Talle vrae oor Lesufi se ondersoek by Afrikaanse laerskool

panyaza lesufi

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

Die beheerliggaam van Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord hou voet by stuk hulle het nog geen kennis ontvang van ʼn ondersoek wat Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, by die skool van stapel wil stuur nie.

Marthie Engelbrecht, beheerliggaamvoorsitter, het Maandagmiddag aan Maroela Media gesê die departement het die skool nog nie gekontak oor enige ondersoek nie. Boonop het die skool ook geen formele klagtes van ouers ontvang wat ontevrede is oor die hoeveelheid Engelse klasse wat by die skool beskikbaar is nie of kinders wat voel daar is teen hulle gediskrimineer omdat hulle nie toegelaat is om ʼn skooluitstappie mee te maak nie.

Dit blyk Lesufi het die laerskool in sy visier nadat hy verlede week ʼn klagte op sy Twitter-rekening ontvang het van iemand wat vermoedelik ʼn ouer van die skool kan wees. Die persoon het glo gekla oor die hoeveelheid Engelse klasse wat beskikbaar is by die skool en beweer daar is teen sekere kinders gediskrimineer oor ʼn skooluitstappie.

Lesufi het ook vroeër die maand in ʼn skerp bewoorde mediaverklaring gesê die land kan nie meer enkelmedium skole bekostig nie. Daar word wyd aanvaar dat hy na die sowat 1 200 skole wat Afrikaans as voertaal het verwys het, en nie na die 15 000 Engels-enkelmedium skole nie.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het kort daarna gesê Lesufi het na ʼn ou ondersoek in sy twiets oor die skool verwys. Lesufi het egter Vrydag in ʼn video-onderhoud met Netwerk24 bevestig dat adv. Alison Bengtson, adjunk-direkteur-generaal van kurrikulumbestuur by die departement, die klagtes sal ondersoek, maar die skool het nog geen korrespondensie hieroor ontvang nie.

Lesufi het beweer die departement het ʼn geskiedenis met die skool en het hom al tot die hof gewend om die skool te verplig om sy taalopsies uit te brei.

Uitlatings is onbillik

Engelbrecht en Melanie Buys, onderwysspesialis by die Skoleondersteuningsentrum (SOS), het albei gesê dit is onwaar.

“Lesufi se uitlatings oor die skool is baie onbillik. Afrikaanse kinders is al in die verlede by die skool weggewys om Engelse kinders in die skool te akkommodeer,” het Buys gesê. Sy sê dié skool se taalbeleid strook heeltemal met die beleid van die onderwysdepartement.

Volgens Buys was daar wel verlede jaar ʼn ondersoek by die skool gewees oor Afrikaanse sowel as Engelse ouers wie se kinders by die skool weggewys is omdat die skool vol was. Daar is egter beslis dit was die Gautengse onderwysdepartement se eie nuwe aanlynregistrasiestelsel wat foutiewelik getoon het die skool was reeds vol.

Sy het gesê daar is buitendien ook genoeg Engels-klasse by die buurlaerskole in Danie Malan se direkte omgewing om al die kinders te akkommodeer. “Orchards Primary is ʼn Engelse laerskool en daar word geskat dit is nog net 50% vol terwyl Theresapark en Rachel de Beer die meerderheid Engels-klasse het. Laerskool Voortrekker Eeufees se aanbod is 50% Afrikaans en 50% Engels en wissel van graad tot graad,” het sy gesê.

Engelbrecht het gesê Danie Malan het tans 1 331 leerders met ʼn Engels-klas vir elke graad terwyl daar tussen drie en vyf Afrikaans-klasse vir die ander grade is.

Geld beskikbaar vir parallel- en dubbelmediumonderrig

Lesufi het ook gesê sy departement het genoeg geld beskikbaar gemaak om enkelonderrigmedium skole te help om na parallel- en dubbelmediumonderrig om te skakel. Dit is vir hom kommerwekkend dat skole nie sy departement se hulp hiermee vra nie. Hy kan ook nie glo hierdie skole voel dit is te duur nie, aangesien skole in nedersettings reeds vir jare al daarin slaag. Volgens hom moet skole in die nuwe bedeling eintlik nie minder as drietalig wees nie.

Buys, wat reeds meer as nege jaar betrokke is in onderwys, het gesê sy het nog nooit gesien dat ʼn onderwysdepartement deurlopend sy posvoorsiening vergroot om spesifiek parallel- en dubbelmediumskole se las te verlig nie.

