Talle steeds warm onder die kraag oor foto van hond

Die polisie sê hoewel dié foto van die hond misleidend mag wees, kan hulle bevestig dat die hond in die foto nié dood is nie. Foto: Facebook

Die stof oor ʼn foto van ʼn motoris wat ʼn hond aan sy pote vashou en by ʼn motorvenster laat uithang, het steeds nie gaan lê nie.

Maroela Media het vroeër berig dié voorval het hom vroeër vandeesweek op Mohammed Desaiweg in Fairview in Port Elizabeth afgespeel.

Ondanks gerusstelling deur die Animal Welfare Society in Port Elizabeth dat die hond op dié foto springlewendig en gesond is, glo talle sosialemediagebruikers egter steeds dat die hond óf dood óf mishandel is. Dít nadat ʼn tweede foto aan die lig gekom het van die eienaar van die hond wat die dier aan sy agterpote vashou terwyl hy hom oënskynlik in die kattebak van die motor laai.

Talle lesers het Maroela Media genader en wou terstond weet hoe die motoris se weergawe van gebeure dan met dié foto ooreenstem. Verskeie meen dit lyk asof die hond wat in die kattebak gelaai word dood is.

Hannes Stander, bestuurder van die Animal Welfare Society in Port Elizabeth, het Vrydag weereens aan Maroela Media bevestig dat die hond op die foto beslis nie dood of beseer is nie.

“Nadat die voorval onder ons aandag gekom het, was ons al drie keer by die eienaar van die hond se huis. Daar is niks verkeerd nie, die hond is geensins mishandel of verwaarloos nie,” het hy gesê.

Hy is wel bewus van die tweede foto van die hond wat in die kattebak gelaai word en mense warm onder die kraag het. Hy sê die ooggetuie wat die foto geneem het en die eienaar van die hond se weergawes van wat gebeur het, stem ooreen.

“Die hond het weggehardloop van die huis af en die eienaar het die hond gaan soek nadat sy kinders hom ingelig het die hond is weg. Hy het die hond gevind en opgelaai. Terwyl hulle gery het, het die hond by die venster van die motor uitgespring en hy het hom aan sy pote gegryp om te keer dat hy op die teerpad val. Hy het toe stilgehou, uitgeklim en die hond in die kattebak gesit vir die kort entjie huis toe om te verhoed dat die hond weer uitspring,” sê Stander.

Die eerste foto wat ‘n herrie op sosiale media veroorsaak het. (Foto: Facebook)

“Dit mag dalk vergesog klink, maar dit is wat die eienaar van die hond en die ooggetuie aan die polisie gesê het.”

Hy sê beamptes van die Animal Welfare Society het daarna die eienaar van die hond se huis drie keer besoek om doodseker te maak dat geen dieremishandeling plaasvind nie en was heeltemal tevrede met die omgewing en toestande waarin die hond hom bevind. “Maar die mense bly maar kwaad, hoor. Sjoe, hier in die Baai is die mense ontsteld!” sê hy.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê iemand (nie die ooggetuie wat die foto geneem het nie) het ʼn saak van dieremishandeling by die polisie aanhangig gemaak nadat die foto’s op sosiale media versprei is.

Die polisie het die motoris en ooggetuie opgespoor en verklarings by hulle afgeneem. Die saak is daarna na ʼn senior openbare aanklaer verwys vir ʼn beslissing.

Naidu het Vrydag ook aan Maroela Media bevestig dat die hond nié dood is nie. “Die foto is misleidend, maar die hond is nie dood nie. Ons kan dit met sekerheid bevestig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Gansie ·

Hoe kan die persoon hom so netjies aan sy agterpote vang as die hond by die venster wou uitspring. Dit lyk baie verdag.

Richie ·

Hierdie storie maak nie sin… Jammer maar kan nie die weergawe glo nie. Jy moet bitter baie goed wees om jou hond so te vang as hy by venster uitspring en nog bestuur ook….neeeee!!

Ouvrou ·

Ek het 2 reuntjie honde, hulle lyk identies, want hulle is van dieselfde werpsel. Mense sal hulle nie kan onderskei nie. Net die tekstuur van hul pelse verskil. Noudat hulle vir die somer geskeer is sal niemand weet watter hond is wie nie. Wie se die man het nie nog so ‘n hond tuis gehad nie. Ek ruik rot. Nie een van my honde sal so aan hul agterpote gedra kan word nie. In elk geval nie terwyl hulle lewe nie.

maggie ·

ek stem saam, hierdie man is n wreedaard met betreffende die hondjie, hy lieg!!!hy behoort weer na gekyk word, die man behoort nie diere aan te hou nie???

