Talle vas oor dwelms by musiekfees

Die feesterrein. Foto: Rocking the Daisies/Facebook

Die feesterrein. Foto: Rocking the Daisies/Facebook

Talle verdagtes, insluitende ʼn 28-jarige vrou, is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem tydens die Rocking the Daisies-musiekfees in Darling in die Wes-Kaap.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn totaal van 25 mense is in hegtenis geneem terwyl 31 dwelmsake by die Darling-polisiestasie aangemeld is. Die fees het van 1 tot 4 Oktober plaasgevind.

Volgens Van Wyk het die polisie Donderdag op dwelms ter waarde van R55 000 beslag gelê. “’n 28-jarige vrou van Muizenberg is in hegtenis geneem nadat 95 vloeibare ecstasy-tablette, 100 ecstacy-tablette, 50 LSD-repies, 23,5g ‘rock’ en twee sakkies dagga in haar besit gevind is.”

Van Wyk het gesê die vrou se VW Beetle is deurgesoek by ʼn padblokkade by die ingang na die plaas waar die musiekfees gehou is. “Sy sal na verwagting Dinsdag in die Darling-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dwelms.”

Van Wyk het gesê die polisie het ook op verskeie ander dwelms beslag gelê tydens die fees, wat deur meer as 22 000 mense bygewoon is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Piet Pompies ·

En so het die vrou se “trip” tot ‘n einde gekom.

Eliza-beth ·

Piet Pompies – vat vyf! Sommer tien, wat! Baie skerp!

GES ·

Die alternatiewe musiekfeeste is maar twyfelagtige feeste. Soos dit blyk is daar baie “side shows” aangebied.

Tonginniekies ·

Sware tyd as die musiek so swak is dat ‘n mens eers op ‘n trip moet wees om dit te geniet of verstaan.

Franscois ·

Stem saam met tonginniekies, jy moet op n plak wees, en niemand shower die hele tyd nie en dan word daar nog saam geslaap ook,(sies)!

ANDRE ·

G’n wonder dat my ma daai tyd al so erg daarteen was dat ek na sulke bos-feeste gegaan het nie…………..gelukkig het ek geluister……..dankie ma.

ladybug ·

Sluit sommer die kopers van die dwelms ook toe, want as daar nie gekoop word nie, sal daar nie handelaars wees nie!

Missy ·

23,5 kg rock – die dame het duidelik gedink dis ‘n ma’se drug-party. Shame man.

Patsie ·

Wys my een fees waar daar nie dwelms betrokke is nie. Die verskil is net dat by Rock feeste dit meer te vinde is. Groot jammerte. Hoop die kopers en verkopers ry aan die pen

Sweis ·

Hulle moet die goed net wettig en klaarkry. Daar gaan daagliks meer mense dood in motorongelukke en moorde as dwelms.

Griki ·

Ja, Sweis, en dan kan hulle sommer diefstal, inbraak, rowery, ens waar niemand sterf nie, ook wettig. Dis mos nou ondeurdagte kommentaar. Hoeveel mense sterf agv dwelmmisbruik? En ek praat nie van diegene wat sterf agv ‘n oordosis nie, maar moord, ernstige aanranding en soveel ander misdade as gevolg daarvan

Pieter V ·

Die straf vir dwelm misbruik is te lig , n minimum van vyf jaar sal sorg dat die verslaafdes lank buite aksie sal wees en n groot verlies vir die groot smouse.

Ferdi ·

Uit twintigduisend feesgangers is dit eintlik verbasend min. Iemand wat ek baie goed ken, gaan elke jaar soontoe as deel van verhoogpersoneel en het bevestig dat “Rocking” se organiseerders sowel as die eienaars van die perseel, geweldig streng is en selfs die SAPS versoek om padblokkades te hou en ook om in siviele drag met die skares te meng (daar is meer as een verhoog en meer as een skare). Volpunte aan die organiseerders vir hulle streng regulasies en verantwoordelike optrede.

Een van die personeel het glo Saterdagoggend hartmoeilikheid ervaar en is deur paramedici behandel, waarna hy per ambulans na ‘n hospitaal geneem is. Nou hoor ek die outjie was die enigste wat wettiglik “op ‘n trip” was, want hy is glo ‘n goeie skoot morfien toegedien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.