Tambo-stigting sal nog besluit oor Sparrow-geld

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Die Oliver & Adelaide Tambo-stigting wou Woensdag nie bevestig of hulle die R150 000 boete wat Penny Sparrow aan hulle moet oorbetaal, sou aanvaar nie. Sparrow, ʼn KwaZulu-Natalse eiendomsagent, is beveel om die boete te betaal nadat sy in ʼn Facebook-inskrywing swart mense met ape vergelyk het.

Die gelykheidshof het op 10 Junie gelas dat Sparrow se uitlatings op haatspraak neerkom. Landdros Irfaan Khalil het Sparrow beveel om binne 60 dae R150 000 aan die Oliver & Adelaide Tambo-stigting te betaal. Die stigting het ten doel om aandag te gee aan kwessies rakende sosio-ekonomiese opheffing, onderwys, vrouebemagtiging en die bevordering van kuns, kultuur en erfenisinisiatiewe. Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het die vonnis verwelkom.

Landdros Khalil het Sparrow ook opdrag gegee om die ANC, die party wat die aanklag teen haar aanhangig gemaak het, se regskostes te betaal.

Sparrow het egter nooit in die hof verskyn nie, maar haar dogter, Charmaine Cowrie, het namens haar ma verskyn. Cowrie het aan die hof gesê haar ma kon nie hof toe kom nie omdat sy siek is. Volgens Cowrie “weet Sparrow nie wat om te doen nie” en was sy nie in staat om regsverteenwoordiging te kry nie.

Nolwazi Kunene van die Oliver & Adelaide Tambo-stigting het gesê die stigting gaan nie nou oor die kwessie kommentaar lewer nie, omdat die raad nog moet vergader en oor die saak besin. Hulle sal glo ná afloop van die vergadering kommentaar lewer.

Kunene het nie gesê wanneer die vergadering sal plaasvind nie.

Lees alle vorige berigte oor Penny Sparrow op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lance ·

Gaap ….kan ons nou ASB vergeet van die vrou en net anbeweeg …daar sal tog altyd rasisme wees ..asof die ou boete dit nou gaan laat ophou ….haal eers die balk uit jou eie oog .. .mense het tog sulke groot tone . . Word volwasse man en beweeg voort

D ·

Ek vra net. Watter opheffing is deur hierdie stigting al bereik.

Moekie ·

Maar daai wat so op fb skryf van die witmense wat uitgeroei en doodgemaak word? Daai wat so met die t-shirts loop met slagspreuke op wat die witmens verdoem? Hoeveel boete gaan hulle betaal? In hierdie land loop rassisme mos net op een weg….

JvS ·

Moekie ek wonder ook daaroor. Daar was ook ‘n man wat gesê het dat hul blankes gaan uitmoor soos Hitler die mense uitgemoor het. Wat het daarvan geword?

Flibo ·

Moekie, nou praat jy darem waar woorde. As jy wit is kan jy nie se wat jy wil nie, jy gaan moeilikheid kry.

Hasie ·

Landros Khalil soek seker ‘n bevordering deur so ‘n mal vonnis te gee. Ja, wat se straf het die ou wat slagspreuke op sy t-hemp geskryf het gekry? Baie erger rassisme as wat Mev. Sparrow gedoen het.

Frederik ·

Penny moet net weier om die boete te betaal, dan kyk ons wat gebeur. Dit kan dalk net op ‘n mooi storie uitloop om in die buiteland te versprei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.