Talle vermeende stropers in Kaapstad vas

Die perlemoen en kreef wat gevind is (Foto: SANParks TMNP, Twitter)

Altesaam 13 vermeende stropers is die afgelope week in die Tafelberg Nasionale Park in hegtenis geneem is.

Frans van Rooyen, parkbestuurder, sê veldwagters in samewerking met wetstoepassers van die Kaapstad-metro, het vyf vermeende stropers Donderdag in die omgewing van Kommetjie vasgetrek.

“Daar is op altesaam 13 eenhede perlemoen en 10 Weskus-krewe, sowel as duiktoerusting, beslag gelê,” het Van Rooyen gesê.

Die tweede groep verdagtes is Vrydag in Houtbaai tydens ʼn gesamentlike operasie tussen die polisie se seegrens- en duikeenheid en die park se omgewingsmisdaad-ondersoekeenheid in hegtenis geneem. Hulle was in besit van 86 eenhede perlemoen en duiktoerusting.

Die duiktoerusting waarop beslag gelê is (Foto: SANParks TMNP, Twitter)

Nog vyf mense is Saterdag in die Platboom-omgewing deur veldwagters en die ondersoekeenheid vasgetrek. Hulle was in besit van 38 eenhede perlemoen.

SANParke het ʼn beroep op mense in die omgewing gedoen om voort te gaan om te help om misdaad in en om die park hok te slaan.

Die verdagtes sal so gou doenlik in die hof verskyn.

Die polisie se ondersoek gaan intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danie ·

Hi my ou stuur daai krewe ek is nou lus vir so ou kreef stert. Mmmmmm lekker

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.