Talle vas ná beamptes op toetsstasie toeslaan

Van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: Valke

Sewe mense is Maandag in hegtenis geneem nadat daar op ʼn private voertuigtoetsstasie in Lephalale (Ellisras) in Limpopo toegeslaan is.

Die operasie is gesamentlik deur die Valke, die Padverkeerbestuurskorporasie en spesiale ondersoekeenheid uitgevoer, het kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, gesê.

Volgens Maluleke is vyf voertuigondersoekers en twee klerke, tussen 26 en 57 jaar oud, in hegtenis geneem en die toetsstasie gesluit.

Die verdagtes het na bewering die identiteitsbesonderhede van niksvermoedende slagoffers gebruik om padwaardigheidsertifikate uit te reik vir voertuie wat nooit vir ʼn toets na die toetsstasie gebring is nie. Daar is tydens die operasie op rekenaars en dokumente beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Lephalale-landdroshof verskyn op aanklagte wat met korrupsie en bedrog verband hou.

Maluleke het gesê die inhegtenisnemings volg nadat agt verdagtes onlangs by die Thusalushaka-voertuigtoetsstasie op aanklagte van korrupsie en bedrog in hegtenis geneem is. Dié verdagtes is intussen op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Scruffie ·

In ons liewe land gaan niks regkom nie hier is alles buite beheer die ANC slaan vuure dood

CW ·

o nee, minister se dronkbestuur en dan glo hulle ook spoed terwyl dit eintlik domheid en bedrog is

Heksie ·

Hoe “niksvermoedend” is die sogenaamde “slagoffers” eintlik … Valke kom kom doen jul werk, ek is seker die “slagoffers” het saam met die lot gewerk en geldelik daaruit munt geslaan.

honourable member ·

Korrupsie sal nooit stop nie want hierdie mense sien niks verkeerd daarmee nie. Kyk waste voorbeeld stel hierdie regering so hoekom sal nie mense nie ook almal korrup wees nie.

Naas Vermaak ·

Nou net ge-Google…voertuigongelukke kos SA jaarliks R143 biljoen teen ‘n gem van R170k per ongeluk…en hierdie mense kry borgtog van R1000 elk…
Niks maak meer sin nie….niks!

wielie ·

Deur julle skelmgeit moet ons nou daar onder ly!!!! . Hoop julle word in die tronk gestop en die sleutel word weg gesmyt.

willem Botha ·

Dit blyk dat party mense skelmstreke in hulle dna vasgevang het en nie sonder dit kan funksioneer nie.

Kolle ·

Was net effe verstom om die wit antie ook daar te sien staan. Dalk die meesterbrein ?

Johan ·

Lekker!!!…….ek sien jy kan ook nou met jou sweetpak werk toe gaan in die staatsdiens…

Nicolette ·

Lees weer… “private voertuigtoetsstasie”. Hier is 2 private toetsstasies in Lephalale.

Kolle ·

Was net effe verstom om die wit antie ook daar te sien staan. Dalk die meesterbrein ?

At Dippenaar ·

Die Valke kan gerus ook kyk na die lisensiekantore in Belfast, Mamparralanga.

Alida ·

Dan wonder hulle hoekom is daar soveel ongelukke en meestal noodlottige ongelukke op die paaie waar onskuldige mense sterf en hul geliefdes vir altyd rou. R1000.00 borg is belaglik hulle hoort in die tronk.

Jepetto ·

Ek bly in die Helderberg omgewing hier is ook private toets stasies wat wrakke padwaardigheid sertifikate gee teen a fooitjie dis niks nuuts die manne praat sommmer oop en blood daar oor Veral die Gumtree backjaard Car dealers dis soos ons hulle in die moterbedryf noem dis a skande Ek hoop die overhede lees die berig

SjN ·

Die berig meld 7 persone, op die foto is slegs 4, wys die ander 3 ook asb MM

Saint ·

Privaat toetsstasie is in die algemeen redelik klein van opset.
Toesig deur eienaar eintlik verspot maklik.
Bedrog soos beskryf net moontlik as toesig onvoldoende is.
Kla dan die eienaar ook aan vir nalatige toesig.

Anti-korrupsie ·

Ons het ‘n stel afgetrap met ‘n 2de handse motor. Ons sit met ‘n motor wat deur ‘n “spooktoets” by ‘n “spooktoetsstasie” getoets is sonder dat die motor eers in dieselfde dorp was. Ons het die handelaar aangegee by Miosa want hulle is kop in een mus. Waar kan ek die toetsstasie aangee? Enige raad sal waardeer word. Miosa werk nie met die gedeelte van die klag nie. Ons kan nie die motor op ons naam registreer nie en ons het dit na ‘n toetsstasie geneem en dit het die toets nie deurgekom nie. Buiten dit sit ons met ‘n motor wat baie meer foute het as wat die skelm handelaar voorgegee het…

JM ·

Dit is seker tee en kyk tyd, die valke drink tee en die gevangenis kyk by die venster uit

jakes ·

Hierdie skurke is maar net die oortjies van die seekoei. Feitlik in eke dorp bestaan daar van hierdie sindikate. Al sou hulle tronkstraf kry, sal hulle die korrupte bewaarders in die tronk ook voorsien van vals lisensies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.