Talle spelers skaar hulle by Ngidi

Lungi Ngidi. Foto: Twitter.

Meer as 30 krieketspelers asook verskeie afrigters, onder wie voormalige Protea-sterre soos Makhaya Ntini, Herschelle Gibbs, JP Duminy en Vernon Philander, het ’n brief onderteken waarin hulle onder meer vra dat Krieket Suid-Afrika rassisme in die sport moet takel, terwyl hulle ook hul steun aan Lungi Ngidi toegesê het.

Dít kom nadat Ngidi, wat tydens KSA se prysuitdeling vroeër die maand as die Protea-witbalkrieketspeler van die jaar aangewys is, sy gewig agter die Black Lives Matter-beweging ingegooi het.

“Dit is goed om te sien dat al die sportsoorte hul ondersteuning aan die BLM-beweging wys. Ek sien dat die spelers van die Wes-Indiese Eilande swart handskoene aangehad het,” het Ngidi vroeër in die media gesê.

Die snelbouler – wat by die spoggerige Hilton College in KwaZulu-Natal sy skoolloopbaan voltooi het – het reeds 53 paaltjies in 21 eendagwedstryde vir die Proteas teen ’n baie goeie gemiddeld van 21,50 geneem.

“Dit maak ʼn mens emosioneel; dit is ’n baie rowwe jaar. Mense begin uiteindelik hul stemme dik te maak en dit is verblydend om te sien hoe die krieketwêreld ook deel daarvan word,” het Ngidi gesê.

Nie almal stem egter met Ngidi saam nie.

Voormalige spelers soos Rudi Steyn, Pat Symcox, Boeta Dippenaar en Brian McMillan het hul misnoeë te kenne gegee.

Symcox, een van die vuurvreters in die 1990’s, het onder meer gesê dat Ngidi nie moet probeer om sy sienswyse op die Proteas af te dwing nie, terwyl Dippenaar voel dat alle lewens belangrik is.

“Wanneer hy sy volgende ete geniet, moet hy eerder daaraan dink om die boere van Suid-Afrika te ondersteun wat tans onder kwaai druk verkeer,” het Symcox gesê.

Volgens die spelers wat die brief onderteken het, is hulle nie verras oor die kritiek wat Ngidi verduur nie.

“Ons loof Lungi Ngidi dat hy #BlackLivesMatter ondersteun en ons wil ook ons ondersteuning vir die beweging wys. Ons let op die kritiek omdat hy sy mening uitspreek en ons hoop dat KSA saam met mede-spelers ook die beweging ondersteun,” lui die brief.

Terselfdertyd voer hulle ook aan dat Symcox en Kie. se sienings uitgedaag moet word.

Volgens die brief kan sommige wit Suid-Afrikaners nie aanvaar dat swart spelers hulself gereeld bewys dat hulle goed genoeg is om op die hoogste vlak te speel nie.

“Ons wil Suid-Afrikaners daaraan herinner dat rugby so onlangs as 2017 kwansuis ’n stille dood weens transformasie gesterf het. Maar raai wat? Suid-Afrikaanse rugby het verlede jaar die Wêreldbeker gewen; ons kan nie onthou dat enigiemand gesê dat daardie oorwinning te danke aan transformasie was nie.

“Waarom word transformasie altyd in ons kele afgedruk wanneer nasionale spanne verloor, maar nooit wanneer hulle wen nie? Kan daar asseblief gelyke behandeling wees?”

Nathi Mthetwha, minister van sport, kuns en kultuur, het ook onlangs KSA se toewyding jeens transformasie tydens ’n parlementêre sessie bevraagteken.

Hoewel KSA sy transformasieteikens vir die 2018/’19-seisoen op die speelveld bereik het, meen Mthethwa daar is nie genoeg swart mense in bestuursposisies nie.

Veral Mark Boucher se aanstelling as hoofafrigter is in die media bevraagteken omdat dit nie geadverteer was nie.

Die voormalige Protea-strydros is op 14 Desember aangestel toe Suid-Afrikaanse krieket in ’n warboel weens die geskorsde Thabang Moroe se beweerde wanadministrasie was.

Ten tye van Boucher se aanstelling – skaars 12 dae vóór die eerste toets teen Engeland op Centurion – was die Proteas nog afrigterloos.

Onder sy toesig het hulle daardie toets gewen, en ook later skoonskip teen Australië in ’n eendagreeks gemaak.

  • Die spelers wat die brief onderteken het is Makhaya Ntini, Herschelle Gibbs, JP Duminy, Vernon Philander, Ashwell Prince, Paul Adams, Charl Langeveldt, Mfuneko Ngam, Robin Peterson, Aaron Phangiso, Justin Ontong, Roger Telemachus, Wayne Parnell, Monde Zondeki, Omar Henry, Alfonso Thomas, Victor Mpitsang, Henry Davids, Loots Bosman, Henry Williams, Alviro Petersen, Thandi Tshabalala, Rory Kleinveldt, Thami Tsolekile, Dane Piedt, Garnett Kruger, Shafiek Abrahams, Lonwabo Tsotsobe, Eddie Leie, Imraan Khan, Ethy Mbalathi, Geoffrey Toyana, Wandile Gwavu, Mandla Mashimbyi en Faiek Davids.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Die Wolf ·

Geen blanke nie. Dit is duidelik wat Duminy en sy trawante mee besig is. Wil KSA kaap. Gaan voort dan sal ons sien of julle bo Zim sal wees. Julle moet onthou geld praat en niemand gaan borg vir n lost cause nie.

