Talle vas in Jhb vir dronkbestuur

Argieffoto

Argieffoto

Die Johannesburgse metropolisie het meer as 210 mense die naweek in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê 216 mense is by verskeie padblokkades in die stad in hegtenis geneem.

Volgens Minnaar is die beskuldigdes op borgtog van tussen R1 000 en R1 500 vrygelaat by die polisiestasies waar hulle aangehou is. Die beskuldigdes sal die week in verskeie howe in Johannesburg verskyn op aanklag van dronkbestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

zahn ·

More Neelsie, weet jy, an die een kant stem ek saam met jou. Maar ek verskil ook. Ek is self skuldig daaraan, ek het al bestuur na ek ‘n bier gedrink het. Ek was nog altyd in beheer van die voertuig. Soveel mense vandag is op die paaie, het absoluut geen alkohol gebruik nie, maar kan nie diepte skat nie, het nie oordeel nie, en/of kan glad nie bestuur nie. So alkohol is nie altyd die sondebok nie. Ons kan die probleem aanspreek deur strenger beheer van AL die reëls, moenie altyd een punt uitsonder nie. Ek weet jy bedoel dit goed, nes ek, maar ek wil net my opinie hieroor gelug het. Sal nogal goed wees om te hoor wat ander ouens hiervan dink. En NEE, ek praat nie dronkbestuur goed nie, glad nie. Dink net aan ons wat verantwoordelik KAN optree, deur ‘n bier te geniet, en voor ons nog een vat, kan nee sê. Daar is van ons nog oor. Moenie my wil straf oor ander mense se onnoselgeit nie, asb.

Cobus ·

Ek stem 100% saam, goeie werk vir die wat wel gevang is. Maar padveiligheid bestaan uit meer as net spoedlokvalle en die vang van dronk bestuurders. Sal lekker wees as alle oortredings aangesreek word.

Ghost ·

zahn stem nogal saam met jou. Hoeveel keer ons nie van mense wat gevang is omdat hulle gedrink het of omdat hulle gejaag het nie. Maar baie van die ongelukke gebeur oor onverskillig ry en kanse vat. As ek sien hoeveel van die taxi’s nie elke dag op pad werk toe oor n rooi lig ry nie. Of motors wat op die geel streep ry tot voor by die verkeerslig dan voor verkeer indruk en dan jag na volgende verkeerslig en weer op geel streep ry tot voor. Laas genoemde geval het ek al gesien hoe die polisie dit doen oppad werk toe.

CHRISTA ·

Ek stem saam. As hulle bestuurders begin toets vir DWELMS, hoeveel mense sal positief wees? Onthou: Dwelms het nie ‘n reuk soos alkohol nie!!!

Dave ·

Jy het my ondersteuning ook Zahn. Neelsie oordryf dit. Vanmiddag terwyl ek deur die stad gery het en by ‘n rooi robot stil gehou het, het ‘n metropolisiekar by my verby gery en die rooi lig geignoreer. Miskien was hy nugter. As ek ‘n bier of selfs twee ingehad het, sou ek steeds stil gehou het (dàn veral!).

scalla ·

seker aangekeer vir lekker dryf, klink mooier as dronkbestuur of onder die invloed

Dave ·

Jy’s reg Scalla. ‘Dronk’bestuur is waarkynlik ‘n oordrywing in ‘n groot persentasie gevalle. Wat van ‘geswaelde’bestuur? Weet nie of besope altyd dronk is nie! Is bietjie onregverdig om iemand wat dalk nèt oor die kerf is aan te kla vir ‘gesuipte’bestuur.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit sal wonderlik wees indien die Provinsiale spietkops oor naweke op die teerpaaie weg van die stede kan begin vang vir dronkbestuur en padwaardigheid van voertuie . Gedurende hiedie tyd ry jakkals en rooimeerkat soos hul wil, gewoonlik gesuip en met wrakke wat nie op die paaie hoort nie.

D Kruger ·

Alhoewel ek saamstem en saam bly is dat die dronkbestuurders vasgevat is so ek graag ook die statistiek wou weet van ander oortreders (behalwe spoed en dronkbestuur) wat vaskeer is en SUKSESVOL vervolg is. As ek sien hoe bestuurders daagliks die reels blatant oortree en mense se lewens in gevaar stel kan ek nie help om die idee te vorm dat die statistiek oor dronkbestuur en spoedoortredings(hoë snelheid) slegs vrygestel word om iemand se politieke “marble” te “polish” nie.

CHRISTA ·

Nee wat Maroela, ek het die bepalings en voorwaardes gemerk, maar julle wil nog steeds nie my kommentaar plaas nie (soos met die verkragtingstorie)!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.