Talle veroordeel inbraak by hoofregter se kantoor

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: GCIS

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: GCIS

Die parlement was Sondag een van talle wat die inbraak by die hoofregter se kantoor in Johannesburg veroordeel het waartydens 15 rekenaars wat sensitiewe inligting bevat, gesteel is.

Moloto Mothapo, parlementêre woordvoerder, het gesê die parlement het met kommer van die inbraak kennis geneem. “Sulke misdaadvoorvalle moet ʼn bron van ernstige kommer wees en as ʼn skok kom vir diegene wat waarde heg aan ons grondwetlike demokrasie en die gepaardgaande strukture wat as’t ware die Grondwet se lewensaar is,” het Mothapo gesê.

“Misdaad soos hierdie ondermyn nie net ons regstelsel nie, maar is ook ʼn aanval op ons waardes as nasie. Die parlement doen ʼn beroep op die polisie om geen steen onaangeroer te laat om seker te maak dat die skuldiges aan die pen ry nie.”

Mathole Motshekga, die voorsitter van die parlement se komitee oor justisie en korrektiewe dienste, het gesê die komitee is woedend oor hierdie soort misdaad. “Dit is ʼn direkte aanval op ons regbank, regstelsel en ons swaarverdiende demokrasie,” het Motshekga gesê. Hy het die SAPD geloof vir die vinnige optrede om ʼn taakspan aan te stel om die voorval te ondersoek en die bykomende veiligheidsmaatreëls wat dadelik ingestel is om regters sedert die voorval te beskerm.

“Die vinnige spoed waarteen die polisie opgetree het, moet geloof word. Die veiligheid van ons regters is van die uiterste belang.” Hy het gesê die komitee sal met hoofregter Mogoeng Mogoeng vergader om te verseker dat die maatreëls voldoende is.

Maroela Media het vroeër berig 15 rekenaars is Saterdag in die vroeë oggendure uit die hoofregter se kantoor in Midrand gesteel. ʼn Woordvoerder het gesê die gesteelde rekenaars bevat belangrike inligting oor regters en beamptes van die kantoor van die hoofregter.

Die inbraak is uit alle oorde veroordeel, onder meer deur die ANC, die DA en Sanco.

“Vuurwapens wat uit polisiestasies gesteel word en rekenaars wat uit die kantoor van die hoofregter gesteel word, dui daarop dat misdaad in ons gemeenskappe ongekende afmetings aangeneem het,” het Jabu Mahlangu, Sanco-woordvoerder, gesê. “As misdaad nie stopgesit word nie, sal ons ook nog hoor van ʼn rooftog by die Uniegebou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Scalla ·

Vorige regeringsamptenare het begroot om te steel, die huidige regering steel sommer die hele begroting,

Remlut Froggiem ·

Ons almal weet wie sit agter dit. Dink maar terug aan die WAPEN transaksie en wat daar als gebeur het !

christine ·

Soe gaan ons nog hoor by President se kantoor ingebreek, die skurke het die Regters se rekenaars gesoek ,toe ontvoer hulle n outjie bekend as Zombie Zuma

Gideon ·

Ooooo die gestoom blasery. ANC DA oe. Wat is die afgelope 20 jaar ivm diefstal en inbraak wat daagliks en jaarliks stuig gedoen – absoluut NIKS. Dit was wat my betref aangemoedig om regstelende aksie tussen die sogenamde rykes en die previous disatvantaged te verklein wat gegroei het na ons huidige moordsyfer wat met “huisbraak” gepaartgaan. Dit is roof met die opset om te moor.

Xavier ·

Taakspan vir rekenaars…maar ons hoor niks van ‘n taakspan vir plaasmoorde nie…of is ek verkeerd?

lw ·

Wetteloosheid neem toe. Geen ontsag vir niks en niemand. Selfs die jong ANC lede luister nie meer na hul oppergesag nie.
Die minister van polisie wil appelleer teen hofbeslissing van die Valkehoof. In nuusberig het hy gesê maandag is hy terug op kantoor. N Kerkleier het vir hom gesê net God kan hom uit sy pos verwyder.
Dis kommerwekkend, want die wetteloosheid sneeubal al hoe meer.
Dit trek deur na die landsburgers.

GES ·

Die “gesteelde” goedere word maar net huis geneem omdat dit moontlik gesteel kan word.

Johann ·

Ag asseblief!!!!!! Die ANC ontken die howe en regbank of stel hul eie ZUMAIKIES aan in al wat n pos is en nou skielik die bohaai? Twee gat Jakkalse

w ·

Miskien sal die prez wakker skrik oor die erns van misdaad wanneer daar by Uniegebou ingebreek en gesteel word

adriana ·

Jip voel hoe voel dit. Hoog tyd dat dit julle beurt is. Wonder of julle die kriminele borg sal toestaan as hulle gevang sou word.Welkom in SA waarvan julle so ver verwyderd is. Julle het seker gedink julle is onaantasbaar?

Annie ·

Kom ons vrae … wie sal graag die info wil laat verlore gaan om hulle eie nekke te red ……… rest my case

mike ·

Annie jy is heeltemal reg. Wonder of hulle die oorspronklike dokumentasie in n safe gebere het.

klip in die bos ·

Klip in die bos: Wou die regters dit dalk laat wegraak het sodat daar geen bewyse teen zuma en ministers is nie? So is hulle dan verseker van hul werk indien hulle eendag n straf moet uitdeel?

Alida ·

Hulle hoef nie by die Uniegebou in te breek nie die kriminele beset reeds al die kantore nou raak die bewyse net weg!. Thuli het nog al die bewyse op tientalle plekke gebere. Kry vir julle daar is slim mense buite. Seer sekerlik is daar back-ups gemaak van die inligting of weet hulle van sulke goed nie. Dit is beplan deur die ouens wat bang is vir die tronk.

Gerrit ·

Dit is algemeen bekend dat regters nou nie juis vreeslik baie produktief is nie,so ek dink die belangrikste inligting op daardie rekenaars is die kalenders waarop aangedui word wie wanneer amptelike verlof gaan neem.

Jaco Grobler ·

Sekerlik het so ‘n departement van die regering stelsels wat daagliks ‘back-ups’ maak en beoefen ‘n sekerheids protokol wat alle sensitiewe inligting veilig hou….Oeps amper vergeet ek, dit ouens se baas is mos die een wat nie eers ‘n getal van ‘n stuk papier af kan lees nie!

SARIE VAN HEERDEN ·

Begin met die ondersoek na die grootste “verdagte van honderde kriminele sake” in ons land en dan wentel jy dit af na diegene wat die misdaad fisies gepleeg en op bevel georkestreer het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.