Minstens een lugvaartkenner waarsku die erns van ʼn vliegtuig van die Burgerlugvaartowerheid (BLO) wat sélf neerstort, mag nie onderskat word nie.
Die Cessna Citation S550 S/II van die BLO het Donderdagoggend by die George-lughawe opgestyg en minute later van die radar af verdwyn. Die wrak met drie bemanningslede aan boord is ure later in die omgewing van die Robinson-pas tussen Mosselbaai en Oudtshoorn gevind. Dit is glo in naastenby dieselfde omgewing waar die ontslape Suid-Afrikaanse krieketkaptein Hansie Cronjé in 2002 ook in ʼn vliegongeluk omgekom het.
Kapt. Thabiso Collins Tolo (49), eerste offisier Tebogo Caroline Lekalakala (33) en vluginspekteur Gugu Comfort Mnguni (36) was besig met kalibrasiewerk vir die lughawe toe die vliegtuig neergestort het. Al drie is dood.
Die kalibrasiewerk behels die nagaan en kalibrering van toerusting by lughawens wat vlieëniers gebruik om veilig op te styg en te land.
Poppy Khoza, direkteur van burgerlugvaart, het Vrydag die versekering gegee dat die ondersoek na die voorval onpartydig en onafhanklik uitgevoer sal word, al word dit deur een van die BLO se eie afdelings gedoen.
“Ons is vol vertroue dat hulle onpartydig gaan optree en dat die onafhanklikheid van die ondersoek ten alle tye behoue sal bly,” het Khoza gesê.
Khoza het herhaaldelik gevra dat daar nie bespiegel moet word oor die oorsaak van die ongeluk nie. Ondanks dié vermaning was daar vandag talle vrae oor waarom die vlug onderneem is in gure weer, die instandhoudingsrekord van die vliegtuig, asook die bemanningslede en veral die kaptein se bevoegdheid.
Khoza het wél gesê die vliegtuig het, soos geskeduleer, roetine-instandhoudingswerk ondergaan. Sy wou nie uitbrei oor enige ander bespiegeling nie.
“Die drie kollegas was hoogs ervare en onder net ʼn handvol spesialisbemanningslede wat dié werk in Suid-Afrika en op die res van die vasteland gedoen het. Ons doen ʼn beroep op die publiek om die ondersoekers kans te gee om hul ondersoek af te handel.
“Ons wil álmal weet wat die voorval veroorsaak het,” het Khoza gesê.
ʼn Voorlopige verslag oor die ongeluk moet binne 30 dae uitgereik word. As die ondersoek nie binne ʼn jaar afgehandel is nie, word nóg ʼn tussentydse verslag ná 12 maande beskikbaar gestel.
Die BLO word volgens ʼn kenner later vanjaar deur die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie geoudit. Hy sê die voorval kan as ʼn klad op die BLO se goeie naam beskou word.
Suid-Afrika spog met ʼn uitstekende lugvaartrekord oor die afgelope 30 jaar, veral wat betref die kommersiële bedryf. “Hoewel ongelukke wel in die bedryf gebeur, wil ons Suid-Afrikaners verseker dat ons daarna streef om aan streng veiligheidsmaatreëls en prosedures te voldoen,” het Khoza gesê.
Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het intussen ook sy medelye betuig met die slagoffers, hulle naasbestaandes, familie en kollegas.
Die bemanning
Kapt. Thabiso Collins Tolo is ʼn ervare vlieënier met 4 959 vliegure. Hy was die eerste swart kaptein van die Vluginspeksie-eenheid, asook ʼn voormalige bestuurder in die BLO se Lugveiligheidbedryfsafdeling, ʼn voormalige vlieënier by die Suid-Afrikaanse Lugdiens, ʼn toetsbeampte by die BLO en aanvanklik ʼn vlieënier in die lugmag.
Eerste offisier Tebogo Lekalakala het 1 050 vliegure. Sy het opleiding in onder meer die VSA ondergaan, was ʼn medevlieënier en die eerste swart vrou wat verlede jaar vir die BLO se Vluginspeksie-eenheid begin vlieg het. Sy was vantevore ʼn lugmagvlieënier.
