Talle vuurwapens by ‘transitorowers’ gevind

Argieffoto

Vyf vermeende transitorowers sal Maandag in verskillende howe verskyn nadat hulle verlede week tydens ʼn uitgebreide wetstoepassingsoptrede vasgetrek is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, sê dié vyf beskuldigdes is deel van die groep van agt verdagtes wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met transitorooftogte in Katlehong, oos van Johannesburg, en Meyerton, noord van Vereeniging.

Die aanklagte teen drie van die verdagtes is egter sedertdien voorlopig teruggetrek.

Mulaudzi verduidelik die Valke se nasionale buro vir onwettige vuurwapenbeheer en prioriteitsgeweldsmisdaad, tesame met lede van die misdaadintelligensie-eenheid het verlede week ʼn operasie uitgevoer en vermeende transitorowers vasgetrek.

Die operasie het Donderdagoggend in Jabavu in Soweto begin waar Thandwangubazi Mvelase (35) en Nokulunga Ntombela (33) in hegtenis geneem is. Daar is tydens hul inhegtenisneming beslag gelê op twee AK47-aanvalsgewere, twee polisie-koeëlvastebaadjies, ʼn groot hoeveelheid ammunisie en kontant.

Die span is daarna na Orange Farm waar Sandile Mhlungu (29) in hegtenis geneem is. ʼn Haelgeweer, ʼn pistool, ʼn handgranaat en ammunisie is in sy besit gevind. “Die pistool word verbind met ʼn vuurwapendiefstalsaak in dieselfde gebied.”

Vandaar is die span na Duduza waar Lungisani Mdlolo (35) en Ntengazi Mdlolo (40) vasgetrek is. ʼn Rewolwer is in Lungisani se besit gevind, terwyl daar tydens Ntengazi se inhegtenisneming op ʼn AK47 en ʼn pistool beslag gelê is.

“Daar is vasgestel Lungisani Mdlolo het glo in 2014 uit die Palm Ridge-landdroshof ontsnap nadat hy skuldig bevind is aan moord, gewapende roof met verswarende omstandighede en verkragting,” sê Mulaudzi.

Die multidissiplinêre span is daarna na Vosloorus waar nog drie verdagtes in hegtenis geneem is. Tydens dié inhegtenisneming is daar op ʼn AK47 en ses magasyne met ammunisie beslag gelê. Die saak teen hierdie drie verdagtes is egter later teruggetrek hangende verdere ondersoek.

Die ander vyf verdagtes het Vrydag in onderskeidelik die Vereeniging-, Nigel-, en Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SêNet ·

Ek neem aan as die saak voorlopig teruggetrek is, is die “verdagtes”ook seker weer vrygelaat. Hoe laat jy hulle vry as jy al die onwettige wapens in hulle besit kry? Jammer, maar ek raak elke dag al hoe meer oortuig daarvan dat ons “polisie” kop in een mus is met hierdie misdadigers. Iemand hoog op trek die toutjies.

Blue Butterfly ·

En steeds wil die ANC regering wetsgehoorsame vuurwapen eienaars verplig om hulle wapens in te handig vir vernietiging terwyl kriminele met hierdie tipe wapens vrylik rondbeweeg en ‘n gevaar vir alle burgers van SA is.

NuweSA ·

So in ‘n tydperk van vier jaar het hierdie krimineel buite rondgeloop en weet nie hoeveel ander mense se lewens verwoes nie, terwyl die polisie geen poging aangewend het om hom vas te trek nadat hy ontsnap het nie…..????? Gaan kyk maar hoeveel van die ouens wat sulke ernstige oortredings het, het reeds ‘n kriminele rekord. Is dit omdat die tronke vol is die dat hulle nie meer die effort insit om hulle vas te trek nie? Wag hulle maar in spanning vir die ou om sy volgende slagoffers te teiken, om dit makliker te maak om hulle vas te trek omdat dit te veel werk is…..?

Johan ·

Kry n AK met ses magasyne in my besit en ek het n beter kans om die volgende Pous te word as wat die klagtes voorlopig teruggetrek word.

At Dippenaar ·

Hoe lank voor hulle weer wegkom uit die korrupte SAPS?

Danie ·

Volgende pos beskrywing vir die krimineel is seker konstabel.

Johan ·

@Lana,ek het gaan mooi dink en tot die besef gekom hyt 10-1 n lisensie vir sy AK?Ek weet die kanse is nul onder gewone omstandighede maar dis seker weer een van daai slegs in SA oomblikke.

Rita ·

Die vuurwapeneienaars met vuurwapenlisensies word met allerhande romp-slomp geteister en versoek om vuurwapens waarvan die lisensie verval het by SAPD in te handig. Net sodat dit aan transitorowers en ander kriminele gegee kan word om rustig met hul rampokkery voort te gaan. Ek wed my nuwe nike tekkies dat hierdie transito rooftogte n manier is om die ANC se verkiesingsveldtogte te finansier.

Spark Plug ·

Laat almal gaan…niemand gaan in die hof opeindig nie. Die ondersoek beampte en lede self is vriende en famielie en geld maak alles reg so hoekom tyd mors.

Danie ·

Volgende pos beskrywing vir die krimineel is seker konstabel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.