Talle vasgetrek in teenmisdaad-operasie

jail_barsDie polisie in Johannesburg het 41 verdagtes vir verskeie oortredings in hegtenis geneem tydens ʼn teenmisdaad-operasie oor die naweek.

Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, sê twee mense is vir kaping in hegtenis geneem, twee vir gewapende roof, een vir moord, twee vir roof, een vir poging tot moord en 13 vir winkeldiefstal.

Mbele sê van die ander verdagtes is vir aanrading met die doel om ernstig te beseer, die besit van dagga, huishoudelike geweld, beskadiging van eiendom en dronkbestuur in hegtenis geneem.

Mbele sê meeste van die verdagtes sal Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.