“Hoërskool Fochville is in 2013 hof toe gesleep en verplig om Engelssprekende kinders van die naburige nedersetting in te neem. Die onderwysdepartement het in die eerste jaar ekstra onderwysposte voorsien om die skool met die ekstra Engels-klasse te help, maar het die tweede jaar eenvoudig teruggeval na die vorige jare se posvoorsiening.

“Die departement het ook in die skool se geval net vir Engelssprekende kinders ekstra vervoertoelae gegee, terwyl kinders van dieselfde nedersetting wat vroeër reeds in Afrikaans by die skool onderrig ontvang het, nie dieselfde toelae mag bekom het nie. Dit is vir my ʼn skreiende diskriminasie teen swart Afrikaanssprekende leerders.”

Buys het gesê sy is nie seker oor die ekstra geld wat beskikbaar is om enkelmedium skole te omskep nie, veral omdat aanvanklik beplan is om die ratio van leerders tot onderwys by skole van 35 tot 1, na 38 tot 1 te vergroot. Die plan is laat vaar ná groot teenkanting uit onderwyskringe.

“Dubbel – en parallelmediumonderrig is verskriklik duur en moeilik om te laat werk. Kyk maar na die roete wat by die land se universiteite gevolg word, kort daarna skakel hulle maar net eenvoudig na onderrig in Engels oor.”

Buys het gesê Lesufi se idee van drie tale is in beginsel gesond, maar die onderwysdepartement bied min ondersteuning aan skole om dit te doen en die praktiese uitvoerbaarheid daarvan is ook moeilik. “Dit is baie moeilik om tyd in die reeds oorvol leerplan vir die aanbieding van nog ʼn taal te vind. Tog is daar skole wat dit doen want hulle glo dit is belangrik om leerders nog ʼn Afrika-taal te leer.”

Dit is egter nie duidelik of Lesufi meen daar moet minstens drie taalvakke by ʼn skool aangebied word, of dat drie tale as onderrigmedium gebruik moet word nie.

Buys het verder gesê Lesufi hoef nie bekommerd te wees Afrikaanse skole word onregverdig finansieel deur onderwysdepartemente bevoordeel nie.

“Hierdie skole word dikwels as kwintiel 5 skole beskou vanweë hulle ligging en kry dus die minste staatshulp. Hierdie skole het ook talle leerders wat nie hul skoolgelde kan bekostig nie en kwytgeskel moet word. Dit is dan die ander ouers wat hierdie leerders dra.

“Die skole kan ook nie die kwytgeskelde skoolgelde terugeis van die departement nie. Die proses neem te lank en sedert 2011 word daar net R13 miljoen vir dié doeleinde begroot terwyl die skole deesdae miljarde in skoolgeld afskryf.”

Die Gautengse departement van onderwys kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SIES LESUFI ·

HOU OP OM Afrikaanse skole te teiken en BOU skole vir die kinders waaroor jy so besorgd is, wat tien teen een ook nie skoolgelde gaan betaal nie. DAAR IS TE MIN SKOLE< nou fokus jy op rassisme en afrikaans en wit, julle het nou die budget in julle hande DOEN iets daarmee en hou op luukse karre koop. MAAR NEE solank daar 'n AFrikaner is om te slaan, gaan julle slaan .. wat van as ons almal weg is soos in ZIM? Dan slaan julle mekaar?

Eerlik ·

Hoekom skole vir hulle bou? Hulle wil kamstig dat hul kinders die BESTE opleiding ontvang……..maar hulle brand dan die skole af???????

snoefie ·

lesufi wat van die ander nege amptelike tale? hulle is almal enkel medium skole. skolebis mos veronderstel om area gebonde te wees. met ander woorde ou panaroti, minders van mamelodi moet in mamelidi skool loop en kinders in valhalla moet in valhalla skool loop.

Waarheid ·

Nee, dis omdat hulle wil kom bly waar goed mooi en skoon is, as ook dinge werk. Dan brand hulle alles af , strike en trek na die “beter” plek toe…. en so gaan die siklus aan. Werk eers aan nuwe skole en los die skole uit wat werk. 1200 teen 15 000 . Come on….. Rassisme dit is al wat dit is!

