Talle vas na gewelddadige Limpopo-betoging

Foto: Verskaf.

Agt verdagtes, tussen die ouderdom van 29 en 56 jaar oud, is Dinsdag in hegtenis geneem ná ʼn gewelddadige betoging waartydens ʼn polisiewa onder meer aan die brand gesteek is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die betogings het Dinsdag in Westenburg buite Polokwane uitgebreek.

“Plaaslike lede van die gemeenskap het op ʼn stormloop gegaan en buitebande en ander voorwerpe aan die brand gesteek en sodoende die pad wat Polokwane met omliggende gebiede verbind versper.”

Foto: Verskaf.

Openbare orde- polisie is na die toneel ontbied en moes rubberkoeëls gebruik om die betogers uiteen te jaag.

ʼn Polisiebeampte is beseer toe die beampte met klippe bestook is.

Die verdagtes sal binnekort in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding van die polisie, kwaadwillige saakbeskadiging asook die oortreding van die Wet op Padverkeer en die Wet op Reëling van Byeenkomste.

“Intussen het die polisie nóg sake van kwaadwillige saakbeskadiging aanhangig gemaak nadat twee polisievoertuie Dinsdagaand aan die brand gesteek is. Die verdagtes kon daarin slaag om die polisiestasie se heining te knip en het brandende voorwerpe geslinger en ʼn polisievragmotor en -wa aan die brand gesteek.”

Die verdagtes het van die toneel gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

honourable member ·

Goeie een Her!!! So waar. Hulle veroorsaak hulle eie elende en wil dan ander blameer.

Santjie ·

ek verstaan ook nie die denkwyse nie – vandag brand hulle die polisie se voertuie en more huil hulle weer as hulle die polisie moet bel vir een of ander iets en niemand daag op nie. Ai…

a ·

more as hulle ‘n polise voertuig benodig, gaan hulle weer verder alles brand omrede daar nei een beskikbaar is nie. ek wil net weet word hulle in hul skole geleer om alles af te brand.

gatiep ·

En so weet ons almal niks sal regtig gebeur met hulle nie.
So word ons poliesie besig gehou sodat die regte kriminele lekkerder kan werk.
Dan maak die regte kriminele net seker daai mense word weer vry gelaat.
En alles gaan aan en aan en aan.
Dink die geverment sien dit as werkskepping.

Wonder ·

GEEN opvoeding en GEEN respek, nie eens meer vir wetstoepassers.

Cornelius du Rand ·

Die media maak my siek. Alle media in RSA probeer polities korrek te wees. Wanneer wit mense na bewering iets verkeerd gedoen het word daar altyd na hulle ras verwys. In casus is die betogers almal swart en so ook 100% in gevalle wat ek van weet waar betogings gepaard gaan met die vernietiging of beskadiging van eiendom. Die media in SA het dubbele standaarde. Die beeld wat ek kry is jy kan ander se eiendom beskadig en vernietig solank jy swart is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.