Talle vas vir onwettige mynboubedrywighede

Talle mense is die afgelope week weens onwettige mynboubedrywighede aangekeer. (Foto: SA Polisie)

Altesaam tien mense is die afgelope paar dae in Noordwes aangekeer vir onwettige mynboubedrywighede in die omgewing van Rustenburg.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê in die jongste voorval is twee verdagtes deur lede van die polisie se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, die openbare orde-eenheid en amptenare van die departement van minerale hulpbronne in hegtenis geneem.

Die twee was besig om met masjiengrawe te werk, maar het geen toestemming van die departement vir die bedrywighede gehad nie.

Hulle is in hegtenis geneem en word onder meer aangekla van oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur.

(Foto: SA Polisie)

In ʼn afsonderlike voorval is agt verdagtes Dinsdag in hegtenis geneem toe hulle betrap is waar hulle ook met masjiengrawe en vragmotors met mynboubedrywighede besig was.

Die verdagtes verskyn almal volgende maand in die Rustenburg-landdroshof.

Die Valke het ook ʼn streng waarskuwing aan kontrakteurs gerig wat grondverskuiwingstoerusting aan onwettige mynwerkers verhuur. Rikhotso het gesê die polisie gaan vir die doel van die ondersoek beslag lê op alle toerusting wat gebruik word vir onwettige mynboubedrywighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Vat die geldvrate vas veral die wat die verhurings doen hulle weet die aktiwiteite is onwettig.

Deon ·

Nou waarom mag die mense nie myn nie? Wat moet hulle dan doen? Seker ook maar gou n paar sente iewers op n plaas gaan skraap…. As hulle myn en genoeg op die swartmark maak om masjiene en dies meer te huur dan beteken dit dat daar nog iets is om te myn, help die mense om dit reg te doen en sodoende kan werk geskep word. Die mense van Kleinsee wag nou nog vir permitte wat die minister al 2 jaar terug belowe het, hulle vra nie baie nie, hulle vra ook net om ten minste n bestaan te maak. Maar nee, die klein mannetjie mag nie lewe nie maar die duk menere mag rol in die geld.. Tsek man

Mad Mike die Rhodesiër ·

Hoog tyd! Hierdie is deel van die voortgaande korrupsie in die land…

Oom Hennie Pennie ·

As hulle kan masjiene huur los hulle UIT as hulle dit ordelik doen en niemand pla nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.