Talle vrae ná bekende diereliefhebber se ‘selfdood’

Annel Snyman (38) saam met een van haar geliefde leeus. (Foto: Facebook)

Honderde boodskappe van medelye het ingestroom ná die dood van Annel Snyman (38), eienaar van die Loebies-roofdierpark buite Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo.

Snyman is beskryf as ʼn vrou met ʼn ongelooflike liefde vir diere en iemand wat altyd goedgesind teenoor mens én dier was.

Vir Snyman se familie is die verlies enorm, maar daar is ook meer vrae as antwoorde ná haar dood laat Maandagaand.

Snyman was saam met ʼn vriend by die Cayley Mountain Resort in KwaZulu-Natal vir ʼn wegbreekkans, toe haar vriend haar liggaam glo Maandag omstreeks 22:30 in die badkamer ontdek het. Snyman het haarself oënskynlik om die lewe gebring deur haar met ʼn rekverband agter die deur op te hang.

Antoinette Snyman, Annel se ma, het gesê die vriend het hulle Dinsdagoggend vroeg van haar vermeende selfmoord in kennis gestel, nadat die polisie kort ná middernag al na die toneel ontbied is.

Antoinette het gesê Annel het wél lupus gehad, maar dat sy nie ʼn depressielyer was of enige selfmoordneigings gehad het nie. “Wát gebeur het, weet ek nie. Ek wéét nie. Dis ʼn slegte storie vir ons,” het Antoinette gesê.

Annel het die bekende roofdierpark op haar pa, Hennie, se plaas bedryf, terwyl Antoinette vir die gasteplaas verantwoordelik is. Annel het na tientalle roofdiere omgesien.

“Sy het ʼn absolute gawe gehad om met mense en diere te werk,” het Antoinette gesê.

Antoinette het gesê haar man en seun, Nardus, is self na die toneel om te probeer vasstel wat presies gebeur het en het gevra dat ʼn behoorlike ondersoek na die omstandighede rakende Annel se dood gedoen word.

Begrafnisreëling sal eers ná afloop van die nadoodse ondersoek gefinaliseer word.

Honderde mense het intussen boodskappe van medelye ná Snyman se dood op sosiale media geplaas. Verskeie daarvan is afkomstig van internasionale besoekers wat die roofdierpark besoek en Snyman daar ontmoet het.

Maroela Media het die polisie genader om kommentaar oor die voorval en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Ekke ·

Dit was my eerste gedagte… hoekom eers die volgende oggend haar ouers laat weet…

Depressie ·

As mense selfdood pleeg dan vra almal “hoekom het ons niks gesien of gehoor”. Maar as mense praat daaroor hardloop almal weg.

Lolla ·

Ekke……………… 22:30 is reeds amper half 12 in die nag. Die ouers is baie vroeg in die oggend laat weet. Die vriend kan nie net die familie laat weet as die SAPD op die toneel is nie. Hy / sy moet wag tot die mediesespan haar dood verklaar het. Vroegoggend kan enige tyd in die oggend ure gewees het. Hulle gee nie ‘n tyd nie. Ander mense se boeke is baie duister so moenie net julle eie gevolgtrekkens maak nie.

Regtig? ·

Jy nou ernstig? Direk noem y hierdie baie geliefde oorledene onnosel? Op n blad wat mense lees wat rou oor haar. Klink vir my eerder of iemand anders dalk n te kort aan verstand het huh?

nella ·

Wonder !!!!! Ek stem saammet jou. Ek ruik ñ groot rot. Arme familie , sterkte vir julle.

Ellen Maré ·

Ek was ‘n paar jaar gelede op die plaas en het Moses, die mak Otter, gaan swem. Sy was fantasties met die diere. Ek ruik ‘n groot vet rot want sy het gelewe vir daardie diere

Gert van Wierdapark ·

Twee en twee is nie 22 nie, maar 4. Ou Jason sit omdat hy sy vrou vermoor het!!!

Hanri ·

Ruik ‘n rot het haar geken. Sy sou dit nooit doen nie! Hoop hulle kom agter die kap van die byl. Daar is baie meer agter dit…

Mart-Mari ·

Hopeloos te bekend…….(Susan Rhodes)……Sterkte aan die familie!

Amanda ·

Sjoe! Dis ‘n groot verlies. Hoe hang mens jouself agter ‘n deur op???? Kan die hakke ‘n mens se gewig dra????

Ekke ·

Haar liggaam 22.30 ontdek……Polisie net na middernag ontbied…..Familie eers volgende oggend in kennis gestel???????????? Iemand sal baie vrae moet beantwoord!!!

B.B. ·

Dis baie, baie hartseer….net snaaks hoeveel dames vermoor word wanneer hulle saam met n vriend weggaan…en altyd pleeg die vrou selfmoord…tot die waarheid uitkom..!!

