Talle vas vir Soweto-plundery

Die foto is in Snake Park geneem. Foto: @DeliciousMello op Twitter.

Die foto is in Snake Park geneem. Foto: @DeliciousMello op Twitter.

Altesaam 39 mense is tot dusver in hegtenis geneem in verband met plundery en openbare geweld in Soweto, Johannesburg.

Die geweld het uitgebreek nadat ʼn uitlander na bewering Maandag ʼn tiener in Snake Park doodgeskiet en ʼn ander een gewond wat sy winkel beroof het. The Star het die tiener wat dood geskiet is, as Mthetheleli Siphiwe Mahori (14) geïdentifiseer.

Lt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê 29 van die 39 mense is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle uitlanders se winkels in Snake Park en Braamfischerville geplunder het. Hy het gesê lede van die gemeenskap het regdeur die aand die misdrywe gepleeg en meer inhegtenisnemings kan verwag word.

Die foto is in Snake Park geneem. Foto: @DeliciousMello op Twitter.

Die foto is in Snake Park geneem. Foto: @DeliciousMello op Twitter.

Drie Somaliërs is ook in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en vervalste identiteitsdokumente. “Hulle het op lede van die gemeenskap losgebrand toe die gemeenskap hulle aangeval het en hul winkels wou plunder. Die skare het daarop aangedring dat hulle die gebied moet verlaat,” het Makhubela bygevoeg.

Onrus het daarna na Braamfischerville, Mapetla, Dobsonville, Emdeni, Zola en Protea Glen uitgebrei.

Verskeie uitlanders het reeds uit die gebied gevlug.

Die foto is in Snake Park geneem. Foto: @DeliciousMello op Twitter.

Die foto is in Snake Park geneem. Foto: @DeliciousMello op Twitter.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Hier kry ons die bewys, die polisie kry nie hierdie aanvalle onder beheer nie.
Ons in groot gevaar…….

Ben Schultz ·

“Plundery” is bloot ‘n effens grênder woord vir “Diefstal” en steel wat al ‘n Nasionale tydverdryf vir baie Suid Afrikaners geword het. Heuningsmeer help niks, ‘n dief bly ‘n dief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.