Talle vas oor rooftogte by selfoonwinkels

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Gauteng en die Wes-Kaap het gesê meer as 30 mense is tans verhoorafwagtend vir hul beweerde betrokkenheid by selfoonwinkelrooftogte.

“Die twee provinsies het verlede jaar ʼn toename ervaar in gewapende rooftogte waarin tegnologie- en selfoonwinkels geteiken is,” het brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die toenemende vraag na hierdie elektroniese goedere buite ons grense in lande soos Zimbabwe, Nigerië en Tanzanië speel ’n rol in die toename in hierdie misdade.”

Volgens Naidoo het Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, opdrag gegee dat ’n taakspan op die been gebring word om die rooftogte te ondersoek. Die taakspan sal bestaan uit speurders, lede van die Nasionale Vervolgingsgesag en verteenwoordigers van selfoonnetwerkverskaffers.

“Die meer as 30 verdagtes was deel van drie sindikate wat in Kaapstad en Johannesburg doenig was en by verskeie rooftogte betrokke was. Gauteng is die swaarste getref met 58% van die rooftogte wat daar plaasgevind het,” volgens Naidoo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

nico ·

Polisie moet n bietlie kyk wie maak meeste sulke winkels hier by ons oop en isaltyd vol stok kyk ook n bietjie wie clear die fone ook wat geblok is sogenaamdes van die buitelanders wat hier kom werk soek maar besighede oop maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.