dan het hulle nog ( change) oor . Hulle bataal hulle direkteure miljoene rande , maar kan nie selfoon torings beveilig teen diefstal nie , Skuim wat niks vir hulle kliente voel nie !!!

SjN ·

Ons is al jare daaraan gewoond, met hedendaagse tegnologie en maatreels kan die probleem mos voorkom word, is dit dalk nie n inside job nie.

Andrew Hertz ·

Hartseer hoe sekere mense hul verlekker in ander se skade

johan ·

Los die, batterye. Gebruik net Eskom krag sonder backup. Dan sal die sisteem meeste van die tyd aan wees maar nie altyd nie.Nou is dit heeltemaal af.

Dries du Toit ·

En so lag die eienaars van skrot werwers al die pad. Hulle koop al die kabels en staal wat geplunder word en word nie vervolg nie. Daar is n lekker mark vir afval staal en koper en die regering kry belasting. Dit is n vieslike bedryf

Dries du Toit ·

En so lag die eienaars van skrot werwers al die pad. Hulle koop al die kabels en staal wat geplunder word en word nie vervolg nie. Daar is n lekker mark vir afval staal en koper en die regering kry belasting. Dit is n vieslike bedryf..

Chris Ws ·

Ek wonder hoeveel torings van Vodacom en Cell C is beskadig deur vandaliste en /of diewe.

JacoL ·

Cell-C, MTN, Telkom en Vodacom loop deur. Hierdie is net ‘n berig oor MTN. Die ander is ook besig om torings af te skakel as gevolg van diefstal en vandalisme. Dit raak net te duur.
Uit ‘n besigheids oogpunt sal ek presies dieselfde gedoen het.
Hierdie is n simtoom van die regering se onvermoeë om ‘n behoorlike polisie diens te hê. Dit raak nie net die komunikasie maatskappye nie maar ook besighede in die algemeen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.