Talle skote klap, maar gesin – en dapper honde – hou kop

Warren en Sarah Lamont by hul dogters Jordan (13) en Kenzie (10), en hul hondjie Holly. (Foto: Verskaf)

Die onbaatsugtige heldedade van ’n Benoni-gesin se honde het waarskynlik hul lewe gered toe twee gewapende rowers vroeg Sondagoggend by hul huis in Lakefield ingebreek het.

Só het ’n emosionele Sarah Lamont (39) Vrydag aan Maroela Media gesê.

Kei, ’n tweejarige Malinois-kruising wat die gesin twee jaar gelede by die Boksburg-dierebeskermingsvereniging (DBV) aangeneem het, veg tans om haar lewe by die Onderstepoort-dierekliniek in Pretoria nadat een van die rowers haar in die gesig geskiet het.

ʼn Koeël deur Kei (2) se snoet het haar kakebeen verbrokkel. (Foto: Verskaf)

Die gesin se vyf jaar oue Biewer-yorkshireterriër, Holly – wat maar 2 kg geweeg het – is tydens die voorval doodgeskiet.

Lamont, haar man, Warren (39), twee dogters, Jordan (13) en Kenzie (10), en Warren se ma, Debby, was vas aan die slaap toe boewe op 3 Oktober by die huis ingebreek het. Die gesin woon in ’n afgebakende veiligheidswoonbuurt.

“Die rowers het by die trappe opbeweeg, waar Jordan se kamer eerste geleë is. Hulle het oor haar bed gaan staan – onbewus dat Kei by haar op die bed slaap.

“Kei het onmiddellik die gevaar besef en een van die rowers aangeval. Klein Holly, wat by ons in die bed geslaap het, het die rumoer gehoor, by haar hondetrappies afgehardloop en dieselfde rower wat Kei besig was om aan te val, bestorm.”

Die rower het weggehardloop, maar skote na die honde gevuur terwyl hy met die trappe af gevlug het.

ʼn Koeël deur Kei se snoet het haar kakebeen verbrokkel, maar sy het ondanks die geweldige pyn waarin sy moes verkeer het, dié rower agternagesit. Holly het helaas nie die twee rowerkoeëls wat haar getref het, oorleef nie.

Rower brand los

In dié stadium het ’n tweede man die egpaar se slaapkamer binnegestorm en blindelings losgebrand.

Klein Holly (5) is deur ’n rower doodgeskiet.

“Dit het gevoel asof alles so stadig gebeur. Ek onthou skaars die geluid van die skote, wel dat ek heeltyd gebid het ‘asseblief, Here, moenie dat hulle my man doodskiet nie’.”

Warren het sy vuurwapen gegryp en een van die aanvallers doodgeskiet.

Volgens Lamont is altesame 34 oor-en-weer-skote in hul slaapkamer afgevuur.

“Dis ’n wonderwerk dat die koeëls ons nie getref het nie, die Here het werklik oor ons gewaak. Ons is ongelooflik dankbaar en voel so geseënd,” sê Lamont, wat plat op die bed bo-op haar klein Pomeranian-hondjie, Harper, gelê het om haar te beskerm.

Lamont sê sy is egter oortuig hulle sou dalk nie so gelukkig gewees het nie indien hul dapper brakkies nie die ander rower aangeval en verjaag het nie.

Jordan Lamont by die gesin se geliefde hond, Kei. Die foto is by die Stephanie Achievers Dog Academy geneem, waar Kei vir ’n jaar lank opleiding ontvang het. (Foto: Verskaf)

“Ek sidder om te dink wat hulle aan my dogter sou doen indien Kei nie by haar was nie. En as twee rowers ons kamer binnegestorm en begin skiet het, twyfel ek of ons sou oorleef.

“Jordan het gelukkig ook die wyse besluit geneem om in haar kamer weg te kruip en nie uit te hardloop nie, en Kenzie het by my skoonma in ’n onderste kamer geslaap – hulle het gelukkig ook in die kamer gebly tot die een rower weg en die ander een dood was. Kenzie het genadiglik deur die hele voorval geslaap. Ek is so verlig dat almal oukei is.”

Die hele gesin het kort daarna in ’n badkamer gaan skuil terwyl hulle op hulp gewag het. Hulle het die lewelose Holly in die gang sien lê, maar Kei was nêrens te vind nie.

“Ons was baie bekommerd oor Kei – ek het heeltyd gewonder waar sy kan wees. Bad Boyz-sekerheidsdiens was egter binne enkele minute met ’n hele taakspan op die toneel. Hulle het ook die polisie ontbied.”

