Talle vas ná 4 familielede op plaas vermoor is

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie het vier verdagtes in hegtenis geneem ná die moord op vier familielede op ʼn plaas in die Balfour-distrik in Mpumalanga.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê Gert Smuts (78), sy vrou Paulina (70), hul seun Louis (47) en skoondogter Belinda (42) se liggame is vanoggend gevind op die plaas Modderbult. Hulle is doodgeskiet.

Sedibe het die moordtoneel as “gruwelik” beskryf en gesê die moord was “onmenslik”. Die polisie het op vuurwapens en juwele op die toneel afgekom wat deur die moordenaars agtergelaat is. “’n Toyota Prado is egter gesteel en die polisie het onmiddellik met ʼn soektog na die verdagtes begin.”

Volgens Sedibe is die motor met behulp van ʼn Tracker-opsporingstelsel in Balfour gevind. “Toe polisiebeamptes die motor nader het die verdagtes op hulle losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en een verdagte is gewond.” Sedibe het gesê die gewonde verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem terwyl nog ʼn verdagte in hegtenis geneem is. “Die polisie het ʼn 9 mm-pistool en ʼn skootrekenaar in die motor gevind.”

Dit het intussen aan die lig gekom dat nog twee verdagtes in hegtenis geneem is. Volgens Sedibe is hulle glo in besit gevind van items wat tydens die aanval gesteel is. “Ons probeer nog vasstel of hulle aan die moorde verbind kan word.”

Die polisie se ondersoek duur voort. Daar was reeds minstens 30 plaasaanvalle in Februarie in Suid-Afrika. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Dinsdagoggend gesê 11 mense is reeds hierdie maand in plaasaanvalle vermoor.

“Vyf mense is in die afgelope 24 uur in twee verskillende aanvalle vermoor, onderskeidelik in Mpumalanga en Limpopo. Hoeveel mense moet nóg in dié land vermoor word voordat daar daadwerklik opgetree word? Dit wil voorkom of die regering nie bereid is om landsburgers te beskerm nie,” het Cameron gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

121 Kommentare

Annoniem ·

Dit is verskriklik. Hulle het dit nie verdien nie. Dink en bid vir die oorblywende familie

Cherokee ·

Ek gril altyd wanneer iemand daardie ‘nie verdien nie’ rympie sê. Dit is sò onvanpaste aanmerking om te maak. Die woord ‘verdien’ kan nooit op so ‘n manier ‘n plek verdien in ‘n kommentaar oor so ‘n tragedie, nie. Die enigste waar ‘verdien’ plek sou vind is wanneer die moordenaars gestraf word.

PMB ·

Dit is kommerwekkend hoe traag die regering is om die plaas aanvalle en moorde aan te spreek en self te veroordeel? Is daar dalk n ander agenda hier? Hulle is groot bek oor wat in die parlement gebeur maar swyg oor die plaas aanvalle?????

andrea van vuren ·

Hierdie gruwelike moorde word uitgevoer in opdrag van Malema se “Kill a boer, kill a farmer”. Moenie verbaas wees as die ANC ook elke keer lekker lag wanneer so ‘n tragedie gebeur nie. Die langtermyn plan van die emosioneel gestremde en lae IK dansende gepeupel is mos uitwissing van die beskawing, en dis ongelukkig die blankes in ons gebroke land! Hulle het die getalle want hulle het ons uit ons eie land geteel!

Andrea ·

Andrea van Vuuren, jy is heeltemal reg! Ek dink die EFF is die ANC se militere vleuel. Die moorde op wittes is alles goed beplan en deel van ‘n plan. Ons sal dus GEEN hulp vanaf die regering kry nie. Indien daar nie iemand/organisasie navore tree wat ons kan organiseer in iets soortgelyk aan die ou kommandostelsel nie, gaan ons teen 2025 almal vermoor wees. Met die regering se goedkeuring.

Alan ·

Daar is nie ń regering nie, want ń regering moet kan regeer en reageer. Sterkte aan oorblywenes

Lodewyk ·

Dit is presies wat die regering wil he. Dit vergemaklik hulle grondhervorming fantasie, en hulle maak sakke vol geld uit boedel belastings.

theo ·

hierdie verskriklike plaas moorde lê ek vierkantig voor die anc. miskien is dit tyd om die anc lede uit te haal. gelukkig weet ons alle hoë poste is kader aanstelings.

Dereck Le Roux ·

Kryy die prentjie en lees mooi tussen die lyne, die regering stel nie belang om sy burgers te beskerm nie want witmense en veral Boere met ‘n witvel val nie-amptelik onder die kategorie as indringers en derdeklas bywoner burgers.

Hendrik ·

Derick ek vra die vraag hoekom sal ons dan nog aktief deelneem aan die “demokrasie” ?Hoekom gaan stem die witmense nog tydens die verkiesing?

Bekommerd ·

Maroela media het mos al die artikels. Kan julle dalk vir ons die amptelike syfers gee van die plaasmoorde vir 2017

Cherokee ·

Jy kan nie van Maroela verwag om argief te speel nie. Hul rol is om nuwe nuus re publiseer.

Johann ·

Cherokee, Afriforum het al die syfers. Hulle maak dit nou en dan bekend en beweer die polisie se syfers is skeef en nie die waarheid nie.

