Talle skape op Vrede-plaas geslag

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie is op soek na ʼn groep veediewe wat die afgelope week tientalle skape op ʼn plaas naby Vrede in die Vrystaat gesteel en net daar geslag het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê die 44 merinoskape is vermoedelik tussen Woensdag en Donderdag in die middernagtelike ure op die Andeling-plaas gesteel. Die diere is byna R80 000 werd.

“Die verdagtes het die skape op die plaas geslag, die velle langs die hek gelos en verdwyn. Dit is in hierdie stadium nie bekend hoe hulle die buit vervoer het nie,” het Makhele gesê.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan ao. Mbongo by die Vrede-veediefstaleenheid by 082 3019 664 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frederik C ·

Teen die huidige prys van skaapvleis, oorweeg ek self so ‘n nagtelike avontuur.

Tanniepetoors ·

Ek kan nie hier herhaal wat ek hardop gesê het nie. Skokkend. Ek glo hierdie gewetenlose kriminele gaan spoedig agter tralies wees. Hoop nie my vertroue in die SAPD oordrewe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.