Talle vrae ná oud-Koevoet-lid spoorloos verdwyn

ʼn Oudlid van Koevoet wat die afgelope paar jaar in Irak in die veiligheidsbedryf werk, het spoorloos in Pretoria verdwyn.

Chris Barnard is in Desember die laaste keer in die Sinoville-omgewing gesien, het AO. Johan van Dyk, woordvoerder van die Sinoville-polisiestasie, gesê.

Sy familie het hom op 7 Desember as vermis aangemeld en ʼn uitgebreide soektog na hom is van stapel gestuur.

Volgens Van Dyk het die polisieondersoek speurders na Vanderbijlpark gelei, waar ʼn vrou en twee mans sedertdien in hegtenis geneem is. Barnard se rooi Jeep is by hulle gevind, asook sommige van sy persoonlike besittings.

Daar is sedert sy verdwyning reeds duisende rande uit Barnard se bankrekening onttrek.

Die drietal verdagtes het Vrydag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak en diefstal. Hulle verseg egter tot nou toe om enige woord te rep oor waar Barnard hom moontlik bevind en of hulle by sy verdwyning betrokke was. Hulle wou ook nie sê waar hulle aan sy voertuig kom nie.

Die saak teen die drie is uitgestel en hulle bly in aanhouding.

Van Dyk het gesê Barnard het die vroulike verdagte vermoedelik aanlyn ontmoet en het die groep so bevriend.

ʼn Jarelange vriend van Barnard het hom as ʼn lojale man met ʼn baie goeie hart beskryf.

Barnard werk reeds ʼn geruime tyd in die buiteland en was in Suid-Afrika tydens sy rustydperk. Hy is ʼn voormalige lid van die polisie se destydse spesiale teeninsurgensie-eenheid, oftewel Koevoet.

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor Barnard se verdwyning gedoen om die Sinoville-polisiestasie te kontak of die ondersoekbeampte te bel by 071 675 7373.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hannetjie ·

Waarom kan hul nie gedwing word te praat nie.Vir solank as wat skurke “regte” het..is die land verlore.

Bietjie baie ·

Deesdae se ” weier om iets te sê en weier om te bedank en weier om te betaal” is wat die bevolking geleer is om te doen tydens Apartheid. Ja nê, nou sit hulle met n warm patat.
Dit gaan nooit verander nie. Nie as die EFF of wie ookal regeer nie..
Afrika hou hulle hande die heeltyd bak….. Maar hulle help niemand nie.

Marous ·

Daar staan ‘n lang ry van sy oud kollegas wat baie graag net 5 minute met hulle alleen sal wil spandeer …

Kokketiel ·

Ja, daar is maniere as mense nie wil praat nie, die arme man is lankal vermoor, nou bly hulle stil om tyd te koop, hoop hy word gou gevind.

EvW ·

….ja daar kan gewerk word met sulkes wat nie wil praat nie!

A Mac ·

Dit sou dalk gehelp het as die polisie die identiteit van die mense wat sy goed gehad het bekend maak dan sal mense wat hulle ken dalk kan help. Maar nou weet ons sy goed is in Vanderbijlpark gekry maar nie wie die mense was wat die goed gehad het nie.

Lood Kurkprop ·

Vanderbijlpark is mos nou bekend as
” Boksburg-On-Vaal ” …..moving up in the World.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.