Hannalie Jonker ·

Mag die wat skuldig is kry wat hul verdien en mag die wat agterbly ook kry wat hul verdien. Sterkte

Pensioenaris, Koos ·

Ek smeek alweer, asseblief, alleen kan ek dit nie doen nie, ek vra weereens waar en wanneer kan ek aanmeld sodat aksie kan begin. Nog geen iets gehoor van onse boere seuns nie. Hoe langer ons wag,hoe meer word onse nasie uitgemoor. ASSEBLIEF, Laat ons net begin anders is dit te laat vir ons almal.

Hendrik ·

Wapen opneem is nie die oplossing nie. Sluit aan by plaaslike sekuriteitssisteme en beveilig jouself. Die volgende stap is dat ons onself moet onttrek vanaf die demokrasie deur nie te gaan stem nie en sodoende samesprekings af te dwing vir onafhanklikheid/selfbeskikking/stop diskriminerende wetgewing teen witmense(volgens ras).

Jurie Bender ·

Hendrik en jy dink al die ouens wat vermoor word was nie lede van veiligheids organisasies nie en het hulself nie probeer beveilig nie? As die regering nie nou na ons luister nie dink jy om nie te stem en om ons onafhanklikheid te eis gaan help. Dis tyd dat ons almal besef polities is daar nie n oplossing vir ons witmense nie. Ons moet begin ons stem dik maak of ondergaan. Nice guys come second. Dankie vir jou bereid willigheid Koos.

Helena ·

Hi Koos ek stem sam jou. Kry al di jongmense wat so by robotte staan, en jong mans wat ni werk ni. En ly hulle spoedig op. Hoekom gebeur da niks ni? Ek wens so iemand wat ondervinding tree na vore, en begin n boeremag. Ons mense sal drasties iets moet doen. Koos ek bid dat ons boodskappe raakgesien gaan word.

Antoinette ·

Dit is hoe hulle te werk gaan om die boere se plase te vat en ons blankes uit te moor. Niks word daaraan gedoen nie kom nie eers op tv nuus as n blanke vermoor word nie.

andrea van vuren ·

Helena, jy wil die bedelaars by die robotte en poskantore betrek om die boere te gaan help op die plase. Nee wat, hulle sal eers gerehabiliteer moet word van drank en dwelms en glo my, die regering kan nie eens na psigiatriese pasiënte omsien nie…

Aster ·

Dis vreeslik, ek weet nie meer wat om te sê nie. Ons gaan nie meer boere oor hê nie, wat dan? Hulle haat ons wit velle maar laaik ons geld baie. Sterkte aan die familie. Hulle het dit nie verdien nie.

Grotman ·

Almal se elke keer as wit mense vermoor word die selfde woorde oor en oor. Nes n gramefoon naald wat vas haak. Ons almal weet waar ons staan in die land en dat ons op die rant van groot hell staan. Ja Koos ek stem! Baie praat help niks! Dis tyd om oe uit te vee en te beplan.

Helena ·

Stem saam jou Grotman. Tyd dat ons wakker word, en as n volk saamstaan

JJ ·

Die onmenslike varke.
Sal dit ook op Beeld se voorblad wees?
Waarskynlik nie een ander koerant nie…

dirk ·

die president en die ANC is totaal verrot en rassisties. Wit mense word blameer om hul onvermoë en korruptheid weg te steek. Geen wit mens is meer veilig nie, en hierdie land loop dieselfde pad as die res van Afrika – hierdie kontinent is ‘n mislukking en sal dit bly. Wees eerlik met jouself en maak self planne want niemand anders gaan dit doen nie.

Boetman ·

Nie so haastig nie Dirk. FW het vir wigte en teenwigte gesorg – hy sal dit nog laat inskop! Weet net nie wanneer nie.

j parker ·

Wonder hoeveel van almal wat in ons tronke is,is buitelanders. Dink net wat
ordentlike grensbeheer Sal down. Sal baie graag daardie statistiek wil sien

Wern ·

Ons moet self optree, die regering moedig dit aan. Ons is op ons eie.

Nikolaas ·

Ek mag verkeerd wees, maar ek dink nie dis die staat se werk om burgers te beskerm nie, dan sou daar mos n polisieman/soldaat in elke huis moet wees.
In die geval doen die polisie puik werk om misdadigers na n misdaad te vang en te vervolg.
Is dit nie eerder die staat se werk om burgers die vryheid te gee om hulself te beskerm nie, dws toegang gee tot toerusting/opleiding om dit te kan doen voordat die regsproses na n misdaad inskop nie.

Louis ·

Die polisie is nou so besig om mekaar aan te vat dat daar nie meer tyd is om ernstige misdaad aan te spreek nie. Mense word onnodig gearresteer. Die kommesaris keer virr al wat dit werd is om homself te beskerm. Zuma kry ‘n mag in die kaap om homself teen die eff te beskerm INTUSSEN VIND DAAR ‘N SLAGTING PLAAS

louisĺ ·

die regering stel nie belang om die boere te beskerm nie.hoekom dink julle hdt mandela die kommando ontbind toe hulle oorgevat het.sadat dit makliker kan wees om die boere te moor.want die kommando het gehelp om die boere veilig te hou.ek weet want ek was self in die kommando en het op n plaas gebly

Theresa ·

DIe staat is verplig om elke wettige landsburger se veiligheid te verseker. Die staat is verplig om ordentlike gesondheidsdienste te voorsien (goeie hospitale – higiënies!), ens. Die staat het beslis pligte wat uitgevoer moet word. Hierdie staat se leiers versaak egter hul verantwoording teenoor die belastingbetalers op skandelike wyse.
Dit is ‘n treurige tydperk van moorde en wrede misdade – waar die staat hul kop eenvoudig anderkant toe draai.