J J ·

Tye maak nie sin nie. Sal seker 5 jaar wag vir patoloë se verslag om tyd van afsterwe te bepaal.

Hanlie ·

Hoe sterk is ‘n rekverband? Kan iemand vir my se? Klink ook vir my baie snaaks. Kom ons kyk maar wat gebeur. Dis hoekom ek stem vir die doodstraf.

JJ ·

Wonder het die vriend polisie gebel. Normaalweg sal mens seker eers haar probeer help dan ambulans bel familie bel en dan polisie.

Elna ·

Dit klink snaaks. Rek verband ( indien dit die plastiese rek verband is) is nie baie sterk nie en die hak agter die deur kan ook nie ongeveer 55 en meer kg dra nie die hak sal afbreek of uitskeur uit die deur uit.Hoop maar die waarheid kom vinnig uit.

Blommie ·

Hoop nie die was n Jason Rhode geval nie.
Ai sterkte aan die wat agter bly, dis so jammer!

Madelein Mey ·

Ek stem saam GROOT GROOT GROOT iets is verkeerd. Almal wat komentaar gelewer het is so reg as jy nou dood Val bel Mos eerste familie. En as jy mooi gaan kyk op die 10de oggend op haar what’s app het!!! 06:30 by haar whatsapp in gelog wat sy soek jy op n oorledene se whatsapp. SELFMOORD GLO DIT NIE

Hannelie ·

Iets is en klink net nie reg nie…… Hoop vir haar familie dat hul antwoorde sal kry op hul vrae. Sterkte

Retha Basson ·

My kommentaar het nie net betrekking op die oorledende nie.
Ek voel baie ernstig hieroor. Sy was blykbaar ongelooflik lief vir haar leeu. Tog is sy baie wreed om hom gevange te hou vir watter rede ookal. Sy is nie n veearts om die leeu in n draadhok aantehou indien hy iets makeer. Hy bly n wildedier en
hoort in die wild. Sy staan gevaarlik naby aan hom.
Die ander ding is die leeuplase waarheen baie onnosel mense hul klein kinders vat. Die eienaar van die leeus asook ouers van die kinders het beslis geen verstand.

Elizabeth Pretorius ·

Of hy in n hok was of nie, is nie tesprake nie, alles diere is in gevaar, want hulle word vergiftig of net vir die plesier dood gemaak. Ja wilde diere het hulle nukke en giere net soos die mens dus geen verskil. Diere reageer op instink, mense doen dit vir hul plesier. Dit gaan ooe hoe sy glo selfmoord gepleeg het. Nee ek het haar nie geken nie, maarhaar selfdoid maak geen sin nie. Hoop die waarheid gaan seevier

maraai ·

Retha dit is nie nou die tyd of plek om jou n debat te voet oor wilde nie. Als het n tyd en plek hier is mense wat rou. Hoi snedige aanmerkings vir die regte platvorm

Gwen ·

Waar val jy uit? Ek sal nie ander mense onnosel noem as ek jy is nie.

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan haar ouers, kon sien dat sy n liefdevolle vrou was… ja almal gaan nou wonder en n rot ruik?? die feit dat hy nie dadelik haar ouers laat weet het nie, klink nie reg, maar kom ons wag en hoor maar wat regtig gebeur het. Ons is vining om te oordeel, maar ons was nie daar… en kan dus net wonder?? en wag vir die uitslag. RIV Annel.

Rina ·

EK is nou nie n kenner nie maar n rekverband ……. sterkte aan die ouers familie ons was ook daar … dis hel

Renier ·

Ek luister onlangs na ‘n dokter se ontleding van die Jeffrey Epstein “selfmoord” en daar word gepraat oor die momentum benodig om die bene te breek en pynlose dood te verseker, en hoe dit selfs in die tyd van doodstraf dikwels gefaal het.

Ettienne ·

Julle almal hamer op dieselfde punt. Gee die polisie kans om voorval te ondersoek. Julle het klaar die man skuldig bevind al ken die meeste van julle hom nie eers nie.

P.O. ·

Als het te maklik geraak is S.A. Die waarheid sal bekend word!!! Ons VADER is groot. Sterkte aan die familie. Dink aan julle almal.

Spook op thaba ·

Ag laat ek maar n blikkie iets daar in die kombuis gaan oopmaak. Glo nie daar sal wurms in wees nie

Hannes De Beer ·

Moet nou nie nonsens praat nie.

Sy het waarskynlik wel depressie gehad, en dit weggesteek.

Die waarskynlikheid van Depressie is 6 maal groter in Lupus lyers as in gesonde persone.