Delia ·

Maar watter mens dra n hond aan sy pote rond. As jy jou hond dra, hou jy hom in jou arms vas.

Ronel ·

Hierdie is dieremishandeling en klaar! Wonder of ons die eienaar ook so aan sy pote kan rondsleep, miskien as die bloed na sy kop toe loop sal hy beter kan dink wat hy aan die arme dier doen!

Delia ·

Watter persoon dra n hond aan sy agterpote. Mens dra so n klein hondjie in jou arms.

Marlize ·

Nou hoekom hou hy nog steeds die hondjie in sy agterpote vas as hy besig is om hom in die kattebak te sit?Jy is veronderstel om die hondjie vas te hou en rustig te hou. Ek hoop regtig dat Animal Welfare Society weer die huis gaan besoek. Die eienaar moet besef alhoewel hy volgens die artikel goed na sy diere kyk, die prentjie ‘n ander storie skep.

Diereliefhebber ·

Wonder net as die hond sò aan sy agterpote vasgehou word om hond in kattebak te sit is DIT nie Dieremishandeling nie … ek meen ons almal weet mos hoe om ‘n hond ordentlik vas te hou en te behandel … ???

Petro ·

Iemand wat lief is en omgee vir sy hond sou hom nie so aan sy agterpote opgedra het nie. Al het hy hom “gevang” toe hy deur die venster gespring het sou hy uitgeklim het en hom liefderlik onder sy pensie opgetel het. Hy het uitgeklim en na die kattebak geloop nog steeds aan die agterpote.

Johan Kruger ·

die man lieg en in sy verklaring aan die polisie het hy verklaar dat hy die hond op die agtersitplek gesit het, duidelik meineed

Skroef ·

Tog snaaks genoeg, wys hulle nie hond by die eienaar se huis, springlewendig en gesond nie. So wie verwag julle, dbv en sapd moet julle glo? Al lewe die hond nog, is die man is duidelik nie bevoeg om n hond aan te hou nie. Dit is waaragtig dieremishandeling.

Molly ·

nou wat is sy verskoning vir die kattebak foto, het die hond deur die kattebak gespring toe vang hy hom? jis die DBV kan klomp nonsense glo!

Richie ·

Hierdie storie maak nie sin… Jammer maar kan nie die weergawe glo nie. Jy moet bitter baie goed wees om jou hond so te vang as hy by venster uitspring en nog bestuur ook….neeeee!!

Piet Pille ·

Nou is dit duidelik hoekom die hond van sy eienaar en sy kinders vlug.
.

WIEBO ·

Dit spreek boekdele dat die hond weggeloop het van die huis af, en toe WEER wou vlug toe sy baas hom in die motor gelaai het. Dit is beslis nie n gelukkige hond nie!!!

Lammarié ·

Ek glo dit nie dat hy die hond gered het nie, so iets gebeur nie as jy ‘n hond red nie.

Johanna ·

Verskriklik!!!. Wie glo die polisie? Nie ek nie. Wie laai in elk geval sy hond in die warm bagasiebak. Onmenslik!!!

Poppie ·

Boel storie. Natuurlik sal die polisie hom beskerm. Daardie hond is dood. Ek hoop net nie hy het gely voor sy dood nie. Maar hy is beter af nou in die hondehemel as die hel waardeur hy reeds is op aarde. Hoop die ander hond(e) word weggevat van die eienaar. Hy hoort nie ‘n dier te hê nie. Wat jy doen, kom tienvoudig terug na jou toe. Wees goed en jy kry dit 10 keer beter terug. Wees sleg, en jy gaan dit 10 keer erger ontvang. Hoop die dieremishandelaar van n ou lees my post….. Wou nog goed tik, maar dan sit ek met my alie vanaand in die tronk.

belinda ·

DOEN DIESELFDE AAN DIE GEMORS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

E.K. die eerste - ek LIEF diere ·

Sonder om lelik te wees HOOP ek eintlik daai arme brakkie is dood want dit klink of hy net ‘n baie erg lewe ly. Vergewe my dat ek dit skryf maar mens weet nei wat al alles met hom/haar geberu het en nog GAAN gebeur nie. Ons het sowat 3 mde gelede ‘n skuiling hondjie aangeneem en osn sukkel nog dat sy verstaan dat ‘n hand of voet nie daar is vir slaan en/of skop maar vi rliefde gee, krap, vryf en so. Sy is steeds baei bang vir my man en laat hom NOU eers effens toe om haar te streel. Sy is ook uit ‘n township gered en kry net die beste en tonne liefde by ons. Maar sy het nog nie 100% vertroue in ons alhoewel sy my al klaar verafgood. So vergewe my my opmerking ek is mal oor diere maar as ek dink wat ‘n dier moet deurgaan en daar is nie “bewyse” van mishandeling dan is dit dalk beter dat hy/sy dood is. Want mishandeling is nie altyd sigbaar nie.