Lamont het ook met Vicky Finnemore, bestuurder en senior inspekteur van die DBV in Benoni, kontak gemaak, wat dadelik na die gesin se huis gejaag het.

“Ek en Vicky het saam met die wonderlike span van Bad Boyz-sekerheid na Kei gaan soek en haar langs die pad gekry.

“Sy gaan nooit by die hek uit nie, so ons weet dat sy beslis hulp gaan soek het. Beeldmateriaal van ons sekerheidskameras het dit ook bevestig. Sy kon nie eens blaf nie weens die besering aan haar mond.”

Kei is kort daarna na ’n veearts in Kempton Park geneem, waar sy etlike dae lank behandel is.

Altesame 34 skote is oor-en-weer in die Lamont-egpaar se slaapkamer afgevuur. (Foto: Verskaf)

Sy is Dinsdag deur dié veearts ontslaan en ontvang sedert Woensdag spesialisbehandeling by Onderstepoort, waar sy binnekort ’n operasie sal ondergaan.

“X-strale het gewys dat die koeël die kant van haar snoet binnegedring en haar kiestande verbrokkel het. Haar tong is ook erg beskadig en haar kakebeen gebreek. Sy sal ’n plaat en kakebeenrekonstruksie moet ontvang.”

Erge trauma

Volgens Lamont is Kei ook erg getraumatiseerd, en sal sy daarvoor ook behandeling ontvang.

Die gesin het reeds berading ondergaan.

“Ek dink wat met ons honde gebeur het, is meer traumaties as die voorval self. Ons is so lief vir ons diere.”

Kei is hartlik deur die span by die Onderstepoort-dierekliniek in Pretoria ontvang. (Foto: Verskaf)

Lamont vertel dat sy Holly presies vyf jaar gelede vir haar verjaardag op 7 Oktober gekry het. Kei is al twee jaar ’n onmisbare deel van die gesin se lewe.

“Ons het werklik die mees saggeaarde, liefdevolle honde. Dat hulle, so klein soos hulle is, bereid was om in ’n oomblik van nood hul eie lewe vir die beskerming van hul gesinne te gee, is ongelooflik.

“Hulle is die ware helde in hierdie verhaal. Ek is ook dankbaar vir my wonderlike man wat ons beskerm het, hy is net so ’n groot held,” sê Lamont.

Die tweede rower is in dié stadium nog op vrye voet, en die saak word tans deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Elmarie ·

Ek is so dankbaar saam met julle gesin dat julle die aanval oorleef het. My hart huil saam oor Holly en Kei, ek bid dat Kei ten volle sal kan herstel. God het julle voorwaar opgepas.

JohanR ·

Goeie skoot Gavin. Hy sal nooit weer iewers inbreek nie, en die belastinbetaler is die koste van sy tronk behuising te betaal. Sterkte aan jou en familie, en hoop Kei herstel volkome.

Elize ·

Wat ‘n noue ontkoming. Soveel om dankbaar oor te wees. Hoop die arme hond gaan okay wees

marius ·

Die haat en wrewel wat opkom kan nie in ‘n duisend woorde beskryf word nie .

Lourens CFG ·

Ek haat hulle nie want ek weet dat hul nie regtig vir Jesus en al Sy glorie ken nie.
Ek het net so ‘n lam, dooie gevoel teenoor hulle, en ‘n diepe wrewel in wat hul aan onskuldige mense doen, die wreedheid ook.

Swerwer ·

Sterkte aan die familie, Mag die wat verantwoordelik is vir die hondekinders se dood en leiding daarvoor ook aanspreeklik gehou word. My hart is stukkend as ek sulke berigte lees. ‘n Hond bly ‘n mens se beste vriend.

Dries ·

Waar gaan ons heen. Mense moet net seker maak om hul stem uit te bring in die verkiesing. Dit is vreeslik noodsaaklik. Ons moet die ANc uit hierdie regering uitkry. Hierdie sal net aanhou en dit veroorsaak onherstelbare rassehaat

Henk ·

Dis net belaglik, goeie burgers mag hulle self nie verdedig nie, wat ‘n nagmerie.

Skappie ·

Baie dankbaar dat julle ok is. Onse God is verseker groot. Jammer om te hoor van julle dierekinders.
Mag julle almal die nodige berading kry.

Henk ·

Brading help niks pel, Ek het nou nog nagmeries nadat hulle in my huis Ingebreuk het, Dit moes nooit gebeur het nie , ANC voel veere.