Vluginspekteur Gugu Comfort Mguni het 1 300 vliegure gehad. Hy het onder meer opleiding in Luxembourg en Frankryk ondergaan en het in 2013 die BLO se eerste swart inspekteur in die Vluginspeksie-eenheid geword. Hy was vantevore ʼn senior tegnikus by ʼn private maatskappy.
Nie naby waar Hansie se vliegtuig geval het nie, kry jul inligting korrek, Hansie se vliegtuig het in die Outeniquaberge geval, hierdie vliegtuig in berge rondom Robertsonpas, Glad nie naby mekaar nie.
Verkeerd, die Robertsonpas is oor die Oureniquaberge! , so ook die Outeniqua-pas en Montagu-pas.
Ek sien klaar waarheen hierdie onderwerp op SM hardloop.
As `n Oud ALEO het ek saam met menige Vlieeniers gevlieg, Wit en Swart.
Ek het saam met die eerste twee Swart Vroue Vlieeniers op die SAP Helikopters gevlieg en weet julle wat….
Absoluut uitstekend en opleiding presies dieselfde as enige ander Vlieenier.
In ons Vlieg Geskiedenis het menige van ons beste Vlieeniers al gesterf, tydens Brandbestryding, swak Weer ens. so hierdie is nie die eerste een nie en gaan ook nie die laaste een wees nie.
Ons praat nou nie hier van Taxi DRYWERS nie.
Pottie Potgieter eks so bly om te hoor ons het nog n siener!!!
LOL… Stellie :-)))
Pottie is heeltemal reg en hul track rekord getuig daarvan. Die BL ondersoekspan sal hul werk doen.
Pottie wat jy sê maak sin, ek glo hierdie 3 vlieëniers was goed opgelei, maar ongelukkig het iets iewers lelik skeef geloop.
My innige simpatie aan hul geliefdes.
O. So, waarom het Tolo bedank by die SAA, voor hulle hom kon afdank, omdat sy kompetensie-toetse nie geslaag is nie? Want hy’t geweet daar by die CAA, wag ‘n job vir hom.
Dis hoekom ek laaaaaankal nie meer SAA vlieg nie…….
gééén… verdere vrae, van my kant af
Ons sal nie bespiegel nie. Dit belowe ons
Innige meegevoel met hulle familie
Ek sal steeds graag wil weet wat verkeerd gegaan het. Was daar ooit ‘n Mayday uitgestuur ? Die vliegtuig het in daglig opgestyg en dit was nie in semi orkaan toestande nie.
Juis hulle wat moet veiligheid verseker …mos almal groot gabbas en kuir lekker saam oor naweke ….GEEN bevel en beheer nie …..NIKS !
As jou voertuig se wiel bars en jy is dood in die ongeluk…. wie gaan die skuld kry? Vra maar net.
Rus in vrede x
Die kommentaar klink soos ‘n gedeelte uit “Getroud met rugby”
Klomp stories wat oorvertel word op grond van self denke wat ontstaan het by vervelige lesers wat ‘n gebrek aan kennis het van die situasie.
Hierdie was ‘n ongeluk, mense is dood en kan nie vertel wat gebeur het, slegs ‘n ondersoek sal lig op die saak werp, hierdie ondersoek is nog nie afgehandel.
Ons is dalk verveeld maar beslis nie vervelig nie!!
P.S. Swak weer en bedenklike Diens Rekords, ek kan dink wat ek wil totdat die regering my inlig wat om te dink …
aaaag, kom nou WİELSPORE…so al asof jý, nou ook nog noooit, in jóú lewe, OOKAL gewonder het… of bespiegel het, oor iets “eienaardigs” nie!! Gladnie ň kwessie van vervelig nie, ons het álmal ñ demokratiese ‘reg’ op eie denke… todat die teendeel wit-op-swart BEWYS word, juis omdat dié ň groep bekwame vlieëniers, glo was…
Komentaar deur lesers laat my dink aan die kommunistiese party wat alle kommentaar probeer onderdruk. niemand mag n mening he of spekuleer nie. Ek wonder of BEE nie dalk n rol gespeel hetin die ongeluk
So week of wat moes een van die BLO vliegtuie ‘n noodlanding by Lanseria doen net nadat dit opgestuig het, is dit nie dalk dieselffde vliegtuig nie?
Dit was weer onbekwame mense wie gevlieg het.
As jy in n berg vasvleig is dit in vlieenier se fout en dit is wat gebeur het