Die polisie het vier verdagtes in hegtenis geneem ná die moord op vier familielede op ʼn plaas in die Balfour-distrik in Mpumalanga.
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê Gert Smuts (78), sy vrou Paulina (70), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) se liggame is vanoggend gevind op die plaas Modderbult. Hulle is doodgeskiet.
Sedibe het die moordtoneel as “gruwelik” beskryf en gesê die moord was “onmenslik”. Die polisie het op vuurwapens en juwele op die toneel afgekom wat deur die moordenaars agtergelaat is. “’n Toyota Prado is egter gesteel en die polisie het onmiddellik met ʼn soektog na die verdagtes begin.”
Volgens Sedibe is die motor met behulp van ʼn Tracker-opsporingstelsel in Balfour gevind. “Toe polisiebeamptes die motor nader het die verdagtes op hulle losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en een verdagte is gewond.” Sedibe het gesê die gewonde verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem terwyl nog ʼn verdagte in hegtenis geneem is. “Die polisie het ʼn 9 mm-pistool en ʼn skootrekenaar in die motor gevind.”
Dit het intussen aan die lig gekom dat nog twee verdagtes in hegtenis geneem is. Volgens Sedibe is hulle glo in besit gevind van items wat tydens die aanval gesteel is. “Ons probeer nog vasstel of hulle aan die moorde verbind kan word.”
Die polisie se ondersoek duur voort. Daar was reeds minstens 30 plaasaanvalle in Februarie in Suid-Afrika. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Dinsdagoggend gesê 11 mense is reeds hierdie maand in plaasaanvalle vermoor.
“Vyf mense is in die afgelope 24 uur in twee verskillende aanvalle vermoor, onderskeidelik in Mpumalanga en Limpopo. Hoeveel mense moet nóg in dié land vermoor word voordat daar daadwerklik opgetree word? Dit wil voorkom of die regering nie bereid is om landsburgers te beskerm nie,” het Cameron gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
121 Kommentare
Dit is verskriklik. Hulle het dit nie verdien nie. Dink en bid vir die oorblywende familie
Hulle voer n skrikbewind. NIEMAND verdien dit nie.
Dit is kommerwekkend hoe traag die regering is om die plaas aanvalle en moorde aan te spreek en self te veroordeel? Is daar dalk n ander agenda hier? Hulle is groot bek oor wat in die parlement gebeur maar swyg oor die plaas aanvalle?????
Daar is nie ń regering nie, want ń regering moet kan regeer en reageer. Sterkte aan oorblywenes
hierdie verskriklike plaas moorde lê ek vierkantig voor die anc. miskien is dit tyd om die anc lede uit te haal. gelukkig weet ons alle hoë poste is kader aanstelings.