Erika ·

Sterkte mense
Dit is Goe om te weet bose gaan nie seevier nie want God is altyd in beheer

Shakespeare ·

Warren jou yster. Sterkte om die geweldige trauma te verwerk.

cccp ·

Ek wens die polisie wil hulle prioriteite regkry. Nou wil hulle tyd en bronne vermors om hierdie saak te ondersoek en miskien jag maak op die arme rower/moordenaar wat weggekom het. Besef hulle nie daar is moontlik mense wat op die strande rondloop sonder maskers nie?

JM ·

Die gemors wat hulself die reg toeëien om mense in hul huis te gaan aanval, nogal met vuurwapens! Hul uitsluitlike doel was om te gaan moor! Mag die Here vir ons uitkoms gee in hierdie land, want dit kan waaragtig nie langer so aangaan nie. Een ding is seker: die wiel van geregtigheid draai stadig maar gewis.

Di ·

Sterkte aan die gesin, kan glo dat dis skrikwekkend was . Kan myself net indien wat sou gebeur as hierdie man nie’n vuurwapen gehad het om hulle self te verdedig nie. Net jammer 2de een het weggekom. Se weer dat hierdie kriminele dink gaan gaan vir ewig wegkom tot eendag ………….

Maggies ·

Sterkte aan die Lamont gesin. Hoop net dat Warren nie nou vir strafbare manslag of moord aangekla word nie. In dié land gebeur dit mos so wanneer jy jouself en Joe eiendom beskerm.

Grassie ·

Die feit dat 34 skote in die kamer afgevuur is sonder dat een van die familielede getref is, dui beslis op beskerming van Bo. ‘n Mens kan maar net die Skepper bedank daarvoor.

Carina ·

Dankie Here julle lewens is gespaar. Hartseer die 2 pragtige hondjies.Ek bid vir julle

Anoniem ·

“afgebakende veiligheidswoonbuurt”

Wanneer ek hierdie terme sien waar sulke GRUWELIKE episodes afgespeel het, wonder ek telkens, “INSIDE JOBS” ???

Helene ·

RIV Holly. So jammer jy moes met jou lewe boet. Kei hoop jy herstel volkome.

Henk ·

Moet mense so lewe in SA!!! Dis absoluut gaos, free for all. Dink net wat kon gebeur het as hulle die oorhand gekry het. Nee hell mense iets met gedoen word om goeie burgers te beskerm. Harverkeurend!!!

ES ·

Sterkte julle – dis so hartseer dat julle ‘n hondekind moes verloor het en dat een ernstig beseer is. ons wens vir Kei ‘n spoedige herstel toe!

Ek is ook bly dat Warren sy vuurwapen in die hande kon kry en julle lewens kon beskerm.

Blikkies ·

Ek is bitter jammer oor die verlies van julle hondjie en die trauma wat die hele gesin moet deurgaan. Maar Wel Gedaan Mr. Lamont, Jy het jou gesin beskerm. Jy was Paraat en het korrek opgetree. Dankie Vader julle familie is almal lewendig na die voorval.

christo ·

‘n Godsgenade dat die mense oorleef het. As daar ‘n honderas is met ‘guts’ is, is dit die Yorkshire Terrier ras. Hulle besef net nie hoe klein hulle is nie. Dit bewys weereens maar net dat jou waghonde ‘n beter opsie binne die huis is en elektroniese stelsels buite die huis.

Danie ·

Jammer oor die honde maar ek haal my hoed af vir Warren se flinke optrede.
Ek hoop nie ek lees more dat Warren in die tronk sit nie.

Hennie ·

Traumatiese gebeure, wat nooit werklik verwerk kan word nie. Emigreer so spoedig moontlik, is al raad wat ek hulle kan gee. Gaan baie moeilik wees om weer sonder vrees in daardie huis te slaap en bly – ek weet!

Heleen ·

Presies wat hulle wil hê.. Maar ja dieland is nie meer myne nie!

Jack ·

Wel hoekom publiseer julle nie die rower wat leef se foto nie dan kan ons help soek. Die een wat dood is gaan niks verklap nie.

Heleen ·

Ek huil en huil en huil!
Dit is n “bitter sweet” huil want n honde kind is dood en ń mensekind is gespaar! En ek weet die is net die begin. N Begin van ń proses waar wit Suid Afrikaners moet begin besef ons moet saamstaan.
Ons is verdeeld en dit maak ons swak!
Daarby bedoel ek ons moet verby ons ideologieë , verby ons taal, verby ons inkomste, verby ons ego kyk, en ons wit vel raaksien want dit is vir “hulle” grootste bedreiging!
Ek is een van 4 wittes in ons organisasie van 103 lede, ons is verbied om langsmekaar te sit in ‘n vergadering…. Soms wens ek hulle kan voor die spieel gaan sit en hulsef in die oë kyk en sê “dit is okay om swart te wees!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.