Talle vrae oor Mabuza se gesondheid en oorsese reise

Adjunkpresident David Mabuza (Foto: Motshwari Mofokeng, ANA)

Die DA gaan ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) by die presidensie indien om ’n volledige uiteensetting te eis van die koste van adj.pres. David Mabuza se vorige en onlangse reise na Rusland.

“Noudat Mabuza terug en weer gesond is, moet hy en sy kantoor deursigtigheid verskaf oor die besonderhede van die reis,” het Solly Malatsi, DA-woordvoerder oor die presidensie, gesê.

Mabuza het vroeër die week weer in Suid-Afrika aangekom nadat hy in Rusland was vir mediese behandeling. Matshepo Seedat, Mabuza se woordvoerder, het einde Junie gesê die adjunkpresident het ’n “paar dae” se verlof by die president versoek om ’n geskeduleerde mediese konsultasie in Rusland op te volg. Seedat het gesê die besoek is ʼn opvolg op vorige mediese ondersoeke wat die adjunkpresident in Rusland ondergaan het.

Daar is sedert verlede jaar al meer vrae oor die adjunkpresident se gesondheid nadat hy weens gesondheidsredes sommige verpligtinge moes misloop. Daar is ook kommer oor of Mabuza sy amptelike pligte kan nakom.

Sondagkoerante het berig Mabuza ly aan ’n geheimsinnige bloedkwaal. Hy ontvang al van 2015 af mediese behandeling nadat hy glo vergiftig is toe hy nog premier van Mpumalanga was. Mabuza het van daar af al verskeie kere Rusland toe gevlieg vir behandeling.

Volgens Malatsi het Mabuza se kantoor aangedui dat die adjunkpresident self vir sy onlangste besoek aan Rusland betaal het. Die DA soek egter bewyse dat Mabuza inderdaad self hiervoor betaal het. “Alhoewel Mabuza geregtig is op privaatheid rakende sy mediese toestand, is die koste daaraan verbonde wel van kommer vir die publiek – veral as daar ’n moontlikheid is dat dit deur hulle gefinansier is.”

Malatsi het daarop gewys dat daar die afgelope paar jare “bitter min deursigtigheid” was oor Mabuza se besoeke aan Rusland. Hy het ook in 2015 en 2018 Rusland toe gereis vir mediese behandeling.

Die DA het ook vroeër ’n beroep op lt.genl. Zola Dabula, geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, gedoen om die publiek op hoogte te bring van wat Mabuza makeer.

“Die adjunkpresident se langdurige afwesigheid weens mediese redes is kommerwekkend,” het Malatsi gesê.

“Mabuza is ’n skaars figuur in die regering, en as hy tyd nodig het om van sy pligte af te sien, moet hy die tyd kry wat hy nodig het om te herstel en op sy gesondheid te fokus sonder die onderbrekings wat die eise van sy amp behels.

“Die adjunkpresident het die reg op privaatheid, maar sy langdurige afwesigheid van sy amptelike pligte kan nie geheim bly nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Persheks Adri ·

Wat maak Rusland so vreeslik spesiaal dat hy soontoe karring? Ons het mos dokters hier…

Strandloper ·

Jip vars uit Kuba… het die zumpie no2 nie ook n finger in die vrot paai gehad nie?

Phillip ·

Ons dokters gaan die waarheid praat oor die sogenaamde vergiftiging.

JohanR ·

Lees soos ‘n riller. ANC probeer ANC vergiftig. Cyril beter seker maak iemand proe sy koes, en dan soe halfuur wag om te sien of die ou om val. DIT is nou wat jy nom ‘n “fall(down) guy!”

SomeOne ·

die russe en kubaanse dokters is baie meer bekwame dokters wat suid afrika blykbaar nie het nie

Hester Wilhelmina ·

Nou watse behandeling kan hy nou dáár kry wat nie hier beskikbaar is nie???

Magda G ·

Sal ook wil weet. Ons belastingbetalers moet seker daarvoor betaal

Jan Seerot ·

Die Russiese verpleegstertjies is dalk nie almal gewigoptellers nie.

Joe Olivier ·

Hoekom kan hy nie ook maar na die plaaslike sangoma gaan vir behandeling nie. Hy is eintlik maar net ‘n salaris verterende parasiet wat nog niks vir die land beteken het nie.

Jacobus ·

Klomp twak. Kan bekostig om Rusland toe te vlieg vir behandeling. Ons eie mense sterf in portale van staatshospitale. So gepraat van demografië mr Namechange Mthetwa.

Mariana ·

As hy dan so vreelik sieklik is moet hy liewer bedank en dan permanent Rusland toe trek tot hy eendag gesond is. Ongelukkig het ons nie sulke “spesiale” dokters hier in SA nie.

Alex ·

Hoekom altyd Rusland toe vir mediese behandeling? Wat weet hulle van ons gesondheids dienste hier wat ons nie weet nie? Is dit al so sleg deur hulle beskadig? Ek dink hulle is besig met onderduimse dinge daai kant… my gevolg trekking

annie ·

Dalk opleiding ontvang as akteur wat tandepasta op SABC sal adverteer tussendeur Zuma se kwaaldanspassies.

KB ·

Indien Mabuza werklik sieklik is, dan mag hy maar “bedank”…en sy pos leeg bly, want het hy al ooit iets positiefs verrig?
Die ANC-bus in die land is nou al oorvol betaalde kaders!, maar
“The wheels of the bus turns round and round” (gewysigd – “The driver of the bus circles around and around”).

Ria ·

Die drs in SA is hoogs bekwaam. Watse drs het rusland wat ons nie het nie huh???? Hy te lui om sy werk te doen, dis al wat hy makeer

Ilze Kirchner ·

Nou hoekom so stoot vir ‘NHS’ as hy self nie vertroue het in SA se gesondheids afdeling nie… As jy veg vir iets moet jy self by dit kan staan dan nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.