Catryn ·

Gaan lees wat in die kastige grondwet staan oor veiligheid … daar is ‘n oop agenda vir immigrante wat die land binnestroom, kyk hoeveel van ons mense word deur immigrante uitgewis.

Nikolaas ·

Theresa, as dit die geval was dat die staat verplig was om elke landsburger se gesondheid en veiligheid te verseker, dan sou elke landsburger wat nie hierdie diens van die staat ontvang nie, die staat daarvoor kon dagvaar, wat duidelik nie die geval is nie.
Die staat kan nie verantwoordelikheid vat as ‘n kiem jou siek maak of ‘n boosdoener jou beroof nie.
Persoonlik sou ek minder belasting wil betaal, en meer onafhanklik van die staat wil leef.
Die privaat sektor bied baie beter diens as die staat omdat daar kompitisie is en jy altyd ‘n ander diensverskaffer kan kies as die huidige een teleurstel. Dis egter nie die geval met die staat nie…
Ek wil ‘n staat he wat my vryheid gee (of dit nou godsdienstig, medies, sekutiteits, noem maar op), nie ‘n staat wat my soos ‘n kind oppas nie.
Die regte in die grondwet is nie dinge wat die staat vir my gee nie, maar dinge wat, as ek dit self wil najaag, die staat my nie behoort te verhinder nie.

In die lyn stem ek saam met Louis:
dis betreurenswaardig dat die staat die kommandostelsel, waar wetsgehoorsaame burgers verantwoordelikeheid vir hul eie veiligheid gevat het, afgeskaf het.
Die skuif maak burgers net meet staatsafhanklik, en se dat die staat nie haar eie burgers vertrou om binne die grense van die reg oor hul eie belange op te tree nie.

Wat jy waar kry? ·

Nikolaas wat jy waar kry? WIE BEFONDS die polisie en regering en hospitale? BELASTINGBETALERS .. wat is die leuse van die Polisie . TO SERVE AND PROTECT .. die Regering het ‘n verantwoordelikheid teenoor landsburgers om hulle te BEVEILIG en te BESKERM .. soos ook ordentlike mediese sorg te verleen, hulle FAAL miserably in beide hierdie twee gevalle .. maar dis makliker om apartheid vir alles skuld te gee .. !! Wie se mens kan nie die staat dagvaar nie? Mense het net nie die GELD om hulle aan te vat nie ..

Jan S ·

Al is die polisie binne 3 minute met ‘n towertapyt op die toneel is jy in daai tyd klaar vermoor. Maak plan om jouself te kan beskerm, want in jou uur van nood is jy self al wie jou gaan kan help.

Ben Viljoen ·

My innige simpatie en sterkte aan almal by Efficient Engineering

Mike van der Walt ·

Dankie Ben. Dit is maar ‘n swaar dag vir almal. Sterkte aan daardie kant ook. Louis was ‘n regte steunpilaar.

Ek ·

Al wat ek vanaand kan sê, Here sien ons in Genade aan. Hoe verwerk naasbestaandes die moord op hul familie …. wat het vooraf gebeur voordat hulle geskiet is ??? Nee mense ek stem saam met almal wat sê dat daar daadwerklik opgetree sal moet word. Ons witmense is almal teikens …. en ek sê wit !! – almal wat rassisme wil sien, sien DIT asb. Want dit is waaroor dit gaan – geen sagte woordjies nie — dit gaan !!! daaroor hulle wil die witmense weg, dood en vernietig sien !! Ek wens so ek kan hoor wat FW de Klerk sê, elke keer as daar ‘n plaasmoord plaasvind ? ( as hy DALK Maroela lees, antw ons). Nou maar net genoem van plaasmoorde, wat nog van al die ander moorde — ?? Nee wat – kan ek vanaand vir elkeen wat hier lees sê, dit wat hier in ons land gebeur kan nie meer geduld word nie. Asb. Mnr. Pieter Groenewald en Mnr. Connie Mulder, dis ‘n noodkreet van ons! –

Heidi ·

Dit is so hartseer waar gaan ons land heen vir die jonger generasie en dit word elke dag net erger in SA iet moet gedoen word!!! Hulle moet die doodatraf trug bring en mense moet vote vir dit en moet saam staan as n nasie. Anders gaan ons nerens voorentoe beweeg nie. Dis waar en maak seer en daar is nie rasiste nie maar genoeg is genoeg! !!!!

Gerald ·

Landsburgers? Ek dink nie die regering beskou witmense as landsburgers nie, die 4 swart mense wat in KZN doodgeskiet is het dadelik besoek van die LUR gekry en die regering het onderneem om die naasbestaandes by te staan volgensTV nuus, sien jy enige regeringsamptenaar by die wittes se naasbestaandes?? Opposisie partye hardloop met allerhande politiekery howe toe in plaas daarvan om plaasmoorde prioriteit te maak.

amanda ·

Dit is net baie hartseer om te hoor en sien hoe mense vermoor word vir niks.

