Talle strate gesluit vir Tweede Nuwejaarsvieringe

Foto: ANA

Foto: ANA

Duisende Kapenaars en vakansiegangers het Maandag in die middestad bymekaargekom vir die Tweede Nuwejaarsdagvieringe.

Die klank van dromme, trompette en ander musiekinstrumente het deur die strate van die Moederstad weergalm, terwyl verskeie klopse-groepe in die strate paradeer het. Troepe was in kleurvolle uitrustings te sien met geverfde gesigte en het hul danspassies in die hitte van die dag uitgevoer.

Daar was vroeër kommer oor of die vieringe sou voortgaan, weens ʼn dispuut oor wie die geleentheid sou aanbied. Die Stad Kaapstad het die Kaapse Klopse Karnavalvereniging die regte sowel as R1,8 miljoen se befondsing gegee om die geleentheid aan te bied. Die Cape Town Minstrel Carnival Association, die vorige organiseerders, is egter ongelukkig hieroor en beplan hul eie optog.

Tweede Nuwejaar sal van 10:00 tot 23:30 gevier word en verskeie strate is gesluit vir die vieringe. Kyk hier watter strate gesluit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.