Talle sterf, meer as 1000 reeds vas vir geweld

‘n Vrou glimlag terwyl sy weghardloop van ‘n polisielid wat plunderaars in Katlehong probeer verjaag. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur (NatJoints) het bevestig dat altesame 1 234 mense in verband met gewelddadige onluste en plundery die afgelope paar dae in KwaZulu-Natal en Gauteng in hegtenis geneem is. Die plundertogte het nou reeds 72 lewens geëis.

Volgens kol. Brenda Muridili, NatJoints se woordvoerder, is daar ’n verhoogde polisieteenwoordigheid in veral gebiede wat deur geweld geteister word sedert die weermag ontplooi is en operasionele wetstoepassingspersoneel van verlof en rusdae teruggeroep is.

Sy sê voorts dat grootskaalse geweld wat sedert die naweek in dié provinsies ontvou het, nog nie na ander provinsies oorgespoel het nie.

Enkele gevalle van plundery en geweld is egter in Mpumalanga en die Noord-Kaap aangemeld, maar is volgens Muridili vinnig onder beheer gebring.

“Een persoon is in hegtenis geneem in verband met plundering en beskadiging van eiendom in Matsulu in Mpumalanga. Twee voorvalle is ook in die Galeshewe-informele nedersetting naby Kimberley aangemeld waar nóg ’n persoon in hegtenis geneem is.”

Muridili sê polisie in dié provinsies patrolleer deurlopend geïdentifiseerde gebiede wat moontlik geteiken kan word in ’n poging om moontlike opportunistiese kriminele aktiwiteite af te weer.

“Provinsiale polisiehoofde het intussen ook die polisie se sosiale misdaadvoorkomingstrategie geaktiveer en in gesprek getree met verskeie belanghebbendes in die gemeenskap, onder wie tradisionele leiers en die sakegemeenskap, om huidige operasionele planne te verskerp.”

Volgens Muridili word 27 sake tans in KwaZulu-Natal ondersoek, waarvan 14 moord- en 13 geregtelike doodsondersoeke is. In Gauteng word 19 moordsake ondersoek en is daar 26 geregtelike doodsondersoeke.

“Die meerderheid van die geregtelike doodsondersoeke hou verband met stormlope wat tydens die plundering van winkels en winkelsentrums plaasgevind het, terwyl ander sterftes en beserings met OTM-ontploffings en skietery verband hou.”

Die polisie, weermag en NatJoints het die aanvalle op wetstoepassingsbeamptes veroordeel wat onder meer tot die dood van Meshack Mahlangu (50), verbonde aan die EMPD, gelei het. Sewe ander wetstoepassingsbeamptes word tans in die hospitaal behandel.

Twee reservis-konstabels is intussen in Soweto aangekeer in verband met die besit van eiendom wat glo tydens plundery gesteel is. Hulle was ten tyde van die voorval aan diens.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Samuel ·

Dit is goeie nuus dat misdadigers aangekeer is, maar hoelank sal dit duur totdat suksesvolle vervolging ingestel word? Jammer om te lees van reservis konstabels wat blykbaar ook by misdadigheid betrokke was.

Marius Gerhardus ·

Nie jammer van reserviste nie…. Ons weet mos hulle is korrup.

Kokerboom ·

Die chaos/plundery kon verhoed wees as NI , Polisie , weermag en Kabinet gebeurlikheidsplanne in plek gehad het en pro aktief opgetree het!!!Die privaatsektor dws die wat skade gely het moet ‘n massiew klasaksie teen regering met dringendheid instel. Iemand moet aanspreeklikheid aanvaar en dis die ANC

Mariana ·

Arrestasies goed, maar daar is nog duisende wat amok maak. Die aanhitsers moet ook aangekeer word. Dit is hulle wat die spul aan die gang hou.

Anna-marie ·

Die gearresteerdes gaan maar net weer vrygelaat word as die stof gaan sak het.

gehasie ·

ANC mededaders en medeplig … intelligensie was beskikbaar …. bloot net onbeholpe kom erg onder verdenking.

Spyker ·

As inligting beskikbaar was dan moet daar ondersoek gedoen word hoekom nie opgetree is nie. Maar ons tree mos nie op teen ons “Comrades” en “Brothers” nie!

koos10 ·

Die hele CI is deur jare afgebreek, die grootste gedeelte juis onder Zuma de bewind! Kyk bietjie hoeveel CI hoog geplaastes is in die tronk, of oppad soontoe.

Sambok ·

Daar is n slang in die gras-die rooipette is te stil na my sin-undercover?

Delene ·

Stille waters, diepe grond
Onder draai/dans die duiwel rond!

melaney ·

Hierdie land sal alleen regkom as ons onsself regeer. Nie ‘n dag voor dit nie!!

Andre ·

Mense wat nou nog dink die land kan verbeter weet nie van die ulacongress.com nie, of glo nog politici gaan iets regkry.

Keith ·

More people need to get to know about ULA/VVA (Verenigde Vryheids Alliansie) so that the ball can start rolling.

Anel ·

Net jammer hulle het die grense verklein. Almal hou nie van die Kaap nie. Die nie ‘n lekker provinsie om in te bly nie. En hulle is maar skaam om Afrikaans te praat.

