Talle skoolkinders beseer in ongelukke

Een van die taxi's in die Bloemfontein-ongeluk. Foto: ER24

Een van die taxi’s in die Bloemfontein-ongeluk. Foto: ER24

Minstens 12 skoolkinders is Maandagoggend in twee afsonderlike botsings in Johannesburg en Bloemfontein beseer.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, is agt kinders beseer toe die minibustaxi wat hulle skool toe geneem het om 07:40 teen ʼn konstruksievoertuig in Zulustraat in Soweto gebots het.

Die tweede taxi wat in die Bloemfontein-botsing betrokke was. Foto: ER24

Die tweede taxi wat in die Bloemfontein-botsing betrokke was. Foto: ER24

“Altesaam 14 kinders was in die taxi toe die botsing plaasgevind het. Agt kinders het matige beserings opgedoen,” het Mathe gesê. Die beseerdes is met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

In Bloemfontein het twee minibustaxi’s, wat altesaam 28 skoolkinders vervoer het, by die oorgang van Harvey- en Valkweg gebots.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê slegs vier kinders het beserings opgedoen. “Die vier kinders, vermoedelik vyf jaar oud, is op die toneel behandel en na die Pelonomi-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Meiring gesê.

Die oorsake van die botsings word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DPJ ·

Taxi’s moet meer sorg aan die dag lê dan sal daar minder ongelukke wees. Eder laat kom as met beserde kinders.

Muis ·

Dit is waar sit elke dag in verkeer en sien hoe die taxis jaag soos bankrowers en weg kom daarmee verontagsaam alle padreels en maak hulle eie pad deur verkeer soms op sypadjies of sommer op sper en geel strepe hulle het mos hulle eie stel padreels waaronder ons nie tel nie!!!!!

Johann ·

So is dit die een botsing na die ander en niks word daaraan gedoen nie.

m ·

Hierdie taxis is ‘n groot gevaar op die pad. Hulle jag soos mal mense van punt a na punt b solank hulle vol taxis het.

broos ·

en die kern woord hier is TAXI…..dis omdat hulle soos besetenes ry en absoluut geen agting het vir hulle passassiers se veiligheid nie

Janee ·

Ons sien elke dav op die N4 vanaf Witbank hoe die spietkops die oudns vang teen die afdraend. 15 km nader aan Pretoria gaan die taxis mal sonder ‘n enkele spietkop teenwoordig. Dit is tyd dat ons as die belastingbetalers ons belange afdwing deur ‘n belastingboikot. Verkieding help nie.

Hartman ·

Ek wil iets vra? Wat het swart nuus in swart woonbuurte met afrikaners, boere of afrikaans uit te waai?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.