Rentia ·

Die uiter van woede deur woorde beteken niks. Ons mede landburgers steek verkragters en moordenaars aan die brand. Wat doen ons? Se ag hoe vreeslik, baie sterkte aan die wat agterbly en gaan aan met ons lewe. Wanneer gaan ons besef ons word WREED VERMOOR deur monsters!!! Reg en geregtigheid is nie aan ons kant nie. Ons sal moet optree

Realis ·

Ons is uitverkoop en laat staan. Hou op skreeu vanaf die straat hoeke dan ons iets moet doen……….want ons kan nie meer nie. Pas maar net jouself en jou mense om jou op.

Joh. 3:16 ·

Ja Realis. Jy is reg almal hier skree “doen iets.” Dis een van die tragedies van die nuwe Afrikaner. “Almal moet iets doen solank dit net nie ek is nie!” Ons skuif die blaam na almal behalwe ons self. Ek wil so ver gaan as om te sê, die Afrikaner het nie die morele waardes of geestelike energie oor om te kan opstaan vir homself nie. Die Afrikaner word nie uitgewis nie, die Afrikaner het selfmoord gepleeg. Die eerste bewys is hoe hulle hulle kerke vernietig deur onderlinge gevegte. Die tweede bewys is dat die Afrikaner nie meer hulle self sien as ‘n Gereformeerde Calvinistiese volk wat deur hulle eie bestaan die eer altyd aan God Drie-enig wil gee vir hulle toekoms nie. Daarom bid die gemiddelde Afrikaner nie meer nie. Niks is onregverdig as ‘n Christelike volk doelbewus sy God verloën nie…

Annie ·

Ek het nie meer woorde vir die onmenslike optrede nie … NIKS word gedoen nie .. dit is die ERGSTE

VALERIOUS ·

Almal wil praat van saam staan maar daar gebeur niks. Hoeveel maar water moet in hierdie swart see gaan voordat dit dan volkom, en is die swart see maar nie eerder die see van bloed.

louisa ·

Dis tragies verby!! En oor n week loop meeste van hulle weer vry op die strate. Kan ons as boere nie begin saamstaan nie.

Reynete ·

Nie moeilik om deur hulle plan te sien. Moor ons om ons bang te maak om op plase te bly, dan kan hulle dit net vat

Theo Schoeman ·

Die familie, oupa,ouma,pa en ma is een van Centurion Akademie se 1ste jaar studente. Ons gebede en ondersteuning gaan uit na haar.

DR ·

Ons almal praat net,,,, stop dit net!!! Soek n Dr Verwoerd, n Andries Pretorius, Sarel Cilliers, Piet Retief, Andries Treurnicht, Jaap Marais, of so iets, hou net op in sirkels praat.

Magda ·

Dr – gee asb voorstelle hoe jy dink ons moet dit oplos – want ek weet nie hoe ons bietjie wit mense teen 40miljoen ander mense kan opstaan nie? Al stem ons teen die regering ons is te min om regtig n verskil te maak – hoop jy kan daar help asb.

Ben ·

Ek verstaan die oproepe van saamstaan sodat hierdie onsinnige moorde teengestaan kan word. Almal sal dit seker ook graag wil doen. Ons moet egter onthou dat ons nie regeer word deur ‘n eerlike en Christelike – sommiges wel gelowig ? – regering nie. Dan praat ek nie eers van die DA wat stom is vir hierdie sake nie. Hulle geraas is soos donderweer. Hou hulle stom in die parlement en kla net oor Zuma. Jaag hom weg en die volgende swakkeling neem die pos op.
Enige groepvorming gaan uiteindelik tot arrestasies lei en jy gaan aangekla word ! Hulle sal wel iets kry! Jou hande is letterlik afgekap. In hierdie land is die witman net deel van statistiek. Ek en jy is in hulle pad!

Donovan ·

Ek wonder hoe sou Malema vanoggend gevoel het as hy die nuus gekry het dat sy oum/ oupa, ma/pa wreed vermoor is weens hulle farmers is… is daar nog salf te smeer… ons probeer nou al hoeveel jare om evangelie in hulle harte te kry en as n mens na al die moorde lees wonder ek of die vergelykenis van die saaier, waar val die saad van God se woord dan… is dit op die pad… is dit tussen die dissels en onkruit, want ek sien nie vrug nie… waar is die goeie grond dan… hierdie volk melk ons al jare en jare… ons lei op en ons gee en gee en dan word ons so hanteer… ek wonder wie betaal die werkers op daai plaas einde van die maand… lekker ne kom ons eet die hoender en los maar die eiers…

leon pit ·

Dit is afgryslik baarbaars. Sal nie verder kommentaar lewer nie ek sal goed sê wat nie geplaas sal word nie.

rafel ·

Kan daar nie maar privaat sekuriteitsmaatskappye net vir plase gestig word nie? Hier is n kans vir entrepeneurs…ek is bereid om by te dra.

