Tamatieboer dood in bed aangetref

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn 52-jarige boer is op haar plaas, Zout van de Aarde, in die Albertinia-omgewing in die Wes-Kaap vermoor.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Sharon Bester het glo alleen op die plaas gewoon en met tamaties geboer.

“Haar liggaam is Saterdag al in haar bed aangetref deur ʼn werker wat haar honde versorg. Daar is aanvanklik vermoed dat sy ʼn beroerte gekry het, maar nadat die nadoodse ondersoekverslag Woensdag bekend gemaak is, het dit aan die lig gekom sy is verwurg,” het Pojie gesê.

ʼn Verdagte (20), wat ‘n werker op die plaas is, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy Saterdagaand laat opgemerk is waar hy met Bester se Land Rover rondgery het.

“Hy is aanvanklik in hegtenis geneem vir huisbraak en diefstal nadat daar ook ʼn skootrekenaar en tabletrekenaar by hom aangetref is. Na aanleiding van die nadoodse ondersoek is ʼn aanklag van moord aanhangig gemaak.”

Die verdagte sal vandag in die Albertinia-landdroshof verskyn.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê Bester is die 76ste persoon wat vanjaar op ʼn plaas vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

ertjie ·

Waarvoor wag jy? een of ander goddelike teken (asof nie reeds genoeg nie)? Ingryping van bo wat die appelkar omgooi? Dis tyd dat ons besef dat ons onsself moet help.

Johann Marx ·

As julle vir die NP stem en my vertrou met die mandaat wat ek vra, stem jy vir:
1. ‘n Veilige toekoms vir ons en ons kinders
2. Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede
3. Ordelike hervorming en redelikheid
4. Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming
5. Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking
6. Sterk en doelgerigte leierskap
7. ‘n Eendragtige en Weerbare Suid Afrika
8. Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit
9. Die handhawing van orderlike regering en standaarde
10. Veiligheid, Vryheid en Voorspoed deur geregtigheid

Lekker uitgevang, né?

Leahim ·

Wys jou nou net hoe naïef was die meerderheid van die stemgeregtiges om die klomp in beheer te hou amper soos die anc en sy volgers vandag.

Regtig? ·

Ek was te jonk om te stem, maar gaan julle wat kon stem heeltyd net kla oor FW de Klerk? Altyd ñ ou gekerm. Hoe lank nog? Verloorders kla heeltyd. Die ander doen wat nodig is. Ook die wat gebede opsê. Sodra jy jou huis beveilig het, almal in jou gesin geleer het hoe om hulself te beskerm en aan die buurtwag behoort, dan kan jy begin bid en dit in God se hande laat. God het ons hande en verstand gegee. Verder kan mens nie veel doen nie.

Leahim ·

Fw se nalatenskap oor sy eenvoudige asumptions en nou sit die land en die meerderheid bevolking met die gebakte pere en hy sit in die duurste mees beveiligste voorstad van Kaapstad en lag

Andy ·

Dis asof elke jan rap en sy maat nou dink hulle moet ‘n ‘bydrae’ maak tot plaasmoorde……sien seker ander word nie gevang en kom niks oor nie

Aggenee ·

Ek het swart aangehad Maandag, maar ek dink daardie dag het die moord net aangeblaas

Karma ·

@aggenee ….. ek dink ek stem saam met jou, ongelukkig ………….

Boerseun ·

Ek is trots as Boer. Maandag het dalk die hiena kwaad gemaak maak maar gewys dat my kinders n toekoms het. Beter as n langsame alleen marteling, veg jou duiwel op ope grond

Piet Pille ·

Johann Marx voeg ook nog by: EIE SKOLE, EIE KERKE.
Ja, die nar het ‘n klomp niks- siende “gullable” mense aan die neus gelei. Punt no. 6 van jou is die mees lag wekkends .Waar ek gewerk het, is “JA” vir werksekerhied aangevoer, toe net na 1994 word ek afgele na 35 jaar diens. Wys jou die geldmag se invloed.

Antjie ·

Korreksie: Sy is vermoor in haar bed aangetref, nie net eenvoudig dood nie!

