Talle skoolkinders sterf in ongeluk

Die ongelukstoneel op die R25 buite Bronkhorstspruit waartydens 20 persone, insluitend 18 skoliere gesterf het (21 April 2017) Foto: ER24

Minstens 20 kinders is Vrydag in ‘n gru-ongeluk buite Bronkhorstspruit dood.

Volgens die Gautengse departement van onderwys het die ongeluk op die R25-Groblersdalpad plaasgevind. Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, is op pad na die toneel.

Maroela Media verneem die kinders is in ‘n minibus vervoer en dat die minibus teen ‘n vragmotor gebots het waarna die minibus aan die brand geslaan het.

ER24 het gesê 20 kinders is reeds op die toneel dood verklaar. Dit is in die stadium nog nie duidelik of die bestuurders van die minibus en vragmotor beseer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Ampie Britz ·

As julle na die foto kyk, sal julle sien dis nie ‘n minibus taxi nie maar eerder ‘n Sprinter of iets soortgelyk. Dubbel agterwiele, dus Klas 2 en groot genoeg om soveel pasassiers te vervoer.

Lizaq ·

Vreeslik tragies! Ons is so bevoorreg dat ons kinders nie van openbare vervoer afhanklik is nie! Rus in vrede….

F ·

Ek kan myself nie indink nie. Mag die Here vir elke ouer en naaste mense die nodigste krag gee. Die lewe is voorwaar kort.

Ana ·

Here Vader wees met hierdie mense, dis ń ongelooflike verlies!

Thessa ·

Taxi bestuurders is ‘n groot probleem hulle ry in die geel lyn vat verby op ‘n draai en druk net in of daar plek is of nie ry in die verkeerde kan van die pad om links of regs te draai voor jou in sonder ‘n te wys hul gaan draai. Verkeer doen niks omtrent dit nie. Onskuldige mense moet altyd betaal vir hulle naloosigheid . Hulle kyk altyd hoeveel hulle kan in prop want vir hulle gaan dit oor geld en nie die lewe wat hul vervoer. Ons regering wil hê ons moet van publieke vervoer gebruik maak NEVER ek sit nie my lewe in hulle hande nie. So baie hartseer hoop die familie kry vertroosting.

Johan ·

Ek stem saam oor die roekelose taxis. Maar hierdie kon n skoolbussie gewees het met n onderwyser wat bestuur het. Die berig is dalk misleidend met die woord taxi. Ek glo die joernalis kon dalk die saak beter ondersoek het. Maar hier is onskuldige kinders dood en baie familielede is in rou. Tragiese nuus

Louwboepens ·

Volgens n woordvoerder van die nooddienste is dit een van die groter busse wat 22 persone kan vervoer.

Jenny ·

Kan daar nie wet inkom wat taxi spoed op 80km/h gegovern word nie…..spoed is ñ probleem en ja ek stem saam oor wets toepassing…..my seun ook nou besig met lisensie….bestuurskool…..uhmmm ook 1ste keer gefail…….en dis skrikwekkend om dan te sien hoe taxis ry……hulle gehoorsaam glad nie d wet nie

Justice ·

Dit is `n goeie punt Jenny maar ongelukkig gaan ongeduldige en oormoeg taxi bestuurders nog steeds stadiger voertuie probeer verby steek. Die taxi het dan nie genoeg krag om verby te kom nie. Dit kan egter `n groter invloed op kop aan kop ongelukke tot gevolg he.

Gerald ·

Die taxis ry almal met’n plakker wat se maks spoed 100km/u sien jy dat die bestuurder hom daaraan steur? glad nie, sperstrepe en verkeersreels geld NIE vir taxis nie

Freud ·

Hierdie was nie ‘n taxi nie. Dit was gewoon net ‘n minibus wat aan geen van die taxi groepe behoort nie.
Mense is geneig om alle minibusse onmiddellik as taxis te sien.

Riana ·

Dit is verskriklik hartseer. My innige meegevoel aan al die families. Hoeveel onskuldige mense moet nog sterf voordat daar opgetree gaan word. Daar is elke liewe dag taxi ongelukke op ons paaie.

cs ·

Dis absoluut verskriklik, Baie sterkte aan die ouers en familie van die kinders

bekommerd ·

Hulle het nog nie gese nie, maar dit is baie kommerwekkend, my seuntjie van 9 vanoggend op n rugbytoer vertrek. Sterkte vir al die ouers van die oorledendes

Sune van Heerden ·

Dagsê bekommerd

Maroela Media verneem dit was leerlinge van Mpumalanga en Limpopo wat in Gauteng skoolgaan, wat in die ongeluk gesterf het.
Maroela berig binnekort meer hieroor. Die minibus was met hulle op pad huis toe.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jakoba ·

Dit is ‘n onsettende seer as jy jou kind, man, vrou of ouer verloor. Ek het my man onlangs aan die dood afgestaan . Dit ruk jou uitmekaar uit en ek sien hoe swaar my skoonouers kry na hulle hul seun verloor het. My skoonpappie dwaal net rond en my skoonma se trane loop onophoudelik. Ek wens dit niemand toe nie. Ek bid vir daardie ouers wie se kindertjies gesterf het. Laat ons nie oordeel of veroordeel nie. Niemand weet wat was die oorsaak van die ongeluk nie, los die spekulasies ook maar uit. Ek weet dit is menslik maar die mense wat dit lees beleef daardie pyn dit oor en oor.

Mielie ·

Dis so waar. Daar is geen respek in die land vir niks en niemand. Kan jy dink as daar wel was …….

