Talle vrae ná driedubbele gesinsmoord

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Man is in hegtenis geneem nadat die liggame van sy ouers en broer met skietwonde in ’n huis in Bloemfontein in die Vrystaat aangetref is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het in ’n kort verklaring gesê die polisie is Dinsdag omstreeks 09:15 na ’n huis in Raymond Mhlabastraat in Navalsig ontbied waar drie liggame in die huis gevind is.

Volgens Makhele is die liggame van ’n pa (68), ’n ma (65) en hul 40-jarige seun in die slaapkamers van die huis elkeen met skietwonde aan die kop aangetref.

“’n Vuurwapen, wat vermoedelik tydens die skietery gebruik is, is bo-op die liggaam van die ma gevind.”

Volgens Makhele is ’n 42-jarige man, nog ’n seun van die egpaar, in hegtenis geneem in verband met die gesinslede se dood. Hy sal Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.