Helena ·

Rafel ek stem sam jou. Stig jou eie, maar gaan deur di regte kanale, vind net eers uit wat jy moet doen. Glo my jy gaan baie mense kry wat jou gaan ondersteun. Sterkte

Quixilver ·

Sekuriteitsmaatskapye soek geld om mense op te pas en die boere is te suining om te betaal vir hulle eie veiligheid. Bore kane Mijoene betaal vir die nuutse trekker of die nuuste bakkie, maar waneer dit kom by beveiliging van hulle en hul famielie dan is daar nie geld nie. Ek is van DVR Surveillance in die Vrystaat en praat uit ondervinding. Die tegnologie is daar. span dit in en verdedig jou self

Oom Harry ·

Die enigste voorlopige oplossing vir die wandade wat niks anders is as aanvalle deur primitiewe wesens soos in die 19e eeu in die transkei, is om paraat te wees dws olie jul wapens gereeld en dra asb die goed gedurig. Oefen gereeld. dan het mens ten minste `n kans op oorlewing. Interessant die berig van die boer en sy vrou en hul werkers wat 3 mans op hul plaas gevang het en vir 12 ure gemartel het. een van die 3 is toe dood. Dit is egter verswyg dat hierdie “boer” swart is! Name is bekend. Net in die Sowetan word slegs
`n enkele sin genoem dat dit swar-op- swart geweld was en wel op bladsy 16!
Maroela plaas asb my berig.

Willie O/Ovs ·

Oom Harry – jy som die situasie reg op. Wat vir my baie sleg is is wanneer n witman n fout sou begaan word daar getoy toy plakkate rond geswaai is dit voorblad nuus in die koerante self die politisie spoel hulle monde uit daaroor. Die teenoorgestelde vind plaas wanneer n witman vermoor word. n Klein handjie polisiemanne probeer nog hulle bes die res is maar net daar om aan die einde van die maand bakhand te staan vir sy salaris wat hy nie verdien het nie. Mense wees paraat raak betrokke by plaaswagte doen die nodige veiligheids/beskermings in oefeninge dra jou wapen
Hou gereeld vergaderings bring jouself ophoogte van wat in jou omgewing aan gaan vertrou geen vreemdelinge nie gebruik die tegnologie tot jou voordeel.

Verstom ·

Nou wat is die plan van aksie? Rafel, ek sal ook bydrae maak. Ek sal help en doen waar moontlik. Innige simpatie aan hierdie familie en al die ander families wat vermoor is!

Penellope Jones ·

Plaas ALLE moordberigte wat hier verskyn ook in die Engelse pers.
Dit help nie dit word net hier geplaas nie – ALMAL moet weet.

Paul ·

Ek is bereid om tyd verniet te gee om ñ plaas op te gaan pas…wie sal my vergesel? En die wat geld wil gee…betaal net my petrol.

J ·

Hulle gaan die blankes oor die rand dryf. Ek het van baie al gehoor as iemand hulle familie vermoor gaan hulle koppe hulle los. Daai dag gaan kom. Want dit is lankal al nie meer roof nie. Dit is hoekom die regering Zim imigrante toelaat. Hulle pleeg die moorde dan was hy sy hande in onskuld want dit is refeguse.

Laksman ·

Ek WENS Afriforum of een van die organisasies wil tog nou vir EEN MAAL Grondwethof toe of met ‘n soortgelyke plan vorendag kom dat waar iemand sterf weens MISDAAD en die staat redelikerwys sy Grondwetlike pligte versuim het om minstens IETS te doen – bv. meer patrollies, beter wetstoepassing, beter vervolging ens. – die staat sy reg op ALLE boedelbelasting VERBEUR – asook alle opbrengste (bv. rente) wat direk daaruit voorspruit – en dit die naasbestaandes toekom as kompensasie! En voorts dat ons ‘n hofuitspraak kan kry dat ALLE VEILIGHEIDSUITGAWES BELASTINGAFTREKBAAR is. Hoe moeilik kan dit tog wees om deeglike regsargumente hiervoor te vorm? Alternatief: Massa-eis (klasaksie) deur alle persone wat ‘n geliefde verloor het weens misdaad – met die staat wat vergoeding moet betaal.

Laksman ·

Ek WENS ook ons kan ‘n hofuitspraak kry wat BTW op veiligheidsuitgawes en mediese uitgawes wat voortspruit / volg na afloop van misdaad, ongrondwetlik verklaar! Die staat versuim tog volgens ALLE maatstawwe sy sosiale kontrak wat in die eerste plek beteken: staat gee X, ek gee belasting in ruil daarvoor. As staat ophou om X redelik te ondersteun, verval my verantwoordelikheid tog om belasting daarvoor te betaal! Waar is die slim en geleerde manne as mens hulle nodig het? Stop die ANC tog in sy spore – die eerste stap begin by JULLE!

