Die polisie in Limpopo het vandeesweek verskeie verdagtes in hegtenis geneem in verband met die onwettige jag of besit van beskermde spesies.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes, tussen 25 en 43 jaar oud, is voorgekeer en in hegtenis geneem terwyl hulle op pad was om beskermde spesies op ʼn plaas buite Hoedspruit te gaan jag.
Tydens die inhegtenisname is daar op een jaggeweer en ammunisie beslag gelê.
Die verdagtes sal binnekort in die Hoedspruit-landdroshof verskyn.
In ʼn ander onverwante voorval is ses verdagtes, een man en vyf vroue tussen 29 en 52 jaar oud, in Lulekani buite Phalaborwa vasgetrek nadat twee ietermago’s in hul besit gevind het.
“Die polisie het ʼn leidraad van die gemeenskap opgevolg,” het Ngoepe gesê. Die twee ietermago’s is lewend in ʼn hok aangetref.
Die verdagtes sal binnekort in die Lulekani-landdroshof verskyn.
Vroeër die week is nóg twee verdagtes, tussen 25 en 35 jaar oud, by die Tzaneen Lifestyle-winkelsentrum in hegtenis geneem toe ʼn ietermago in hulle besit gevind is.
Ngoepe het gesê die polisie in dié geval weer eens op ʼn wenk van die publiek gereageer.
Die verdagtes sal binnekort in die Tzaneen-landdroshof verskyn.
Die polisie se ondersoek in al hierdie sake duur voort.
Kry Professionele Traditionele jagters met honde, laat die smokkelaars vry en laat die honde julle jag.
Dis dood eenvoudig, een misdaad moet met dieselfde misdaad bekamp word. Daar is geen geregtigheid in die land nie, dus skep nou eie geregtigheid, veral vir die wat nie vir hulself kan opstaan nie.