Talle uitgeteerde perde by weermagbasis uitgesit

Foto: NDBV

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Maandag gesê hy sal strafregtelike aanklagte aanhangig maak teen die mense wat verantwoordelik was vir die uithongering van talle perde by ʼn weermagbasis in Potchefstroom in Noordwes.

Dié perde is aangetref op ʼn perseel van die weermag se eenheid wat die land se grense patrolleer. Volgens die NDBV was die perde só uitgehonger dat hulle grond en hul eie ontlasting begin eet het.

Die uitgeteerde perde is verlede maand by die weermag se spesialis-infanterie-eenheid (SAASIC) aangetref. Die diere is glo aangeskaf om met grenspatrollies te help.

Volgens die NDBV het hulle in 2016 ʼn formele memorandum van verstandhouding met die Suid-Afrikaanse Weermag onderteken oor die versorging van die perde, maar het die weermag “voortdurend van die ooreenkoms afgewyk”.

Die vereniging sê in ʼn verklaring 25 van die perde was só uitgehonger en verswak dat hulle van kant gemaak moes word om te voorkom dat hulle verder ly. “Daar was geen kos vir die hooftrop nie en die perde het net geen ander keuse gehad as om grond en hul eie ontlasting te eet nie,” lui die verklaring.

Altesaam 169 perde word steeds op die perseel aangehou.

“Kos is eers aan die perde voorsien nadat die NDBV die weermageenheid gedwing het om onmiddellike stappe te doen om genoegsame kos aan die diere te voorsien weens prosesbeperkings.”

Luidens die verklaring het verdere ondersoek aan die lig gebring dat van die perde reeds voor die NDBV se ingryping deur die Militêre Veeartsenykundige Instituut (MVI) van kant gemaak is omdat hulle in so swak toestand was weens die voortdurende verwaarlosing.

“Die weermag se versuim om gepaste gekwalifiseerde personeel of voldoende fasiliteite te verskaf, tesame met ʼn onvoldoende infrastruktuur wat die diere in hulle sorg gefaal het, het gelei tot die totale aftakeling van die welstand van die perde,” het die vereniging gesê.

Die weermag kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Die NDBV het gesê hy sal die perseel voortdurend besoek om seker te maak dat daar behoorlik na die oorblywende perde omgesien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Anoniem ·

Behoort Julle koppe in skaamte te laat SAK ! Wat ‘n skande ! Arme diere !!!!!!

Liamari ·

Wat ‘n skreiende skande! Dis hoe dit lyk as mense oorneem wat nie ‘n dooie duit omgee behalwe hulle volgende paycheck nie. Dis hoe Afrika lyk.

Estelle ·

35 jaar gelede was dit van die mooiste goedversorgde diere om te aanskou. Die mense wat verantwoordelik was vir hulle versorging en dieet en opleiding was van die beste gehalte en was goed opgelei en het geen vorige kriminele rekord gehad nie. Maar ongelukkig het ons land haar standaarde so effens verlaag dus lei mens én dier onder daardie fenominale klein foutjie ? Cry the beloved country ? enjoy the gravy train while there is one ?

Cherokee ·

Transformasie is waarop aangedring word. Mag die witman nooit transformeer om so sleg te word nie.

Elvira Bothma ·

Wat n skande. Arme diere. Hoop hulle word aangekla want dit is niks minder as laksheid nie. Hierdie land is binne in die toilet. Trek net die ketting dans als verby.

Hennie ·

Absoluut pateties!! Ons het daardie perde tydens die grensoorlog gebruik en dit was super diere. Jammer ons land het die laagste kwaliteit uitgesoek om die weermag perde te versorg, mense wie regtig geen vermoe het om waarde toe te voeg nie.

Emma ·

Wat n tragedie,arme perde mense gee niks om oor diere nie. Ons as mense moet diere beskerm mense gee nie eers vir mekaar om nie wat nog te se diere. Skande!!#

Renee ·

Dit is skande. My man hulle het hoeveel perde uit hulle eie sakke gered en gesond gemaak. Hoe kan hulle wat geld het…NIKS doen nie. Dit is n skande

Bossie ·

Duisend maal NEE!!!!!! Ek is woedend! Dieselfde mense moet ons en ons land beskerm? Pateties! Gaan kyk net hoe lyk die weermag in Potch se woongebied. Skande, skande, skande! Sulke mense het nie die reg om op enige iets aanspraak te maak nie. Sal beter vaar om heeldag in die son te sit. My hart is stukkend vir hierdie diere. Dankie vir die enkele Weermaglede wat wel nog omgee.