Johan Smal ·

Hierdie is die moorde vir Februarie, sover ek kon vasstel:
1 Februarie
Gavin Carter (47) doodgeskiet – Underberg, Natal
Nicky Harmse (61) doodgeskiet – Kameeldrif-wes, Pretoria
2 Februarie
Daniël Killian ((62) doodgeskiet – Leeupoort, Limpopo
3 Februarie
Pats Truter (77) verwurg – Naboomspruit, Limpopo
Bejaarde man – doodgeslaan – Rustenburg
5 Februarie
Pieter Pieterse (57) doodgeslaan – Ellisras, Limpopo
Wilfred Ernsting (54) verwurg – Hennenman, Vrystaat
6 Februarie
Stephen Harris (28) doodgeslaan – Pretoria
7 Februarie
Tanya Wiets (44) doodgemartel – Pietersburg
10 Februarie
Niels Erichson (65) doodgeskiet – Springs
11 Februarie
Trevor Rees (79) doodgemartel – Underberg, Natal
12 Februarie
Rolf Pretorius – doodgeskiet – Springs
13 Februarie
Bejaarde man – doodgemartel – Gordonsbaai
Ryno Janse van Rensburg – doodgeslaan – Warmbad, Limpopo
14 Februarie
Louis Smuts (45) doodgeskiet – Balfour, Mpumalanga
Belinda Smuts (42) doodgeskiet – Balfour, Mpumalanga
Gert Smuts (77) doodgeskiet – Balfour, Mpumalanga
Paulina Smuts (74) doodgeskiet – Balfour, Mpumalanga

Plaasmeisie ·

Nog n plaasmoord van 6 Ferbruarie in Ellisras, Limpopo, n 57 Jarige man , Hendrik Pieterson!

Wim ·

In die ou Suid Afrika en terwyl terrorisme op sy felste gewoed het het daar minder blankes gesterf as nou.

Katrien ·

Johan, dankie vir die lys van mense wat onmenslik vermoor is. Ek dink as ons n lys begin maak van al die plaasmoorde en vir elke een n plakkaat maak, sal ons die Uniegebou se gronde vol staan. Miskien sal die wêreld dan sien hoe erg dit hier gaan. Wat so hartseer is is dat as n persoon onwettig in die nag op n plaas rondloop en per ongeluk doodgeskiet word (nie eers gemartel nie), dan skree almal koelbloedig moord! Maar n witmens wat gemartel word tot die dood, dis mos niks in die regering se oë nie. Hartseer….

evsbest ·

Sit dit op Facebook en share vir almal waar jy kan!!!!!!!!

Dirk Breytenbach ·

Willie – en wat gaan Steve doen? Dis nie Steve se plig om iets te doen nie want elke keer as hy iets oor die situasie probeer se dan word hy gekritiseer uit sy eie geledere. Saamstaan is die antwoord.

Jackie ·

Ek lees vanoggend al die kommentaar en word hartseer. Almal het iets negatief oor die regering of SAP te se. Wie van ons bid vir ons regering en SAP? Nie om die Here voor te skryf nie, maar om Hom te vra om lig in die amptenare se lewe te word en elkeen se hart met liefde te vul?
Dis my familielede wat in die artikel is. Hulle het dit verseker nie verdien nie! Een troos wat ek het is dat hulle die Here geken het.

Dan ·

@Joh 3.16: jy spreek ware woorde. @ Kosie: Vorster het die proses aan die gang gesit, ja. de Klerk het die proses volvoer. Die Afrikaner het egter homself uitverkoop en het met ‘n groot meerderheid vir de Klerk en kie se “hervormings” gestem, nadat hul aanhoudend gewaarsku was wat die resultate daarvan gaan wees. Die dinge wat hier aan die gang is, is nie nuus vir diegene wie gewaarsku het oor wat gaan kom nie. En hierdie is maar nog die begin … Skapies bly skapies.

Theresa B ·

Natuurlik sal die regering nie ag slaan hierop nie. Dis ‘n goedkoop manier om van die wit mense ontslae te raak. As daar nie drasties iets gedoen gaan word nie – gaan dit sleg uitdraai.

m ·

Liewe boere, die regering voel niks vir julle nie want julle is wit. Beveilig julle self, wees paraat. julle loop met teikens op julle rug rond. Daar is nog n plaas in sy maai in en hoeveel werkers wat dalk sonder werk gaan sit. Hulle voel nie eers iets vir hulle eie mense nie.

Buurman ·

Dit het nou tyd geword. Ons moet nou n standpunt in neem.Waar begin ons????

Andrea ·

Ek dink Afriforum kan orals, in al die buurte en distrikte vergaderings bele. Mense maak dan met spesialiste se hulp planne oor hoe om patrollies te ry, wag te staan, ens sodat almal werk, en almal so ver moontlik beveilig word. Ja, dit gaan seker geld kos; jy gaan dalk vir twee of vier manne moet aandete gee, petrol betaal, bydraes vir ammunisie maak, maar genade tog, ons moet ERENS begin!!!

Student ·

As daar nog enige twyfel was oor wat besig is om te gebeur en wat die agenda rondom dit is, dan is hierdie laaste wrede moorde hopelik die laaste bewys wat nodig is. Werk saam agter die skerms om mekaar te beskerm en bou die netwerke binne en buite SA vir oorlewing en welvaart.

stev ·

Daar is nie woorde nie. Ek sit met die fotos van hierdie terroriste en wens ek kan dit op ‘n manier hier plaas sodat almal kan sien wie hulle is.

Die “skape” in ons samelewing moet wakker skirk en vir hulle eie veiligheid sorg, daar is so baie maniere om dit te kan doen en mense moet besef hulle en hul geliefdes het ‘n “REG” om te lewe, en jy mag daardie “REG” beskerm.

