Die Noordwes-polisie is steeds op soek na agt van die 10 verhoorafwagtende gevangenes, wat twee weke gelede uit aanhouding by die Mogwase-korrektiewe sentrum in Rustenburg ontsnap het.
Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het Vrydag gesê die agt wat steeds soek is, is Oscar Sibiya, Luckymore Mutasa, Mandla Mokoena, Emmanuel Banda Hobe, Chris Sithole, Knowledge Benny Machesa, Alfonso Alfred Mpofu en Cleophus Tapiwa.
Hulle is aangekla van misdade soos moord, roof met verswarende omstandighede, huisroof, poging tot moord, inbraak en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Die sake is onder meer by die polisie op Zeerust, Mooinooi, Hartbeesfontein, Brits en Rustenburg aanhangig gemaak.
“Twee van dié wat ontsnap het, Loyd Munungu en Joseph Mlambo, is op 21 Junie in Koster aangekeer. Hulle het in die Mogwase-landdroshof verskyn op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding. Hulle moet weer op 19 Julie in die hof verskyn,” het Mokgwabone gesê.
Maroela Media het vroeër berig voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn venster in ʼn badkamer gebreek is, waarna die mans na die dak van die gevangenis geklim het. Van daar het hulle bedlakens gebruik om na onder te klim en te ontsnap.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Die storie laat my dink aan die TV Reeks Vyf Ster
Hoe is dit moontlik dat vensters sonder diefwering by n tronk is en waar is die wagte in die torings. Of is hulle almal blind?
Wie glo nog die “ontsnappping” storie. Bog man hulle is vrygelaat teen vergoeding.
Is daar iets soos wettige aanhouding in die land
Sulke geharde misdadigers hoort met voet boeie te loop wat gaan aan met selle inside job