Gatvol ·

My mening. Hierdie plaasmoorde is n fyn beplande en georganiseerde ding, gedoen en gereel deur mense met groot invloed onder die gepeupel. Hulle gebruik n klein groepie goed opgeleide terroriste vir die uitvoering. Verseker is dit teen die blankes gemik, en soms is werkers van kleur onelukkig op die verkeerdeplek, op die verkeerde tyd. Daar kan nie op een slag besluit word om alle blankes gelyk te vermoor nie, so hulle doen dit stelselmatig, en begin by boere wat die mees afgesonderd is, en dus makliker teikens maak. Hulle hoop dat blankes die wapen sal opneem, en dan het hulle mos vrypas om blankes af te maai voor die voet. Ek is oortuig daarvan dat dit diegene wat agter hierdie plaasmoorde sit se agenda is, en hulle oortuig is daarvan, dat indien die boervolk die wapen opneem, hulle met n verskoning baie vinnig alle blankes sal kan uitwis. Ek het nuus vir hulle, DIE HEL SAL DRAAI. Maar ja, dit is maar net my mening……….

BOLANDER ·

GATVOL, EK STEM SAAM MET JOU. DIT IS WAAR HULLE DIE POT GAAN MIS SIT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Theresa ·

Brand in die helse vuur, moordenaar! Nog so jonk en reeds siek van kop tot tone.

Genieve ·

Here help ons sommer net hier op die platteland ook n moord plaasgevind.

Johan ·

Johannes jy praat van FW. Moenie vir Roelf Meyer die “Hoof onderhandelaar” vergeet nie. Hy was by die onderhandel tafel meer bekommerd oor hulle NP’s se pensioene as die “wigte en teen gewigte”

Gilla ·

Wapen opneem is nie die antwoord nie. MAAR, Gigaba se geen belastingboikot is oppad nie? Dit is die enigste manier om beheer te kry. Hou belasting terug. Dis nou as almal genoet moed het om dit te doen en nie te bang is nie. Maar as almal dit doen, hulle gaan nie 3 of 4 miljoen mense gelyktydig dagvaar nie. Daar moet net niks geld in julle bank wees nie, anders trek SARS dit daar af. Sit die belastinggeld in ‘n trustrekening. Hulle steel die geld en ons hou net aan betaal. So, dis eintlik ons eie skuld. Hoekom heeltyd jou geld vir diewe gee? Geen mens sal dit doen nie en eintlik is dit presies wat ons doen deur ons belasting te betaal.

Ellouise ·

is dit net ek of lees ons nou daagliks van plaas moorde na die swart maandag issue? verbeel ek my of raak dinge nou erger?

Erick ·

Ek en my vrou is 2 jaar gelede amper aangerand in die hoofstraat van De Aar deur vier EEF lede wat van ‘n EEF byeenkoms gekom het en ek is nie klein nie. Hierdie mense word dronk gebreinspoel en ons moet voorbereid wees vir aanvalle.

Han ·

#Regtig? Ek stem 100% saam met jou. Is al net so moeg vir al die geteem oor De Klerk en al die ja-stemmers! Magtig mense, dit gaan niks aan die huidige omstandighede verander nie. Wat van ‘n positiewe reaksie?

Asjas ·

Ek wonder watse keuse het FW nou eintlik gehad. Hou asb op kerm en kla want hy het gedoen wat hy moes. Was nie net een mens se besluit. Ten minste het hy nie landuit gevlug soos ander mense en ons aan ons eie lot oorgelaat. Waar sit Sunette Bridges nou ?? Sy het die vuur aangesteek en sit nou lekker veilig in n ander land. Help die boere eerder sluit aan by buurt en plaaswagte al sit jul in die dorp!

jaen ·

Ek stem heeltemal saam met gatvol,hierdie uitmoor van blankes kan nie meer geduld word nie.Waar gaan dit alles eindig.Ek is n bruin man en stem glan nie ie saam met dit wat nou aangaan nie.Ek bly in n dorp en glo my,my kinders speel veilig buite.Ek weet regtig nie waar kom die haat en nyd vandaan nie.Ek het ook op n plaas in die wes kaap groot geraak.ek ken goeie boere en blanke mense.Hierdie uitmoor van die blanke volk moet onmiddelik gestop word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.