Sterkte aan die familie

Snuffels ·

V O L K S M O O R D
Ek hoop, so belaglik as wat dit klink, dat Ernie Els dit aan Donald Trump noem , sodat ons onder andere sanksies teen SA ingestel kan kry!
IETS moet gebeur!!!

broos ·

miskien is dit tyd dat ons boere ook “strike” en weier om hul vee/produk te verkoop totdat daar iets daadwerkliks gedoen word om die boere te beskerm! ja ons almal gaan suffer en honger ly, maar ek is bereid om ‘n paar kilos te verloor as dit beteken dat die staat gaan wakker skrik en ons boere beter beskerm word! kom ons kyk hoeveel van die swart boere kan vir die land voorskaf…..’n ronde nul :-(

andrea van vuren ·

Liewe Broos, as die boere gaan “strike” sal hul vee eenvoudig net gesteel word en op die koop toe gaan hul daardie boer ook nog vermooi word!

Wanda ·

En ons aanvaar dit net so…….Net nog ‘n moord……!!!!
Kan nie dink daar word niks aan gedoen nie.

Boerseun ·

Deelname aan of ondersteuning van apartheid is tog geen verskoning vir moord, roof, verkragting, marteling, ens. nie! Ons Boere moor tog nie die swartes uit net omdat hulle kommunistiese partye ondersteun nie! In elk geval: Al wat ons nou nog kan red is selfregering in ‘n eie republiek. Segregeer of sterf! Begin die toepassing van hierdie beleid in jou huis en tuin en weier om vreemdes en potensiele moordenaars in diens te neem. Belastingweiering sal ook moet volg, want as ons ons belasting vir ons eie volk – die Boerevolk – sou aanwend, is ons die rykste volk in die wereld! Maar, tans word ons finansieel geparasiteer en word ons belastinggeld teen ons aangewend. Dit moet stop!

Pierre Geldenhuys ·

As skurke die land regeer, hoekom sal die burgers enigsins beter wees? 4 Wittes kry geen nuusdekking maar een man wat per ongeluk geskiet word bly op hoofnuus vir 6 ure???

ANTONIE ·

Iemand wat gesag het. Wat kan reel dat ons by mekaar kan kom by die Voortrekker monument. Kom ons reel n saamtrek en bepreek die pad voorentoe. Help nie ons praat net hier en gee voorstelle nie. Ons kort leiers wat sal opstaan vir ons regte. Ons moet nou bymekaar kom en ons self beskerm. DIE BOERE NASIE SOEK N LEIER!!!!! Wat ons kan ondersteun.

Lee ·

Het enige iemand al gewonder hoekom doen ons ANC Regering niks aan plaasmoorde nie?? Hulle verlekker hulle daarin dat die blankes uitgemoor word. Dis mos wat ons President wil hê. Ek wonder of hy al gedink het dat as daar nie boere is nie waar gaan die kos vandaan kom. EMPD se SWOT Team was gister saam met Tracker om die duiwels te vang. Hulle is almal SA Burgers, nie eers van Zim of iewers anders af nie. Laat mens wonder….

Ons weet Lee ·

Ons besef dit maar al te goed. Dat die EFF eintlik net ‘n fasade opsit as hulle die ANC teegaan. Die ANC is bang hulle verloor aansien by die WERELD, daarom gebruik hulle vir Julius om dit wat eintlik hulle planne is uit te voer. Die aanvalle op blankes is nog alles deel van hulle grondhervormingsplan, en hoe gouer die wittes WEG is, hoe vroeer kan hulle hulle ondersteuners GELUKKIG maak deur die grond aan hulle te gee, want hulle besef hulle het 22 jaar gelede GROND en HUISE belowe en kon dit nog nie gee nie, nou begin hulle ondersteuning verloor en al hoe hulle dit gaan terugkry is om te doen wat MUGABE gedoen het .. vermoor of verjaag alles wittes!

pieter ·

Die politieke partye is te besig om te baklei in die parlement so hulle stel nie belang wat buite aangaan nie PATETIES.

Ed ·

Is daar nie iewers n facebook groep waar ons die fotos en statistiek kan deel nie? Soos die waarvan Stev praat .

hannes marais ·

afriforum moes al vanoggend by die amerikaanse britse en iarael ambassade gewees het en hul gaan inlig het

Boerseun ·

afriform is te besig om geld in te samel om in n hof te gaan bakly met reels wat anders reinterpriteer word as 20 jaar gelede. pleks hulle stig n veiligheids maatskapy wat spesifiek na boere (en Afrikaners) se veiligheid kyk.
– Vir dit sal ek geld gee

Madelyn ·

Dis vir my so hartseer om te lees van al die plaasaanvalle NET in Februarie alleen! Ons kan nie meer ons oe toemaak vir wat hier gebeur nie. Hierdie is definitief n sistematiese uitmorning van wit mense..

Rynhardt ·

n Hele gesin uitgewis omdat hulle wit is.Koelbloedige moorde gasn nie stop nie.Daar moet internasionaal gereeld gegaan word en die wereld moet op hoogte gehou word van beplande volksmoord op ons mense.Ons moet sorg dat dit nie lou word nie.Elke dag plaaslik en internasionaal moet mense ophoogte gehou woed.Anc gaan niks vir boere doen nie.Gesinne op plase, jy moet ten alle tye gewapen wees!Wonings op plase moet ekstra beveilig word.Wees paraat ten alle tye!