Woedend ·

Wel as hy soveel omgegee het vir daai hondjie dan sou hy hom op n beter manier opgetel het, en ek dink die Polisie en Animal Welfare moet ophou om hom te verdedig en verder ondersoek instel want dit lyk of hulle hom beskerm. En ja wys vir ons n foto sodat ons kan sien die hond lewe.

Johanna ·

Ek dink daai hondtjie probeer ontsnap. DUIDELIK is WREDE eienaar!!!!!!!!!!!!!!!!!!

marous ·

DBV , as dit ‘n wit man was het julle gegil . Dis die waarheid .

Elize C ·

Dalk het die eienaar 2 eenderse hondjies gehad, die enetjie het uit die erf gekom (die enetjie van die foto’s) en die ander ene is nog springlewendig by die huis – die ene wie die polisie en DBV sien as hulle by sy huis kom……. Dit is nie te sê diere wat oënskynlik gevoed lyk en in ‘n “normale” omgewing bly, word nie rondgeskop as hulle per ongeluk onder voete beland, of aan hulle pote opgetel en buite by die deur uitgegooi as hulle dalk in die huis gemors of omgekrap het nie……

bren ·

die fotos is skokkend!! en KAF man die is niks anders as mishandeling nie!!

Oud Rhodie ·

Asseblief. Al die vensters is dan toe, behalwe die bestuurder se venster en dit is BAIE onwaarskynlik dat die hondjie oor sy skoot uitgespring het en hy hom so aan sy agterpote gevang het. Elize C – ek dink jy is 100 % reg.

Woedend ·

NEE Mnr. Hannes Stander, die hond is meskien nie dood of beseer MAAR, hy is beslis getraumatiseerd!!! Die tipe behandeling is onaanvaarbaar en pateties en siek verby om ‘n onskuldige hond so te behandel. Wat gaan aan met die eienaar?? Sal hy daarvan hou om so aan sy bene gegryp te word en in geboender te word in ‘n kattebak?? God dank ek het nie op hom af gekom nie, anders sou hy so bietjie van sy eie meds proe!!!

Agtoggie ·

Get a life… Histeries oor ‘n lewendige hond terwyl die wêreld daar buite brand….

Rooi ·

Ek stem hoekom bekommer julle nie oor die land se crimes nie. Foto’s kan netso misleidend wees. Ek het 120km gery om ‘n motor te gaan koop wat geadverteer was. Die foto’s het gewys die motor in mint condition. Toe ek kar wou test drive toe kon die ding nie eens aan die gang kom nie. Dis hoe foto’s jo mislei

wielie ·

Kan Julle so bohaai opskop oor die plaasmoorde en ou mense wat vermoor word nie??? In die berig is gese die hond is spring lewendig en gesond ……………… los nou die honde eienaar Konsentreer op REGTE MISDAAD in die land.

rose. ·

Wielie ek stem saam. Ek is self ‘n diere mens my honde is my als maar soos die mense nou aangaan sal jy se ‘n kind is vermoor.

Mel ·

Die sogenaamde animal walfare society…lyk my nie jy is aan die dier se kant nie… as jy die hond vashou deur jou venster en jy stop, klim uit gaan jy die hond mos in ander posisie vashou.. jy is aspris hoe jy die hond vashou..jy het hom weer so gevat

Woedend ·

Agtoggie… get a life!! nee nie histeries oor n hond nie net besorg deur dat dit n dier is wat homself nie kan verdedig nie. Terwyl die wêreld daar buite brand, is elke een van ons op ons knee en bid vir reën.