Johann ·

Maar laat een van die dikgat weermaglede n DAG sonder kos of water gaan? GEEN RESPEK VIR. DIE BEGINSEL VAN LEWE NIE! Barbaars verby.

Ricki Teichert ·

Wat n skande, dis hoe weermag ook lyk. Ek sal nooit verstaan hoe sleg moet n mens wees om diere nie kos te gee nie

Gestremde ·

Alles gaan “wonderlik” in die land. Verkondig dit asseblief aan die wêreld. Sus…dit is rerig om voor skaam te kry. Kan nog my kop op ‘n blok sit dat die perde ten duurste aangekoop was en dit maar net nog ‘n tenderpreneur se nalatenskap is.

foxi ·

Goeie hemel, hoe wreed…..so wreed! Na 1994 het alles begin verval. Mens en dier se lewensgehalte het van so n aard van agterstand geword dat dit jare sal neem om weer op dreef te kom. Het nie meer woorde nie.??

Siek en sat ·

Gaan ry deur ThabaTswane (Voortrekkerhoogte) dan val jou mond oop. Daai gebied was altyd so pragtig versorg en die tuine te mooi. NOU ….?????? Uhg jy wil naar word.

Siek en sat ·

Hou op droom. Die land sal nooit weer op dreef kom nie. Hulle wil dit soos die res van Afrika boontoe he. Dan is almal happy want dan is almal gelyk.

Antionette Malan ·

Wat n vieslike skande. Hierdie eenheid het geen gewete nie. As hulle nie eers na hul diere kam omsien nie, hoe gaan hulle na hul inwoners kyk? Daar is net nie n einde aan al d dieremishandeling nie.

Wessel ·

Sulke dinge maak my WOEDEND!! ‘n Dier en ‘n kind mag nie honger ly nie. Hulle moet daardie toesighouers in die stalle toesluit sonder kosen water vir ‘n paar maande dat hulle kan voel hoe dit is om honger te ly.

Anoniem ·

God het Adam aangestel om te heers oor die skepping. Die weermaglede wat hul plig versuim het en die perde so verwaarloos het, sal aan die Skepper moet verantwoording doen.

Jannie ·

Daar behoort ‘n antwoord afgedwing te word. ‘n Verduideliking moet gegee word op media en in die parlement. Dit is die S.A.Weermag en nie ‘n “Hawker” wat in woonbuurte rondry nie. Ons wil weet wat gaan aan. Ons wil ook weet hoe kan hul toegelaat word om die res van die perde nog te hou. Dit is absurd.

Rabes ·

Die dierebeskermings vereniging is maar pateties. As hulle die perde by privaat persone gekry het het hulle ‘n saak van dieremishandeling ens gemaak. Wys vir ons dat julle werklik vir die perde omgee en kla die bevelvoerder en sy onderdane aan

SAnik(s) ·

Wanneer kom hierdie spul se “payback time”? Dit gaan baaaie swaar wees. ‘n Land se beskawingspeil word o.a. gemeet aan hoe hulle diere hanteer. Hier is geen sprake van ‘n beskawing nie.

Carl ·

Dit lyk of die “Weermag” deesdae uit “Vlug-Sersante” bestaan. As die skote gaan begin klap, vlug hulle oor die sand!
Slegter as die spul kan mens seker nerens op aarde kry nie.

Hennie Dreyer ·

Woorde kan nie beskryf hoe gefrustreerd mens raak oor die absolute verval van alles in die land nie!
As jongman was ek deel van die Berede Sentrum, en het deel van my weermag opleiding in Potch gedoen.
Ek onthou soos gister die absolute liefde en respek waarmee ons hierdie diere behandel en skoon bederf het!
My hartstogtelike wens is dat diegene wat hiervoor verantwoordelik is op soortgelyke wyse moet ly! Die hele onbevoegde spul

Flip Raath ·

Hoe jy vir jou diere sorg bepaal jou vlak van beskawing.

