ʼn Spaanse tandarts, wat daarvan beskuldig word dat hy sy tweelingkinders vermoor het terwyl hy met vakansie in Kaapstad was, sal Donderdag weer in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Mario-César Deus Yela (49) staan tereg op twee aanklagte van moord.
Maroela Media het vroeër berig Yela se voormalige vrou, Julia Engelhorn, het op 6 April hul driejarige kinders, Maximo en Octavia, se liggame in Yela se woonstel in Houtbaai aangetref. Volgens berigte het Yela vir Engelhorn vir middagete genooi en na bewering aan haar gesê hy het die tweeling vermoor.
Nadat sy haar kinders se liggame gevind het, het sy gevlug om hulp te ontbied.
Yela het daarna met Engelhorn se motor gevlug. Polisiebeamptes het hom later opgespoor en in Wynberg in hegtenis geneem.
So mens verdien nie om te leef, dit is super siek, daar is baie ander maniere om probleme op te los, om jou eie klein kindertjies te vermoor is super siek. Ek hoop werklik nie hy kry iemand om hom te verdedig nie. Sulke tye moet doodstraf terug wees, dit is totaal onaanvaarbaar om dit net te dink dat so iets gebeur, die uitvoer daarvan is beslis wreed, onherstelbaar. Hy sal nooit gerehabiliteer kan word nie.
SIEK SIEK EN NOGMAALS SIEK. NIKS KAN DIT REGVERDIG NIE…. DIS WREED..