Talle verdrink by Kaapstad reeds vóór vakansie begin

Een van Kaapstad se talle gewilde strande. (Foto: Craig Howes/Twitter)

Kaapstad het ʼn beroep gedoen op vakansiegangers wat sy strande besoek om ekstra bedag in die water te wees – altesaam 10 mense, onder wie kinders, het reeds vóór die aanvang van die vakansie verdrink.

“Dit is baie ontmoedigend, gegewe die stad se bewusmakingsveldtogte om verdrinkings te voorkom,” het Zahid Madroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, gesê.

In die 2018-’19-seisoen was daar 11 verdrinkings, in vergelyking met die seisoen tevore, toe 19 mense verdrink het.

“Die aanduidings is dat die voorvalle verband hou met seestrome, óf wanneer mense swem in gebiede wat nie daarvoor afgebaken is nie. Ons jaarlikse boodskap sluit spesifieke waarskuwings oor seestrome in en waarsku mense om binne die veilige gebiede op die strand te bly,” het Badroodien gesê.

Die stad het 282 lewensredders vir die seisoen op strande en ʼn bykomende 11 permanente senior strandlewensredders op 26 plekke langs die kus ontplooi. Dit sluit getypoele in.

“Ons lewensredders doen fantastiese werk, veral omdat duisende besoekers daagliks na ons strande stroom. Hulle help op talle maniere en voorkom groot getalle ernstige voorvalle, maar hulle kan dit nie alleen doen nie.

“Besoekers het ook ʼn rol om te speel en ek pleit by hulle om te alle tye in die voorgeskrewe swemgebiede te bly waar lewensredders aan diens is; om nie [alkohol] te drink en te swem nie; om net tussen vlae te swem; asook vir volwassenes om toesig oor hul kinders te hou.”

Badroodien het gesê hoewel geen van die 10 verdrinkings met alkoholgebruik verband hou nie, gaan tweederdes van verdrinkings gepaard met “problematiese sosiale gedrag”.

Alkohol word glad nie op Kaapstad se strande toegelaat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

charmaine ·

Die kinders word net losgelaat en het geen ervaring van die see nie.

Anti Da ·

Bly liewers tuis of gaan swem in die Vaaldam. Daars minder riool in die water as Kaapstad se see.

Susan ·

Charmaine, alhoewel die Vaaldam soms so rof soos die see kan wees :)

Theuns ·

Leer die kinders eerder swem voor julle hul seks onderrig op skole gee. Ouers moet hulle verantwoordelikhede nakom en toesig hou. Moet sê dit is nie altyd net kinders wat verdrink nie.

Niklaas ·

Dis dwaas om jou kind wat glad nie kan swem , strand toe te neem…en dan nog daar los sonder toesig en dit gebeur baie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.