Tandarts in hof oor vermeende sambok-aanval

Argieffoto.

Argieffoto.

Jan van Tonder, ʼn tandarts van Kaapstad wat glo ʼn tuinier met ʼn sambok aangeval het, kan moontlik ook vir poging tot moord vervolg word, het The Star Vrydag berig.

Van Tonder (42), wat ook in die weermag dien, het Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, crimen injuria en dwarsboming van die gereg.

Die aanval het na bewering Sondagoggend in Rondebosch plaasgevind. Muhammed Makungwa (22), ʼn Malawiër, was laat vir werk en het daarheen gehardloop toe Van Tonder hom glo in sy BMW X5 probeer omry het.

“Ek het aanhou hardloop en die man het probeer om my met sy motor te stamp,” het Makungwa aan die Cape Argus gesê. “Ek het gestop en hy het uitgeklim en my met ʼn sambok aangeval. Hy het mal geraak en my nie ʼn kans gegee om myself te verduidelik nie.”

Die staatsaanklaer het gesê Van Tonder het die betrokke oggend wakker geword van ʼn geraas naby sy motor. Toe hy gaan ondersoek instel, het hy Makungwa sien hardloop en vermoed dat hy by sy motor probeer inbreek het.

Die saak is tot 21 November uitgestel nadat staatsaanklaer Nathan Johnson vir meer tyd gevra het om die Makungwa te raadpleeg om ook ʼn aanklag van poging tot moord by te voeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

boer ·

miskien het hy by die motor probeer inbreek, en noudat die wetter gevang word,
nou is hy mos die onskudigheid vanself

Riaan Slabbert ·

Ek glo vas so Boer. As mens laat is vir werk, sal jy dalk draf…..maar beslis nie HARDloop nie.

Paul ·

So mens kan sommer iemand net slaan omdat hy hardloop en jy dink hy het “dalk” iets verkeerd gedoen?

Sommer net so? Sjoe.

Louis ·

Eerste keer wat ek hoor dit pla hulle as hulle laat is vir werk !! Wat `n k#k verskoning !!

Lynni ·

Hulle gaan seker ook nie in die hof vra waar hy werk nie. Aanvaar sy woord vir sensasie. En dan gaan hy seker nog ‘n klomp geld ook eis van die tandarts. Ek hoor vanoggend op die radio dat die staatsaanklaer die aanklag na poging van moord vir verander.

boer ·

En as hulle ons arme ou mense op die plase amper dood slaan en vermink,
en steel n foon of iets dan is dit mos net n diefstal saak.

Hierdie land is in sy M@ER in, en steeds is daar mense wat vas aan die slaap is,
soos Paul

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.