Tandarts verkrag glo 15-jarige seun

court-hammer_thumb‘n Tandarts van George in die Wes-Kaap sal in Augustus gevonnis word op aanklag dat hy ‘n 15-jarige seun verkrag het, berig die Saturday Star.

Volgens die berig het die verhoor Vrydag in die Thembalethu-landdroshof tot ‘n einde gekom en is die saak tot 12 Augustus uitgestel vir uitspraak. Die 42-jarige tandarts het die seun glo op 27 Desember 2011 verkrag toe die seun by sy huurhuis in Victoriabaai oorgeslaap het.

Die tandarts het glo gesprekke van ‘n seksuele aard met die seun gehad en vir hom alkohol gegee. Hy het glo later die aand die seun se kamer binnegegaan met ‘n smeermiddel en pornografiese DVD’s. Die tandarts het glo seksuele dade waaronder penetrasie op die seun uitgevoer.

Die tandarts is in hegtenis geneem en is op borgtog van ‘n R1 000 vrygelaat. Hy staan tereg op nege aanklagte waaronder verkragting en seksuele aanranding.

Brandon Smith, die staatsaanklaer, sê sekere aspekte van wat die aand gebeur het is nie betwis nie. Bewerings dat die tandarts vir die seun drank gegee het, dat daar instemming was en dat daar penetrasie plaasgevind het, is wel betwis.

Die tandarts het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico ·

Oudengenjankentuker het met sy hurtensizor ‘n wortelkanaal ingreep gedoen. Baie gevaarlike prosedure , absesse ens.

EMK ·

Disgusting. Arme kind… Ek hoop wragtig die straf pas by die oortreding!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.