Talle toetsbeamptes vas oor verkoop van lisensies

lisensie

Argieffoto.

Tien mense sal vandag in ’n hof in Limpopo verskyn nadat hulle na bewering bestuurslisensies verkoop het.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring die verdagtes is Donderdag tydens ’n klopjag op toetsstasies in Malamulele en Mutale in hegtenis geneem.

Dit volg te midde van ’n ondersoek deur die Valke in samewerking met die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) in ’n poging om korrupte bedrywighede by toetsstasies in dié provinsie hok te slaan.

Die ondersoek het onthul dat bestuurslisensies vir minstens R8 600 stuk verkoop is.

Die verdagtes sluit ’n senior lisensiebeampte, drie eksaminators, twee klerke, ’n kassier, ’n instrukteur, ’n algemene werker en ’n middelman in. Dié verdagtes sal onderskeidelik in die landdroshowe in Malamulele en Mutale verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

m ·

Ja, kla hulle sommer aan van man-slag waar mense dood is agv. ongelukke wat veroorsaak is deur hul kanidate!!

Wonder ·

En die mense wat gekoop het?
Ek vra net wat gaan met hulle gebeur?

Asjas ·

Wat maak jy as hulle jou “fail” net omdat jy wit is of omdat hulle meer kan maak uit lesensies verkoop?
If you can’t fight them …

Sannie Smit ·

Die valke moet tog in Stilfontein ook kom ondersoek instel. My man is hulle taal magtig en terwyl hy gesit en wag het vir sy beurt vir oogtoets het iemand ingekom, geld aan die beampte gegee en my man hulle gesprek gevolg wat die koop van lisensie bespreek het

Suzette Geringer ·

Die verdagtes is in hegtenis geneem – wat gaan nou met hulle gebeur? In hierdie land glo ek nie hulle sal verantwoordelik gehou word nie. Die ouens wat die koopwerk gedoen het moet ook in hegtenis geneem word en hulle gekoopte lisensies gekonfiskeer word.

Ekke ·

Die hoof rede vir die hoe ongeluksyfer op ons paaie!!!!!!!!!!!!

Speedguard ·

Doen ‘n lewensstyl oudit op almal en sal jy verbaas wees !!

Showahed ·

Reg oor SA gebeur dit…. tyd dat alle dorpe ondersoek word.

Neels ·

Limpopo is net die oortjies van die seekoei. Die valke moet in Kroonstad gaan toeslaan . Daar word lisensie af betaal en sodra finale bedrag betaal is word dit petsoonlik by die persoon se huis afgelewer. Bestuurs skole qerk saam . Weet van n persoon wat so lisnsie het , wat nie eers weet hoe erk n soerstreep en n toegee teken nie

Von ·

Dit is is al praktyk en nie eers meer die uitsondering nie…..sies

Kobus ·

Duidelik dat die stelsel nie werk nie. Hoekom moet o s nog elke 5 jr lisensies hernu?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.