Talle vergoed ná agt sterf tydens fiksheidstoets

Argieffoto

Argieffoto

Die KwaZulu-Natalse departement van vervoer het uitbetalings begin maak ná die voorval in Desember 2012 toe agt mense gedurende ʼn fiksheidstoets dood is, het die Witness Dinsdag berig.

Volgens die berig het die departement op 26 Februarie R10 000 aan 18 mense uitbetaal wat tydens die fiksheidstoets by die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat (RTI) beseer of in die hospitaal opgeneem is. Die fiksheidstoets het onder meer behels dat aansoekers 4 km moes hardloop by die Harry Gwala-stadion in Pietermaritzburg.

Die fiksheidstoets het deel uitgemaak van ʼn proses om aansoek te doen vir werk by die padverkeersinspektoraat. Meer as 40 000 mense het in aanmerking gekom om vir 90 geadverteerde poste aansoek te doen. Die 40 000 mense het op 27 en 28 Desember die fiksheidstoetse onderneem.

Sbu Gumbi, hoof van die departement, het aan die koerant gesê aktuarisse sal die families van die oorledenes besoek om vas te stel hoeveel vergoeding hulle sal ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet Pompies ·

Dienspligtiges en Staandemag lede het eers ‘n mediese toets ondergaan en ‘n gradering gekry (G1K1) voordat enige oefening gedoen is. Jy kan mos nie sommer enige persoon van die straat af toelaat om 4km te hardloop, waar is jou vrywaringsform, waar is jou brief van die Dr af…. ekskuus die mediese vorm is verskaf deur die omgekoopte Dr wat my siek sertifikate vir die toekoms gaan verskaf…

scalla ·

Nou waar kom die oorgewig verkeersmense vandaan, bribe geld en kentucky

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.