Sue ·

Hoekom oordeel julle onmiddelik die “taxi” bestuurder? Het julle op die N4 gery tussen Witbank en Wonderfontein en gesien hoe uiters gevaarlik die steenkool vragmotors ry? Of in Simon Vermooten en Lynwood weg tesame met sement vragmotors wat met n lee vrag 110kmpu jou van die pad wil ry?
Hierdie was n unspeakable en horrible en tragiese ongeluk. Ek glo God sal hierdie ouers berusting gee. Dis hartseer!

Bertus ·

Ek was ook 3 weke terug in n ongeluk met klompie kleuters in my bakkie. Dis net spoed. Hy het in die dorp so vinnig gery dat hy 64 tree remme gesleep het, al twee voertuie afgeskryf het en nog 17 tree verder gestop het. Om te ry vandag is n dobbelspel. Geen ontsag vir verkeers reels of tekens nie…

Gert Joubert ·

Die een baie groot probleem is die wyse hoe n taxi bestuurder sy salaris verdien. Byvoorbeeld, die taxi eienaar wil n sekere vaste bedrag vanaf die drywer kry, sê R2000. Hierdie bedrag moet deur die taxi bestuurder oorbetaal teen die einde van die dag. Indien nie word die bestuurder aangerand. Dus al die geld wat die taxi bestuurder verdien bo-op die R2000 is sy salaris. Dus hoe meer ritte , hoe hoër is sy salaris. Hoe vinniger hy ry, hoe meer ritte vir die dag en hoe groter is die bestuurder se salaris.
Die is een groot probleem en dus sal taxi bestuurders nie stadig ry of in verkeer sit en wag nie. Hy moet jaag, en hoe vinniger, hoe groter sy inkomste.

Mandy ·

En wat se verskil gaan Lesufi se teenwoordigheid by die toneel maak? Weer n geval van window dressing om goed te lyk in die oe van die sheeple …. wanneer gaan hierdie staatsamptenare eendag hul rol/werk verstaan ? Spandeer eerder hul tyd om skole ordentlik toe te rus en bestuur – dis tog sekerlik meer belangrik as om ure na n ongeluk daar op te daag en belangrik te probeer voorkom

anton ·

Mandy ek stem saam met jou.
En die ronde rooi sticker agter op taxis wat n maksimum 100 km/h aandui, beteken vir die bestuurder eintelik dit is die minimum spoed wat hy moet ry ten alle tye!!!

Linda ·

Dis verskriklik hartseer. Die arme ouers, my hart gaan uit na hulle.

Madi ·

Niemand het gesê dis ‘n taxi nie, net ‘n minibus. ..my stiefseun se 1ste rugby span ry gereeld in minibussies na wedstryde toe…kon maklik ‘n sport span of iets gewees het.
Kyk ek stry glad nie met die almal se menings oor die blerrie taxis nie maar die artikel het nog nie genoeg info in om dit te judge nie. Plus, ek staam saam die persoon ook wat skryf oor die trokke. Hulle net so skuldig…

Afrikaanse Knaap ·

Voor die regering nie elke voertuig wat vir publieke vervoer aangewend word en jaarliks toets vir padwaardigheid nie gaan hierdie slagting voort duur.
Hierdie is so tragies… ons volwassenes moes daai kinders beskerm.

Se maar net ·

Almal se taxi..klink meer na n skool se mini bus wat die kinders op n toer gevat het

Frik ·

Dis altyd verskonings van voertuig was nie padwaardig,remme het gefaal of spoed en dan stel die owerheid strenger wetgewing daar terwyl die oorsaak die drywer van die voertuig is wat gladnie die padreëls nakom nie. Het tydens paasnaweek dit weer beleef waar tax verskeiei voertuie by twee soliede witlyne verby steek en dan net indruk om kop aan kopbotsing te vermy. Kla drywers van moord aan as hul die oorsaak is van die kop aan kopbotsing

Es ·

Eks gister daar verby net na dit gebeur het. Gruwelik. Ja baie taxis bestuur roekeloos en het geen respek vir ander padverbruikers nie maar daardie pad is erg onderhewig aan spoed wetstoepassing, so almal is versigtig. Ek dink dis n 100km sone. Die rede vir die ongeluk is waarskynlik die ongelooflike swak toestand van die nou pad. Diep dongas aan die kante wat op plekke tot n meter in die teer strek. Jyt nêrens on been the gaan as daar n vragmotor van voor kom nie. Van wat ek ion sien was daar ook n Groot vragmotor betrokke, soos n steenkool trok gelyk. Snaaks die media sê Nike daaromtrent nie. Die minister most liewer Haar graaf saambring en begin pad regmaak. Vermy ASB daardie pad, veral snags.

Hennie ·

Ons land is vol onverantwoordelike mense. Waar hulle in beheer van openbare liggame en geldsake is, moet ons as belasting betalers die spit afbyt. Waar hulle eie lewens in hulle beheer is en waar niemand anders vir hulle onverantwoordelikheid geblameer kan word nie, sien ons hierdie dode talle.

Rina ·

Ek het vanoggend verneem dat n ouer al drie sy kinders in die ongeluk verloor het.

Hannelie ·

Ai dis verskriklik hartseer. Om aldrie kinders op een slag te verloor. Baie sterkte aan al die ouers mag jul vertroosting vind.

Bokkie Olivier ·

My meegevoel aan die ouers en families. Hoeveel passasiers mag op die bussie gelaai word?
Is dit nie tyd DAT die totale ongeluk syfers van mini taxies en trokke apart aan gegee word en nie saam met die totale dode syfers op one paaie nie?

Ai ·

Baie hartseer. Word so kwaad met mense wat so roekeloos bestuur. Alle simpatie met die ouers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.