Talle sterf in KZN-ongeluk

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Minstens sewe persone is Dinsdagoggend dood op die R34 tussen Vryheid en Ulundi in KwaZulu-Natal.

Die provinsiale paramedici het gesê sewe persone het noodlottige beserings opgedoen in die ongeluk tussen ʼn motor en ʼn bakkie. “Ses pasiënte is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, op Twitter bevestig.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie in Vryheid ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie stel verder ondersoek in.

Maroela Media verneem nog twee persone het intussen ook aan hul beserings beswyk, maar dit is nog nie amptelik bevestig nie.

Twee kinders, onderskeidelik drie en vyf jaar oud, is bewering ook onder die sterfgevalle.

Volgens ʼn voorlopige ondersoek het die bestuurder van ʼn Mazda 3 glo versuim om by ʼn stopstraat stil te hou en het ʼn Ford Ranger reg van voor getref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tanja

Dit is die norm deesdae. My werk is van so ń aard dat ek heeldag moet rond ry, en ek sien dit al hoe meer en meer, dis nie net meer die Taxis wat maak soos hulle wil en absoluut geen pad reëls of wette gehoorsaam nie, maar ook die ander pad gebruikers. ń Man het hom vir my so vererg omdat ek gestop het by ń STOP straat dat hy amper sy kar gerol het om by my verby te jaag omdat ek hom agter my op gehou het, party mense gee darem so bietjie TOE, maar meeste ry… Lees meer »

Hennie

Spoed, drank, rybewys- kies maar een of meer…