Die polisie in Johannesburg het 41 verdagtes vir verskeie oortredings in hegtenis geneem tydens ʼn teenmisdaad-operasie oor die naweek.
Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, sê twee mense is vir kaping in hegtenis geneem, twee vir gewapende roof, een vir moord, twee vir roof, een vir poging tot moord en 13 vir winkeldiefstal.
Mbele sê van die ander verdagtes is vir aanrading met die doel om ernstig te beseer, die besit van dagga, huishoudelike geweld, beskadiging van eiendom en dronkbestuur in hegtenis geneem.
Mbele sê meeste van die verdagtes sal Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.