Carina ·

Hoekom hou hy in die foto nog steeds die hond aan die agterbeen vas? As hy enigsins iets vir die hond gevoel het, sou hy hom ordentlik opgetel en in die kar gesit het. En hoekom die hondjie in die kattebak tel (as hy nie reeds dood is nie?) Nonsens, ek glo nie ‘n woord wat hy sê dat die hond wou uitspring nie. Ek dink hy wou die hond by die venster uitgooi maar toe sien iemand hom en hy dink ‘n verskoning uit. Vat sy diere weg – dadelik!! Daardie arme hondjie word definitief mishandel en hy is erg getraumatiseerd. Die arme dingetjie het seker regtig weggehol om weg te kom van die mense.

Amanda ·

Ek het ook sulke hondjies – maltees/shi-tzu kruis, hulle is baie kalm en nie waaghalsig nie. Myne sal nooit by ‘n karvenster probeer uispring nie. Dis nie jack russels die nie. Dis duidelik diermishandeling en hy vertel een groot massiewe leun en kom daarmee weg. Mense wat so met diere werk behoort GEEN diere toegelaat word nie. Daardie hondjie lyk vir my maar vuil en verwaarloos. En beide sy heupe is seker nou ontwrig…

Judge Dredd ·

As die kommentators maar net so vloermoere wou gooi oor elke mens wat doodgemaak/verkrag word, dan sou die land ook al beter wees.

Amanda ·

Ons doen Judge, ons doen maar soos in die geval – lyk dit vir jou asof dit help???

Nix ·

Is die die eeste artikel of kommentaar wat jy lees Judge Dredd of lees jy gereeld MM?

My mening ·

Geen wonder die arme hond probeer wegkom nie! As dit is hoe hy die dingetjie dra, is dit ‘n redelik goeie aanduiding hoe die arme hond behandel word. Ek kon nog nooit verstaan hoekom mense diere wil aanhou en hulle dan so behandel nie.

Sonster ·

Kan nie glo hul los die hond by hom.
Eers kammig gevang toe wou uitspring en sommige mense dit nog geglo, maar hoekom dan aanhou so dra.
Sidder om te dink watter lewe die hond regtig het, natuurlik gaan hy nou voorgee omdat weer oe op hom,maar daardie fotos is bewys genoeg.

Anneli Smit ·

Arme arme diere……………….
Die manier wat die man die hondjie vashou sê als.
DBV is net bang om teen hom op te tree- dan sal hulle teen baie ander ook moet optree,

Judge Dredd ·

Op die eerste foto kan die tralie-muur gesien word met die hoek nie te ver voorentoe.
Op die tweede foto is die tralie muur nogsteeds in sig. En die persoon wat die foto geneem het is nogsteeds agter voertuig.

So die drywer het amper onmiddelik gestop en die oogetuie het nooit die voertuig gestop soos beweer in eerste artikel. Natuurlik kom dit nou uit dat dit nie eers die oogetuie is wat die klag gele het.

So kan die kommentare wat so vinnig die man veroordeel het, nou maar ‘n Chill-Pill drink en erken hulle het ‘n fout begaan.

Emma ·

Vat die man se hond en gee vir iemand wat sal kyk na hom. Haat dit om sulke goed te sien hy moet nie diere aan hou nie. Syraf hom asb

Judge Dredd ·

@ Nix en Amanda ja ek lees al lankal MM – en nee – daar is definitief minder emosie te bespeur onder kommentare as mense doodgemaak/verkrag word.

Teresa ·

Volgens my is daar geen rede op aarde om ‘n hond so aan sy agterbene was te hou nie al laai jy hom in die kar. Dalk moet die Animal Welfare die eienaar leer hoe om ‘n lyband te gebruik.

Riana ·

Nou hoekom wil die hond weghardloop van die huis af! Hierdie man het geen dierwaardigheid nie! Die arme hond! Elke hond kry sy dag en ‘n brak ‘n naweek… wag maar ons sal seker nie daaevan hoor nie.. maar hierdie ou gaan boet!

Katerina ·

Mens kry honde wat weghardloop om geen rede. Nie om verskoning te maak vir die man in die storie nie! Maar ons het n Husky gehad wat gereeld weg geloop het,ons moes hom later weg gee vir iemand met meer goeie hoe heinings as wat ons kan bekostig. En daardie Husky was baie goed behandel en geliefd deur ons.

Ouvrou ·

Ek het 2 reuntjie honde, hulle lyk identies, want hulle is van dieselfde werpsel. Mense sal hulle nie kan onderskei nie. Net die tekstuur van hul pelse verskil. Noudat hulle vir die somer geskeer is sal niemand weet watter hond is wie nie. Wie se die man het nie nog so ‘n hond tuis gehad nie. Ek ruik rot. Nie een van my honde sal so aan hul agterpote gedra kan word nie. In elk geval nie terwyl hulle lewe nie.

