Talle vas vir dronkbestuur op pad na rietdans

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Altesaam 16 bestuurders, onder wie ʼn provinsiale staatsamptenaar, is die naweek in hegtenis geneem vir dronkbestuur op pad na ʼn jaarlikse rietdansfees in KwaZulu-Natal.

Kwanele Ncalane, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, het gesê die rietdans vind in eNyokeni, KwaNongoma, in die noordelike deel van die provinsie plaas. Die bestuurders is in hegtenis geneem deur die departement se inspektoraat en die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat ʼn fyn oog gehou het op motors op pad na die geleentheid waarvan baie die jong meisies vervoer het.

“Die bestuurders wat in hegtenis geneem is, sluit ʼn beampte van die provinsiale regering in wat gevang is terwyl hy onder die invloed van alkohol ʼn staatsmotor sonder die nodige toestemming bestuur het,” het Ncalane gesê. Twee ander staatsbeamptes is ook gevang dat hulle staatsvoertuie sonder toestemming gebruik het. Die voertuie is deur die polisie geskut.

Ncalane het gesê die wetstoepassingspan het die paaie na eNyokeni van Donderdag af beman en meer as 2 500 voertuie afgetrek. Altesaam 800 bestuurders is aangekla van verskeie oortredings.

Willies Mchunu, KwaZulu-Natal se LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling, het gesê die regering het sterk standpunt ingeneem teen bestuurders wat die lewens van onskuldige mense bedreig.

“Ons het vroeër vanjaar in ons begrotingstoespraak gesê dat die regering en sy werknemers leiding moet neem in die nakoming van padreëls. Dit is daarom vernederend dat ʼn regeringsbeampte gevang is vir dronkbestuur terwyl twee ander beamptes regeringsmotors sonder toestemming bestuur het,” het hy gesê. “Hierdie optrede is ʼn bewys dat daar geen heilige koeie is in ons pogings om verkeersregulasies af te dwing nie.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Peet Schabort ·

Is dit hoog in die takke of diep tussen die riete ?

Drieks ·

Een uit drie is oortreeders. Anc het hierdie gemors geskep

Roelf Dreyer ·

Welgedaan ek hoop die ander provinsies volg julle voorbeeld

elsja ·

Baie goeie werk gedoen in ondankbare omstandighede ,dankie LUR EN BEAMPTES doen so voort.

Please ·

Ja reels word nou toe gepas want n verkiesing is mos op pad

neelsie ·

Dankie , hou daagliks padblokkades, haal die skuldiges uit.
Maak die alkohol-bloedtelling –ZERO

jakes ·

Oppad na die sg.rietdansfees al gearresteer. Wonder hoe dronk hulle dan sou wees as hulle wou terug ry.

scalla ·

Hulle het begin opwarm deur rietspiritus te drink om die rietdans te geniet, die oortreders het almal lekker gedryf.

Anoniem ·

Nog nie eers by dans nie en al klaar dronk. Waar gaan die piesang republiek eindig met sy verkwisters?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.