Andre ·

Die ander deel word steeds deel, maar word afsonderlik bestuur. Op die geselsgroep is baie Afrikaans, maar alle minderhede word verteenwoordig. Afrikaans is een van die minderhede.

melaney ·

Jy KAN NIE met die duiwel om ‘n tafel onderhandel nie, al sê mense jy kan. Jy gaan SLEG daarvan afkom. Dit is tyd vir ‘n kopskyf en vinnig ook.

Skuilnaam ·

“…intelligensiestruktuur …”
Intelligensie, nê? DIS nou ‘n ding waaraan daar ‘n GROOT tekort is.

JM ·

Uiteindelik sal apartheid weer die skuld kry vir al hierdie chaos, verwoesting, brandstigting, boewery, diefstal, noem maar op, want die boewe is “arm en honger.”

Celib ·

Helfte van die wat so plunder en breek, is die “rooipette”, maar terwyl alle oë op die ANC is, gebruik hulle die geleentheid om saam te plunder onder die ANC se naam.

Eragrostis ·

Hierdie is nou die harde werklikheid van presiese die teenoorgestelde van apartheid waaroor daar reeds in die apartheidsjare deur die konserwatief gesinde partye (KP, HNP ens.) gewaarsku is as die swart volkere gaan regeer. Die oomblik van waarheid het aangebreek.

Marius ·

Mense word aangekla vir geweld , regtig ? Dit is diefstal / verraad / terrorisme . Die mense verwoes die
die land se ekonomie en infrastruktuur op groot skaal .

Delilah ·

Ek hoor op die radio in soweto is daar geen polisie of army insig nie toe besluit die gewone citizens hulle trek ‘n konvooi om die mall’s sodat dit nie verder vernietig gaan word nie.

Anel ·

Ek sien in Eldoradepark ook. Die inwoners maak self voorsieng en beskerm hul sentrums. Hoekom kon die polisie nie? Maar die weermag ontplooi 76 000 mense om mense wat nie masker dra nie te arresteer verlede jaar maar hulle kan skaar 3000 bymekaar kry om plunderaars te keer. Wat gaan hulle in waarlikeoorlogsituasie doen? Van ‘n gevreesde weermag tot ‘n bangbroek, pateties gemors in 27 jaar. Die polisie van een van die bestes in die wêreld tot die mees korupte in 27 jaar. En hulle plunder net so lekker saam. Red nou ‘n land met die. En Ramaposa wonder hoe gaan hy sy biljoene beskerm. Plek die hof dit alles verbeurt verklasr en die mense wat alles verloor het kompenseer. En dit is nou almal, van April verlede jaar. So ook verklaar Nkandla verbeurt aan die staat. Staak die onderhoud aan al die zuma vrouens en kinders. Laat hulle in die suikerrietplantasies gaan werk. Laar ek verder stilbly.

Wanda ·

Rbaai ook en Empangeni by twee spars wnt ons mall in Empangeni is heeltemal geplunder.Game weg,pick n pay,checkers,alles

Adam Adriaan ·

Die gepeupel en plundelaars het nie gedink dat hulle optrede met ‘n prys gaan kom nie. Die partytjie was en is regtig rof. Talle het gesterf in die gulsigheid en talle gaan nog sterf as hulle nie tot hul sinne kom nie. Dink nie bietjie stroomaf, van wat in die toekoms gaan gebeur en waar die geld vandaan gaan kom om hulle mae en gulsugheid in die toekoms te gaan bevredig nie. Dit is hoe Afrika is.’n Gebrek aan insig en oordeelsvermoë Die grootste drom gee die pas aan, al is dit hoe vals

Stephanus ·

As daar iemand is wat inhegtenis geneem moet word, is dit Cele. Hy het misrabelik gefaal in sy plig om stabiliteit te verseker, veral as mens aanvaar dat dit die waarheid is dat inligting beskikbaar was. Volgens die beeldmateriaal wat versprei word, is die teenwoordigheid van die SAPS en SANW sigbaar afwesig ten tye van die stropery en die enkeles wat na die stropery op die toneel verskyn, het ook maar n trae poging aangewend om verdere diefstal te voorkom. Wonder hoeveel van die moordsake wat ondersoek word, is teen diegene wat hul eiendom teen die gespuis probeer beskerm het.

melaney ·

Hy lê op die naat van sy rug en luister maar oor die radio.

Willem ·

Al word almal in hegtenis geneem , dit dien geen doel ! . Dit los nie die probleem op nie.. Die geplunder duur voort.. het die polisie en weermag vergeet van traangas en bokhael. Dit het 2 dae geneem om die weermag te ontplooi.. en nou weet hulle nie wat om te doen nie. . Hulle kan nie die geplunder stop nie !. het ons nog n polisiemag en n weermag !? ????????????

Pappa Beer ·

My vraag bly steeds, waar is die brawe uitgesproke kalante van “guns-free S.A.”? As dit nie is vir landsburgers wat hulleself en hulle gemeenskappe beskerm nie, sou die terrorisme baie meer en erger gevolge gehad het. Dis duidelik dat niemand op die sapd of die weermag kan staat maak vir beskerming en verdediging nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.