Talle Zimbabwiërs op pad terug na tuisland

Foto: http://zimembassycanberra.org.au/

Foto: http://zimembassycanberra.org.au/

Meer as 1 000 Zimbabwiërs sal Suid-Afrika Sondag verlaat en terugkeer na hul tuisland te midde van xenofobiese aanvalle oor die hele land.

Isaac Moyo, Zimbabwe-ambassadeur vir Suid-Afrika, het aan die Chronicle, ʼn Zimbabwiese koerant, gesê dat die identifisering en verwerking van repatriasiedokumente reeds aan die gang is. Hy het gesê dokumente vir meer as 1 000 Zimbabwiërs in Durban is gereël.

Suid-Afrika se departement van binnelandse sake sal die Zimbabwiërs na Beitbrug vervoer, waar hulle aan amptenare van Zimbabwe se burgerlike beskermingseenheid en die Internasionale Organisasie vir Migrasie oorhandig sal word.

Die ambassadeur het gesê hulle sal ook verseker dat al die mense gedokumenteer is en kos en skuiling het. Volgens Moyo sal ambassadebeamptes Vrydag die getal Zimbabwiërs wat gesterf het, bevestig. Volgens bewerings is ʼn Zimbabwiese vrou en kleuter in die Durban-aanvalle doodgemaak.

Intussen het Zimbabwe se regerende party, Zanu-PF, die vlaag xenofobiese aanvalle veroordeel en as skokkend beskryf.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Die nonsens het begin pas nadat Mugabe hier was. Gaan daar iets agter die skerms aan waarvan ons nie bewus is nie .

CHRISTA ·

Is dit ‘n bewys dat diskriminasie van ons swart burgers afkomstig is? Kyk hoe het die Xhosas en Zoeloes mekaar bygekom in die laat 70’s en vroeë 80’s en hulle het vir eeue langs mekaar gewoon – albei stamme burgers van Suid-Afrika!!!

jakes ·

Christa, toe Jan hier aankom, toe veg hul al ondermekaar! Sy skepe ook so geplunder en gestroop van als wat verkoop kon word. Arme man moes hier bly maar, kon nie ter see gaan.

jakes ·

Noem my dom, maar hoekom NOU hul dokumente in orde kry? Was hul dan eintlik onwettig in die Nuwe SA? En gaan die aanvalle volgende oorgaan teen die Kubane en Chinese dalk?

Morne ·

Ek dog ‘n tuisland is Transkei, Bophuthatswana, Venda of Ciskei. Hulle is darem seker op pad na hul vader- of geboorteland?

Jakoos ·

Volgens so baie van die mense is diefstal en rooftogte en ander kriminele dade eintlik die Zimbabwiërs se skuld. Beteken die “uittog” nou dat die misdaad gaan daal? Dan het die xenofobiese aanvalle mos ‘n goeie effek gehad!

Grassie ·

Dit is maar net ‘n druppel in die emmer. Hulle sal ook net so ‘n rukkie honger ly in Zim dan sluip hulle weer terug.

Peet Schabort ·

Grassie, jy is reg. Vóór die volgende verkiesing is hulle terug om te stem en ons weet vir wie.

John ·

Dit is baie inerresant dat daar nie eintlik daadwerklik pogings aaangewend word om hierdie oorlog in die kleine te onderdruk nie. Die vraag kan gevrae word, waar is daar nou weer ñ geknoeiery wat die aandag van afgelei word?

Johan ·

Dit is ironies dat dieselfde Mugabe van Zanu pf vir die mense gese het om, dit wat aan hulle behoort, terug te vat. Nou dat dit gebeur veroordeel hulle dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.