Plaasmeisie ·

Dit is skrikwekkend, elke liewe dag is daar nuus van nog n plaasaanval, soms meer.. My gesin was amper deel van die statestiek. Gelukkig was ons nog op en wakker en n klomp patrone het gevlieg. Toe ons die saak wou gaan aanmeld by die polisie die volgende oggend word daar net gesê dat ons nie kan nie want hulle wou seker net kos kom soek!! Oor n elektriese heining geklim, ver in die bos geloop en by die huis kom kos soek met pangas waar ek, my man en ons 2 maande oue baba was.. Die is die realiteit van ons BLANKES!! Almal praat van saam staan, 90% van ons is bereid om dit te doen, maar hoe?? Ek sal my gesin beskerm tot die dood, maar jy kan nie net na jou eie wil kyk en hoop die ander doen maar dieselfde vir hulself nie. Kan niemand sien dat dit nie werk nie.?! Gee vir my n plan van aksie en ek neem deel met trots!!

Ria ·

Ons blankes verstik in gemaksig, ons is gewoond iemand andes moet vir ons werk en doen. Ons weet nie wat dit is om op ons kniee voor God te buig nie. Gaan terug en kyk wat het ons blankes vermag tydens bloedrivier, al was ons tydens die boere oorlog deur Engeland onderdruk en van alles wat menswaardig is ontneem, het hierdie wit boere nasie elke keer weer opgestaan . Hoekom? Omdat hierdie klein wit volkie hulle tot God gewend het en in sy woord geglo het. So lank daar geen plek vir God in ons harte is, sal hierdie marteling nooit stop.

Ignatius ·

Solank die doodstraf vir moord nie ingestel word nie sal daar moorde wees.Ons kan maar maak en sê net wat ons wil, die moorde sal voortduur.

Catryn ·

Anton, dit het niks met APARTHEID te doen nie, swart en khoisan etniese volke lewe steeds in Tuislande, hulle noem dit vandag TRUSTGEBIEDE, waarvan Ingonyama die grootste is, 60% van KZN. Buitendien, lees die geskiedenis op, dit het begin by swart leiers van 1800, wat Mfecane oorlog gemaak het en met Shepstone is ooreenkomste aangegaan oor aparte gebiede vir etniese swartes in kolonies, daar was nog geen SA in 1854 nie. Tuislande is in elk geval Afrika vol al vir eeue.

Henk Botha ·

Netso gaan dit nie hoofnuus raak nie en die buiteland gaan geen kennis daarvan dra nie. Ons ons self moet dit hoofnuus maak en optrek by duisende by die hofsake van die moordenaars . Word dit ooit genoem en ten sterkste veroordeel in die parlement, maar hul is gou om twee wit manne in die parlement van rassime te beskuldig en te oordeel wat ‘n krimineel wat oortree het en toe vir ‘n waarskuwing in ‘n doodkis gedruk is. Dit hoort nie in Suid Afrika nie maar grusame plaasmoorde is reg. So moet ons begin saam staan en so moet ons maksimum straf op die moordenaars afdwing. Om hier te sit en bekrek maak ons net ‘n huigelaar en volgende teiken.

Catryn ·

Selfbeskikking, ‘n soewerein onafhanklike gebied, kan ons beter geleenthede skep, beter beveiliging as ons nader aan mekaar is, beter werksgeleenthede sonder swart bemagtiging, leiers vir ons eie gebied, ons eie regering, ons eie wette, weermag, polisie , ons eie identiteit. Ons het nie nodig om slawe van kommuniste te wees en oe en aa as iemand vermoor word , arms in die lug gooi en niks kan doen, behalwe selfverdedig nie. Selfbeskikking is volhoubaar, ons het dit al gedoen in ZAR en Vrystaat, hulle soek ons nie, nou moet ons UITbeweeg in ons eie gebied – ons het ‘n internasionale reg daartoe om dit te verkry. Ons moet aangaan waar Volkstaatraad van 1994 opgehou het met hul ondersoeke.

Catryn ·

Misdaad is ‘n baie baie groot inkomste vir regering en al hulle tentakels – daarom sal hulle misdaad nooit vasvat nie

Piet Piper ·

Kom ons vra Mnre Zuma, Ramaphosa, Malema en Maimane om in die openbaar hulle sterk uit te spreek teen hierdie gruwelike plaasmoorde en vra dan ook Media 24 om dit so baie uit te saai soos rasse uitsprake deur swart en wit teenmekaar. Dit word maklik uitbasuin en uit verband geruk, maar oor hierdie wrede plaasmoorde swyg die agbare menere soos die graf.
Waar is Jul manlikhied en EERBAARHEID, mnre Zuma en Kie ????

RIV ·

Motief? Roof wat verkeerd gegaan het? Kom ek raai? Ek kan myself nie daardie kinders en familie se HARTSEER voorstel nie. So jammer die regering sê niks oor HIERDIE moorde en skerp nie sekuriteit op om hulle EIE BURGERS WAT BELASTING BETAAL te beskerm nie.. RIV .. en baie sterkte aan familie en vriende. Ek hoor steeds die doodse stilte van politieke partye, MRK en al die ander organisasies wat ‘n keel opsit oor FB posts en doodskis dreigemente!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.