Andre ·

Laat ek net gou my olietjies gooi..ek weet dit is van die punt af maar SA het die 2007 en 2019 wereldbekers net gewen omdat die beste span telke kere gefou het.Dit het weereens bewys dat die FORMAAT van die wereldbeker rugby stukkend is.Om dit reg te stel moet ALLE spanne teen ALLE spanne speel en die groep fase verdwyn.Die span met die meeste punte wen dan.Maar SA was 2 keer gelukkig om die beker te vang langs die kantlyn terwyl die beste span ‘n slegte dag gehad het.Hou in gedagte dat New Zealnd SA gewen het by die 2019 Wereldbeker.Wat Ngidi betref stem ek saam met Symcox.Moenie jou wense op die ander spelers afdwing nie.Ook gee eerder jou plek in die SA span op as om jou hart en waardes te verloor asgv die wense van Krieket SA en die Transformasie beleid.

koos10 ·

Nie een blanke het die brief onder teken nie. Sê dit nie vir julle iets nie?
Skryf die brief onder All Lives Matter, en kyk hoe elke krieket speler in SA dit onderteken, maar ja, dit sal nie in julle agenda pas nie.
Ek gee nie ‘n duiwel om watter kleur ‘n speler is geen sport is nie, dit gaan vir my oor absolute verdienste.

Andre ·

Sal graag meer te wete wil kom wat die BLM veldtog se eintlike doelwitte is want as jy lees wat Rhoda Kadalie onlangs gese het van die veldtog in Amerika, dan rys jou hare. Hier het oud krieketspelers en sommige het reeds ‘n geruime tyd gelede uitgetree nou Ngide ondersteun met sy voorneme om die saak te opper wanneer die Proteas weer bymekaarkom.. Sommige bewerings van rasse
diskriminasie en die stelsel is gebroke is egter globale stellings wat meer spesifiek moet wees om agter die kap van die byl te kom. anders bly dit net bespiegelinge en onskuldiges word betrek. Ook die beweringe dat wit mans in beheer is van KSA en die vraag hoe hulle verkies was; is per brief aan die minister van sport gerig met die versoek dat daar daadwerklik opgetree moet word in term van die grondwet van KSA en skuldiges deeglik gestraf word. Is dit nie hier die geval van “don’t overstay your welcome” Dan ook die vraag; hoe sou die BLM beweging byvoorbeeld in Nigerie sy verloop neem

Harry ·

Manne soos Boucher on sy vennote moet maar hulle integriteit behou en wegstap. Hierdie snert gaan hom teen hulle uitwoed. Hierdie patetiese beweging gaan slegs tevrede wees wanneer hulle KSA vernietig het.
Julle manne is kundig. Gaan soek elders julle heil.

'n Simpelman ·

En in res van wêreld word B L M ontmasker as ‘n speelbal vir liberale en niks anders.

Suzette ·

Die storie maak my naar – werklik! All Lives Matter! KSA ook oppad uit – soos alles in SA

Raakvatter ·

Snaak that Ntini die brief geteken het. Ek onthou destyds jare toe hy werklik goed was en aangedring het dat hy NIE ‘n kwota is nie. Ekhet saam gestem. MAAR, to ehy sy form verloor en uitgelaat was, het diebollie behoorlik gespat. Hy het aangedring dat hy in die span MOET wees want hy is ‘n kwota. Weird!!

Dries ·

Ek moet bieg, ek is nie so groot op krieket nie maar het darem ‘n idee van die groot geeste (oud en nuut), en ek het eerlikwaar van baie daardie ondertekenaars nog nooit in my lewe eers gehoor nie.

Rayman ·

Hierdie is nie rassisties nie, maar as blm vir party van daardie spelers so belangrik was hoekom het party van daai spelers wit vroue, soos bv philander, duminy en daar is nog van hulle, dit is seker maar net ñ stupid vraag

Hansie ·

Ngidi is raakgesien deur Sean Carlisle (blank). Carlisle het gesorg dat hy met ‘n beurs by Hilton College (die duurste skool in SA) skoolgaan. Daar is hy afgerig deur Neil Johnsen (blank). Pierre de Bruyn (blank) het hom daar raakgesien en met ‘n beurs by Tukkies laat studeer. Daar is hy afgerig en gementor deur Kruger van Wyk (blank). Lungi Ngidi, ek hoop jy kan eendag hierdie blanke mans in die oe kyk en sê jammer. Hulle het al die deure vir jou oopgemaak, maar volgens jou was daar nog baie gediskrimineer teen jou omdat jy swart is!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.