Bettie ·

Ek het Anel geken. Sy was altyd sprankelend en opgeruimd. Haar lewe was een groot avontuur tussen haar geliefde diere. Om te hoor sy het selfdood gepleeg, klink onmoontlik. Sterkte aan Antoinette, Hennie en familie. Hierdie is n groot verlies…. vir my ook!! Mag die waarheid oor die gebeure uitkom.

Stormrider ·

Die MO dui daarop dat dit dalk selfs AEA kon wees wat verkeerd geloop het, alhoewel dit oor die algemeen baie minder deur vroue as mans beoefen word. Ek glo darem nie sy is vermoor of het doelbewus selfdood gepleeg nie.

Renee ·

Hulle sal alleen agter kom dat daar ‘n rot is as hulle kan tel……….

Sê maar net ·

Baie mense wat altyd lyk of hulle lewensbly en groot mense, mense is…is die outjies wat meeste aan depressie ly. Dis ook hulle van wie jy dit die minste verwag wat selfmoord pleeg. Ek praat van dure ondervinding. Die vrae is baie en die antwoorde min. My innige meegevoel met die familie wat agter bly.

BB ·

Dink ook nie dit is reg om iemand te oordeel nie… wag vir die polisie om hulle werk te doen voordat mens veroordeel depressie is iets wat mens maklik kan laat kop verloor… In skok bel mens seker maar verskillende mense op verskillende tye maar seker logies eers polisie en dan medies, maar om te oordeel sonder feite maak geensins sin nie . Sterkte aan almal betrokke

Pat wiehahn ·

Retha n leeu in captivity kan nooit weer vrygelaat word nie Annel se leeus is in ordentlike groot kampe nie draadhokke nie..jy het geen benul waarvan jy praat nie..sy was baie goed vir haar diere…wat het dit uit te waai met hierdie gesprek..genade sy was my buurvrou en ons is verslae en seer en glo my ons sal alles doen om haar werk met diere rehabilitasie en omgee voort te sit..hou op nonsens praat daar is n familie en vriende wat swaarkry….wat antwoorde wil he.

Bettie ·

Ek stem 100 % saam met jou Pat. Nog nooit het ek n persoon ontmoet wat so lief vir haar diere was en hulle vir haar nie. So asb, hou onnodige, ongevraagde kommentaar van hierdie artikel af. Dit is totaal onvanpas en ongevoellig.

Niklaas ·

Die waarheid kom altyd later uit en dan sal die gereg sy loop neem. Dit help nie om nou te bespiegel nie. Maar dis vreemd om te hoor van selfmoord by ‘n vakansie oord. Dit sal mos makliker by jou eie tuiste wees. Alles sal later duidelik word.

Feit ·

Ons het mekaar as kinders met verbande op fietse rond getrek so hulle is sterker as wat mens dink, en op die fotos lyk sy baie fyn en klein… Sterkte aan almal betrokke

Uiltjie ·

Ek moet saam jou stem.. Daar is defnitief n slang in die gras!

Claudy ·

Na aanleiding van al die onregverdige gerugte wat versprei word in Bela Bela en omgewing en die eensydige kant wat die media aan die gemeenskap stel wil ons net familie, vriende en die gemeenskap van die volgende feite vergewis… Dit lyk nie of die media enigsins in verbinding getree het met die betrokke ondersoek beampte nie… Daar was nooit enige rede om te glo dat daar gemene spel gepleeg is nie volgens die forensiese personeel nie…’Haar vriend’ was nooit geimpliseer in die saak nie… Dit beteken hy was op geen stadium aangehou of toegesluit deur die polisie nie!!!! Hy bevind hom reeds tuis en is ook nie onder “huis arres” soos daar deur sekere partye beweer word nie… Ons besef terdee dat dit n baie moeilike tyd vir haar familie en vriende moet wees en ons innige simpatie aan almal wat deel was van haar lewe maar asb mense kan ons ook die nodige respek en diskresie gebruik teenoor ‘haar vriend’ en sy familie aangesien hy ook n geliefde mens in sy lewe verloor het….

CabyTheron ·

Ek het ook ondervinding van hoe langdradig so ‘n episode is. In my geval was ek uitstedig toe my man gesterf het. Sy oppasser het 08h00 op hom afgekom en ek was 4 ure later eers ingelig. Daar is so baie verwarring en skok en dan moet die persoon eers dood verklaar word voordat die boodskap oorgedra kan word. Ek het begrip vir die ‘laat’ inligting.

Gerda Holmes ·

Is daar al enige verdere inligting oor Annel se dood. Ons famielie is verskriklik geskok en hartseer oor Annel weg is. Ekt nog nie My 6 jarige seuntjie vertel nie want hyt nog sondag voor haar dood vir haar voicenotes gestuur en hy was verskriklik lief vir haar ek weet nie hoe om hom te vertel nie. Maroela Media is daar enige nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.