FM ·

Hoekom kan lesufi nie skole wat gesond is en wat werk uitlos nie? Mnr lesufi dis omdat jy anti blank en anti AFRIKAANS is. Jy wil die AFRIKAANSE skole aftrek na minderwaardige skole wat baie swak uitslae wys. Leer nou tog eenmaal in jou lewe dat soort soek soort n lewende werklikheid is. Hoekom teiken jy basies net Afrikaanse skole. Dit sal nie help jy gooi alle kinders in een pot nie. Dit gaan net konflik veroorsaak. Jy hou aan en aan met jou nonsens en breek basies net af. En wanneer als afgebreek is, sal jy verbaasterugstaan, maar dan het jy klaar als opgefoeter. Jy is jaloers op die AFRIKAANSE kind en jy wil hê hul skole moet na jou laergraad daal. Hou op om voor te gee: jy HAAT die blanke mens en ALLES wat afrikaans is. Sê dit tog reguit vir ons, want dis wat jou werklike mening is.Oppas dat jy nie te vêr gaan nie. Die mense sal n mugabe van jou maak. Jy HAAT ons, punt.

PJC ·

Hy het dit skynbaar sy lewenstaak gemaak om toe te sien dat daar geen enkele afrikaanse skool oorbly nie. Dit is duidelik dat hy ń groot haat vir die afrikaner en sy taal koester.

Boela ·

En vir die Afrikaner se talle suksesse in weerwil van die toenmalige Britse imperialistiese oorheersing en die huidige skreiend-diskriminerende ANC verwoesting.

Dissie ·

Ek praat onder korreksie, maar die skool waar my kinders is(Afrikaans medium) het nou al vir twee jaar geen geld vanaf die departement gekry nie… Net 3 of 4 salarisse van onderwysers. Maar hulle wil volle seggenskap hê oor die skool en sy finansies! Dit is blatante diskriminasie. Indien ek my kind na die naburige skool stuur wat net Afrika tale onderrig, gaan hulle dan my Afrikaanse kind ook akkommodeer en Afrikaans begin aanbied? Moeg vir eensydige diskriminasie teen die Afrikaner.

JC ·

Baie dankie, Dissie, moeg; maar moedig. Met Lesufi en andere se ongebreidelde diskriminasie en uitwaartse, maar besonders subtiele, vertoon van etniese haat, maak hulle dit BAIE maklik vir Afrikaners om weereens soos verlore seuns en dogters terug te keer na hul wortels en ware roeping toe.
So asb, hou aan hiermee, dit gaan beslis nie ons volkskarakter skaad nie, maar eerder aanvul.
Afrikaners betaal belasting, maar staatsbates en hulpbronne mag nou nie meer aangewend word vir die onderrig van hul liewe kindertjies in hul geliefde en skone moedertaal nie?
Watter tipe “demokrasie” is dit hierdie??
Nie dat die “staat” veel bydrae nie; en dan wil hulle aan ons as Afrikaner ouers kom voorskryf op welke wyse en in watter taal en in watter ideologiese grondslag ons kinders opgevoed moet word; sonder ons insae en reg om vir ons kinders as hul ouers te kies?
Ag nee wat, neem dan julle “STAATSSKOLE”; ons SAL EN KAN GOED klaarkom daarmee, en eerder ons voorheen- minder- gewilde; MAAR SEKERLIK NOU- IN- ‘N- BLOEIFASE, privaat CVO skole omarm. Sela !!

JC ·

Baie dankie, Dissie, moeg; maar moedig. Met Lesufi en andere se ongebreidelde diskriminasie en uitwaartse, maar besonders subtiele, vertoon van etniese haat, maak hulle dit BAIE maklik vir Afrikaners om weereens soos verlore seuns en dogters terug te keer na hul wortels en ware roeping toe.
So asb, hou aan hiermee, dit gaan beslis nie ons volkskarakter skaad nie, maar eerder aanvul.
Afrikaners betaal belasting, maar staatsbates en hulpbronne mag nou nie meer aangewend word vir die onderrig van hul liewe kindertjies in hul geliefde en skone moedertaal nie?
Watter tipe “demokrasie” is dit hierdie??
Nie dat die “staat” veel bydrae nie; en dan wil hulle aan ons as Afrikaner ouers kom voorskryf op welke wyse en in watter taal en in watter ideologiese grondslag ons kinders opgevoed moet word; sonder ons insae en reg om vir ons kinders as hul ouers te kies?
Ag nee wat, neem dan julle “STAATSSKOLE”; ons SAL EN KAN GOED klaarkom daarmee, en eerder ons voorheen- minder- gewilde; MAAR SEKERLIK NOU- IN- ‘N- BLOEIFASE, privaat CVO skole omarm. Sela !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.