Altesame sewe vuurwapens en ʼn bakkie waarmee ʼn bende rowers gevlug het, is teruggevind kort nadat ʼn bende rowers Vrydagaand op ʼn gesin van Kariega in die Oos-Kaap toegeslaan het.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê twee mans het Vrydagaand omstreeks 21:00 die huis in Leischingstraat ingekom en ʼn vuurwapen op die huiseienaar gerig.
Die 42-jarige man is beveel om die kluis oop te sluit, waarna die rowers sewe vuurwapens – ʼn geweer, haelgeweer, pistool en vier windbukse – asook tien selfone en kontant gebuit het.
“Die klaer, sy vrou en hul drie kinders is vasgebind en die verdagtes het in sy Ford Ranger-bakkie gevlug,” sê Naidu.
Minute ná die rooftog het lede van die polisie se Kariega-honde-eenheid die bakkie verlate op ʼn straathoek gevind. Al die gesteelde vuurwapens is agter ʼn hut naby die verlate bakkie gevind.
Die Uitenhage-polisie is egter steeds op soek na die verdagtes.
“Hoewel een van die verdagtes se gesig bedek was, hy is groot gebou. Die ander verdagte is geïdentifiseer as dat hy ʼn goue tand en ʼn merk op sy wang het,” sê Naidu.
Die polisie het enigiemand met inligting oor die verdagtes gevra om konst. Shaun Mbonda by 078 943 7655 of konst. Frederick Bosman by 078 196 6590 te kontak.
Die waarnemende distrikskommissaris van die polisie, brig. Thandiswa Kupiso, het die eenheid vir hul vinnige optrede geloof.
“Die herwinning van die vuurwapens het verhoed dat dit in die hande van misdadigers beland wat dit in die uitvoering van ernstige en geweldsmisdaad kon gebruik. Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om saam met ons te werk en nie misdadigers te beskerm nie, maar aan te meld waar hulle hul bevind.
“Die misdadigers is gevaarlik en sal nie huiwer om enigiemand seer te maak nie. Hulle moet in hegtenis geneem en uit die samelewing verwyder word,” sê Kupiso.
Dankie Vader die is gesin is gespaar! Traumaties en bly vir ewig by ‘n mens…
Net nóg ‘n rede om ons eerlike burgers nie te ontwapen nie!!!
In hierdie geval het die wapeneienaar homself ontwapen. Ek was in 1999 wakker gemaak deur 3 rowers. Ek en my vrou, elk met ‘n wapen onder die kussing, kon niks doen. Ek moes selfs aan een rower wys hoe my 9 mm werk! Hy was nogal in sy skik. Die ander een met my vrou se 38sp, wou weet of ek nog ‘n 9mm het, want hy wil ook een he. Dit terwyl die derde een my vrou vra watter perfumes van haar ruik die lekkerste, want hy wil nie almal vat nie. Was eintlik snaaks. Daarna nog vir jare gedink wat as dinge erger gewees het!
Dankbaar julle lewe nog Francois kon regtig erger gewees het!!!
Dankie Heksie. Ja mense wat erge trauma weens roof beleef, MOET vir berading gaan. In ons geval waar niemand seer gekry het nie, het dit ons seker so 10-12 jaar geneem om nie meer daaraan terug te dink nie.
Net daar het ek die fout gemaak Francois was in 2 gewapende rooftogte in die bank en dis nie lekker om ‘n koue 9mm in jou gesig te kry nie en dat 1 uit die 3 jou nogals stamp nie… Nooit gegaan vir berading nie, maar nou ja ek cope al vir langer as 20 jaar
Dankie SAPD, vir die goeie werk hier.
Dis egter moeilik om die polisie deesdae te vertrou met ń nasionale kommissaris wat irrasioneel dink, absurde uitlatings maak en onverantwoordelike wette daar wil stel om omdat hy niks voel vir die veiligheid van sy landsburgers nie, soos om ons te ontwapen.
Pistool weer in kluis wanneer gaan ons mense begin leer.
Stem Warner dit help jou níks as hy in die kluis lê nie. Dis nie asof jy kan sê wag eers bietjie nie joh teen daai tyd is dit klaar te laat.
Nie altyd prakties nie, dit is die dilemma. Weet van ‘n man wat gras gesny het met ‘n handwapen aan sy sy. Twee het verby gestap, hom doodgeskiet, en sy wapen gevat.
Iemand wat altyd die af-duimpie gebruik, is moedswillig stroomop!!
Sê ek ook JM verdomp spiteful al is my kommentaar juis in die kol. Gaan nie eers dat dit my ontstel nie werklik
Gaan kyk bietjie by die wapenwet van vroeër vandag ook JM en by Kalifornië se AR-15 ook af duime vir niks of hulle verstaan nie die punt wat ek maak nie…
Vertel dit vir jou Minister
Ok…hoe het hulle die huis ingekom?
Iemand in die huis het inligting uitgelek aan die misdadigers. Hoe weet hulle daar is n kluis met vuurwapens?
Windbukse is nie vuurwapens nie!!
Dankie Heer dat die gesin ongedeerd is. Sterkte aan die familie.