Zelda ·

Jis vra my broer jack hy lieg nes ek. Waar kom die ooggetuie vandaan ? As dit nie die 1 is wat die foto geneem het nie.
Hoekom die hond in kattebak sit. Hoekom nie in kar voor nie. HOEKOM nie dan net jou venster klein oop draai sodat hond nie kan uit spring nie.
Nee ek glo nie n woord nie. Miskien is daar nog so hond op hulle erf. Maar dis NIE die 1 in foto nie

Gert ·

Iets groot is verkeerd. Die ou LIEG. Hoop iemand hang die ou aan sy agterpote op soos hy met die arme Maltees gedoen het. Hierdie ou MOET BOET – 5JAAR TRONK TOE sonder parool en sonder besoekers.

kallie ·

Die man hou die hond nie reg vas nie,glad nie liefdevol nie! Mens hou nie ‘n dier waarvoor jy omgee so vas nie! Daar is fout daar,hoekom lê die hondje so roerloos? Hy is vuil en verwaarloos.DBV vertrou julle regtig die eienaar? My gut sê honderduisend maal nee!

Janet ·

Wie probeer julle nou “bluff”. Is dit hoe ons n diertjie dra van nou af. Ja net in Suid Afrika. Daai hond is mishandel!!!!! Verdomp

Piet ·

Ramabende se hofnarre sal hom verdedig en onskuldig bevind.

Martie Müller ·

Ek stem saam. Wys ons ‘n video. Die hond by daai kar en eienaar. Iemand beskerm die man.

Griet ·

Hierdie hondjie sal beter af wees dood. Enige ordentlike opgevoede mens ongeag kleur, behandel nie n dier so nie.

Bea ·

Geen liefdevolle honde eienaar behandel sy “kind” so nie. Ek hoop rerig die poedel en ander hond word weg gevat en die persoon mag NOOIT weer enige diere aanhou nie!

Anoniem ·

Ag rerig seker van n blinde kan aanvoel di man lieg. Hy skiet ni spek ni maar net di hele vark. As hy dink ons moet glo wat hy se het hy dit mis arme hond

Hannelie ·

Ek kan net nie verstaan hoekom hy nog die hond aan sy poot vashou toe hy hom in die boot van die kar gesit het?? Die stories klink nie vir my lekker nie, hy kon toe hy na die boot van die kar geloop het die hondjie ordentlik vasgehou het.

Hetieen ·

Mens doen dit eenvoudig NIE met enige dier nie!!! Wat as iemand sy kind vat en so uit die venster hang?? Presies dieselfde konsep…dit is walglik en die ou moet ñ les geleer word!

margaret ·

Wreed! Wreed!Neem die hondjies by hom Mnr Stander hoe kan jy se julle staan terug sodat polisie hulle werk kan doen! Dis dieremishandeling!

Leanne ·

Kom ons kyk net vir ‘n oomblik verby die aaklige manier hoe hy daai hondjie aan sy voetjies vashou… en dan sê julle my hoekom hy die hondjie in die kattebak sit!? Kan hy nie sy vensters opdraai nie?

Charlotta ·

Daai arme hond lyk dood. Daar gaan seker niks van kom nie, hoekom………..dink maar.

Name and shame ·

Name him and shame him! Dis erg genoeg wat ons op fotos gesien het. Daai arme diertjie verdien dat ons hierdie dieremishandelaar se naam en alles kan weet. Hoe kan diere in sy sorg gelos word! Julle faal die mense, julle faal die kinders en julle faal die diere! G’n wonder mense vat die reg in eie hande nie. Wie is hierdie mishandelaar se bure, kom uit en gee die waarheid !!

Linda van Zyl ·

Ek stem 100% saam, sê wie hy is!! Enige mens kan sien daai hond is dood!

Elsa ·

Elize C – Ek het ook gister al begin wonder of daardie eienaar nie twee hondjies gehad het wat eenders lyk nie. Ek sou ook nie ‘n hondjie aan sy agterpote gedra het nie en hom in my arms vasgehou het.

Judge Dredd ·

Dis nou ‘n man wat weet hoe om ‘n hond te vang – aan die agterpote – geen wegkom kans vir ou brakkie nie.

Hannatjie ·

As die vensters toe was en die lugreeling aan sou die hondjie nie kon uitspring nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.