Alida ·

Die DBV kon die arme diere weggevat het en weer versorg het. Hoekom doodskiet? Ek wil huil! Diere MAG nie hongerly nie.

Johanna Botha ·

Dis n presiese spieëlbeeld van hoe die land nou bedryf word …niks word onderhou alles is verwaarloos en hang op sy laaste draadtjie ….anc in volle aksie vir jou ! Die weermag kan nie eers ….ek kan nie eers iets noem nie hehe

Grysburger Pretoria ·

Sien daar was geen reaksie van die SANW. Hierdie was ook seker ‘n “transformasie projek”. Die arme perde moes “getransformeer” word om te lyk soos tipiese perde in Afrika. Hoop iemand begin ‘n internasionale veldtog hieroor – mense gee meer om vir diere as ander mense en wreedheid teenoor diere sal vir die wêreld wys wat die ware karakter van ons heersers is.

ANNALIE ·

Ek vloek sommer. Dit is mos ‘n skande dat so iets sommer net so gelos kan word.

Wenk ·

Dalk kan die rassistiese maj. Mohlala help. Dis mos hy wat wit oumense verguis.

PJC ·

Hierdie klomp het geen empatie met mense nie so wat verwag ń mens wanneer hulle met diere werk.

Anoniemiseerder ·

Dis ‘n refleksie van die ware toestand van Suid-Afrika se regering.

Wilma ·

Afrika die walglike kontinent met soooo baie onbevoegdes. Sies

Elsje ·

God gaan hulle straf een vir een. Al vermoor hul elke mens en dier God bly en Hy sal oordeel.

Elizabeth ·

Dit is hartverskeurend dat onskuldige hulpelose diere so moes ly. Het niemand enige gevoel vir die arme diere gehad nie en net anderpad gekyk, weg van hulle lyding, honger en dors? Ek voel siek om te dink dat die weermaglede niks gevoel het vir die pragtige perde nie. Die wiel draai en wat jy saai sal jy maai. Ek is hartseer en woedend!

Hermien Pienaar ·

Dit is nou letterlik stank vir dank; hierdie arme getroue en trotse diere het die dekselse weermag gedien en word so verwaarloos en verniel en dan….doodgemaak! Ek voel regtig kwaad hieroor! Hoeveel mense kry medaljes en ander toekennings vir allerhande onnodige “erkennings,” wat hulle nie eers verdien nie. Hierdie perde verdien om versorg te word en trots te wees. Ek ken perde en hierdie is GRUWELIKE verwaarlosing!!

Marinda ·

Ek kon nie eers die berig klaar lees nie. Dit walg my so, dat mense, en dit ons eie weermag sulke mooi diere so kan behandel. Het hierdie mense geen gewete nie?

Francois ·

Sieklik! Sit die skuldiges 10 jaar in die tronk .Boetes is nie n’ straf nie. Die arme diere het nie monde om te praat nie.

Johannes van Staden ·

En dan strike hulle vir verhooging …..vir wat nogal ,as dit is hoe hulle werk lyk !

andre ·

Weermag ???????wat n grap ….eerder n sirkus…wonder of hul darem weet watterkant die voorkant van n geweer is

Adri ·

Dit is onaanvaarbaar die wat na hul moes kyk moet ook sonder kos gelos word en later uitgesit word

Yankee ·

Viva Suid-Afrika se weermag!!! Trotse weermag. Wat n vloek van n Land!!

Gatvol ·

Maar ons will boer!!!!!!. Hulle kan nie eers met staats geld na diere kyk nie. Nou hoe nou.

Riaan ·

En soos gewoonlik gaan daar weer niemand vervolg word of iets van kom nie.

harry adendorff ·

Stem, kan nie eers na diere omsien, hoe de hel gaan hulle die land beskerm????

ore ·

Kos is seker na KZN gestuur,daar is mos ‘n man wat beeste ontvang het en nou soek hy kos want sy regskoste is hoog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.