Talle sterf in ongeluk op Ou Kaapse Weg

Foto verskaf deur ER24

Ou Kaapse Weg in Steenberg in die suide van Kaapstad sal Saterdagoggend tot minstens 10:00 gesluit wees ná ʼn ongeluk wat minstens nege persone se lewens geëis het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 02:00 na die toneel ontbied waar nege mans noodlottige beserings opgedoen het. Hulle is op die toneel dood verklaar. “Drie ander mans het ernstige beserings opgedoen en 11 het geringe tot matige beserings opgedoen.”

Verskeie nooddienste het op die oproep reageer en ER24 bygestaan om die pasiënte na nabygeleë hospitale te neem.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie. Owerhede stel ondersoek in.

Volgens Kenny Africa, verkeershoof in die Wes-Kaap, het die bestuurder van ʼn konstruksievoertuig beheer verloor oor die voertuig. Volgens hom het 23 persone in die bakkie gery. “Die bestuurder het ná die ongeluk weggehardloop. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.”

*JONGSTE: ‘n Tiende persoon het intussen in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Boy van die Suburbs ·

Volgens ‘n nuusberig op RSG was daar 23 mense in die bakkie!! G’n wonder gravity het ingeskop nie…….

Gerrit Janse van Rensburg ·

Nog ‘n geval waar mense agter op ‘n voertuig vervoer word! Geen beskerming in geval van ‘n ongeluk nie! En ons regering is ernstig oor padveiligheid! Regtig??

Ig ·

Was seker n halfton bakkie, kan nie meer as 23 insittendes dra nie.

Mieke ·

Poppie, dit lyk inderdaad verdag, maar kan seker ook ambulanse sr rooi dakligte wees (vermoed ek…..)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.