Talle vlugte by King Shaka vertraag

Tientalle is Dinsdagoggend op die King Shaka-lughawe vertraag. Foto: Verskaf

Beamptes van die King Shaka Internasionale Lughawe, noord van Durban, sê hulle verwag om Dinsdagoggend se talle vlugvertragings teen 12:00 in te haal.

Collin Naidoo, senior bestuurder van korporatiewe sake, sê toe die eerste vlugte vanaf 06:00 Dinsdag moes begin opstyg, is vasgestel daar was geen ingenieur van die SAL op die lughawe om seker te maak die Boeing 737-800’s voldoen aan veiligheidsvereistes nie.

Teen die tyd dat die SAL om 07:00 ʼn ingenieur van Johannesburg af Durban toe gevlieg het, was tien vlugte reeds vertraag, vertel Naidoo. Die ingenieur het dadelik aan die werk gespring, maar die agterstand in vertrektye van sowat ʼn uur sal na verwagting eers teen 12:00 ingehaal kan word.

Naidoo sê omdat die lughawe in elk geval douvoordag druk besig is, was daar nie opmerklike skares mense wat daar saamgedrom het nie. Enkele passasiers het wel hul ontevredenheid in die sosiale media uitgespreek en foto’s van die inligtingsborde by die lughawe gedeel waarop gesien kan word hoeveel vlugte vertraag was.

Naidoo sê die ingenieurs van die SAL, wat Dinsdag ʼn personeeltekort op die lughawe ervaar het, gaan al die lugrederye se Boeing 737-800’s na.

Tlali Tlali, SAL-woordvoerder, kon nie vanoggend telefonies meer inligting oor die saak verskaf nie. Hy het versoek dat navrae skriftelik aan hom gerig word. Maroela Media wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

SjN ·

Kommerwekkend, dit is hoekom ons as rommelstatus gegradeer word, kan daar nie besef word dat kundigheid in bestuur ontbreek nie.

wielie ·

Oi! Nou jaaaag hulle om vlieg skedules op tyd te kry?! So hulle jaaaaag gou gou om die vliegtuig ini lug te kry. Hoop die ouens ken hul job.

ATC ·

SAL het nie eers boeing 737-800 vliegtuie nie, Safair het al hulle vliegtuie terug gevat wat hulle aan SAL ”gelease” het en dit het byna twee jaar gelede al geskiet..

Valerie ·

Afrika…Afrika standaarde…vrot 3de wéreld standaarde…eenvoudig; en, nee, dit gaan nie “orals so” nie. Daai “orals so” storie is pure propaganda (seker weer RSG propaganda).

Johan ·

Eish – geen ingenieur daar nie? Hoeveel SAL ingenieurs is daar in Durban? Net 1 as daar ene van Jhb moes ingevlieg word? Swak, swak, swak bestuur. Kortom – ek glo nie die storie nie. Probeer nog een. Tlai Tlali dink nou seker aan die snert wat hy gaan kwytraak. Is nuuskierig om te hoor wat hy gaan gorrel (as hy gaan reageer).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.