Talle vas ná Pta-betogings

'n Petrolbom is tydens Woensdag se betogings na die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein gegooi.

‘n Petrolbom is tydens Woensdag se betogings na die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein gegooi.

Talle mense is reeds in hegtenis geneem en nog inhegtenisnemings word verwag in verband met vandeesweek se gewelddadige betogings in Pretoria se middestad.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het in ʼn verklaring gesê 28 mense is reeds in hegtenis geneem in verband met verskeie aanklagte, waaronder opsetlike saakbeskadiging, openbare geweld, diefstal en aanranding. Hy het gesê altesaam 35 aanklagte is tot dusver aanhangig gemaak en meer inhegtenisnemings word verwag.

“Wetstoepassingsowerhede is sedert Dinsdagaand in die omgewing van Pretoria se middestad ontplooi waar daar ʼn nagwaak gehou is op die vooraand van Woensdag se massaprotesoptredes in verband met die sogenaamde staatskapings-verslag,” het Phahlane gesê.

“Drie byeenkomste is goedgekeur onderhewig aan ooreengekome voorwaardes wat onder meer die veiligheid van deelnemers en omstanders verseker. Twee van dié byeenkomste, waaronder die samekoms by St. Albans-katedraal en die optog van Princesspark na die Pretoria-landdroshof, albei in die middestad, was vreedsaam en sonder enige voorvalle. Ongelukkig het die derde byeenkoms, die nagwaak en ʼn optog deur ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), gepaard gegaan met verskeie voorvalle waarin skade aan eiendom aangerig is, plundering, openbare geweld, intimidasie en aanvalle op die polisie.”

Phahlane het gesê die polisiebestuur en wetsgehoorsame burgers is woedend oor die optrede van sommiges tydens Woensdag se betoging “wat net beskryf kan word as blatante straatboewery”.

Hy het gesê sameroepers van byeenkomste moet verantwoordelik gehou word vir die optrede van hul ondersteuners en die polisie ondersoek Woensdag se onwettige byeenkoms, die gedrag van die skare en beweerde aanhitsing deur hul leiers.

“Die polisie veroordeel die misdrywe wat deur Woensdag se protesoptrede gekenmerk is ten sterkste. Diegene wat in hegtenis geneem is, sal krimineel vervolg word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Bertus ·

Dis goed. Maar gaan daar iets van kom? Word net weer vrygelaat…..

Karen van Zyl ·

Bertus, ek het ook maar te gou bly geword want jy is heeltemal reg.

Anoniem ·

Dis ‘n goeie begin om te hoor die rampokkers word geidentifiseer, in hegtenis geneem en aangekla. MAAR ek sou graag wou weet wat is die uiteinde van al hierdie sake. Hoe lyk die vonnisse? Kan Maroela Media asb ondersoek instel en terugvoer gee?

Manie ·

Dit is baie positief. Sorg nou net vir die nodige skuldigbevinding en regmatige straf waar van toepassing.

Ekonomiese verliese ·

Die ekonomiese verliese moet ook bereken word met alle optogte, stakings ens wat verlore gaan in daardie omgewing, en die rekening gestuur word aan die vakbonde vir betaling.
Voor enige optog of wat dit ook genoem word, moet die vakbonde n deposito inbetaal om mense dadelik te vergoed.
Maak dit sommer 100 mil, hulle gaan 2 keer dink voor hulle………..

Niccy ·

Nee hulle sal hul roer…. hul is dan teenstanders van die huidige regering.

Christo ·

Diegene wat ge-identifiseer word, sal………………..polities beloon word. Niks krimineels nie!

Oupa ·

Mens kan sien hoekom die grootste deel van hierdie land se bevolking geen kultuur-geskiedenis het nie.

Zorba ·

Oom Paul jou agter end is aan die brand, kom ons wag end kyk of Brain nog genoeg steenkool reserwes oor het om hulle eie agter end ook aan die brand te steek

fred ·

SAL NATUURLIK VRYGELAAT WORD OP EIE VERANTWOORDELIKHEID – AND THATS IT.

John ·

Die DA sit met ‘n Malema-dilemma. Hulle moet katvoet loop met EFF-lede of hulle kry teenstand in die DA-stadsrade. Die Eff’e weet dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.